Sekerheidswag in Durban doodgeskiet

’n Sekerheidswag is Dinsdag doodgeskiet toe vier gewapende mans ʼn sakeonderneming in Mayville in Durban beroof het. (Foto: Emer-G-Med)

’n Sekerheidswag is Dinsdag doodgeskiet toe vier gewapende mans ʼn sakeonderneming in Mayville in Durban beroof het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die wag is in die kop geskiet en op die toneel dood verklaar. Hy was vermoedelik 35 jaar oud.

Paramedici van Emer-G-Med het bevestig dat ʼn tweede wag met skietwonde na ʼn hospitaal gehaas is, terwyl ʼn werknemer in die hand gewond is.

Volgens Mbele het die verdagtes werknemers gyselaar gehou en die twee wagte van hul haelgewere beroof.

“Die verdagtes het in hul wegkommotor van die toneel gevlug en niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.