Sekerheidswag in PE doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

’n Sekerheidswag (45) is Saterdagoggend by ’n elektrisiteitsdepot in Swartkops in Gqeberha (Port Elizabeth) doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer en sy kollega is omstreeks 00:50 deur sowat 10 verdagtes oorval.

“Die verdagtes het gepoog om die sekerheidswagte in die wagtekamer toe te sluit. Die wagte het egter daarin geslaag om die deur oop te maak.

“Die slagoffer het uitgehardloop terwyl die tweede wag in die wagtekamer aangehou is.”

Volgens Naidu het die tweede wag ontsnap ná twee skote buite die wagtekamer afgevuur is.

“Die wag het sowat 10 verdagtes van die perseel sien vlug en sy kollega op die grond met ’n skietwond aan die kop aangetref.”

Niks is tydens die voorval gesteel nie en geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

En so word lewe net geneem. Ek twyfel of hulle daai lafaards gaan opspoor. Baie keer kom sulke skurke weg en gaan net verder met hul misdaad speletjies.

George

Praktiese terrorisme opleing. Hierdie een bietjie gevaal.