Sekerheidswagte by treindepot geskiet

(Argieffoto: pixabay)

Drie sekerheidswagte is ernstig gewond toe hulle Woensdagaand by ’n treindepot in Krugersdorp aan die Wesrand geskiet is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici is na die toneel ontbied waar hulle ’n gewonde sekerheidswag in ’n kantoor by die depot en twee ander op die terrein aangetref het.

“Paramedici het die mans ondersoek en gevind dat al drie skietwonde opgedoen het en in ’n kritieke toestand was.”

Volgens Meiring is die gewonde mans op die toneel behandel voordat een per lugambulans na ’n nabygeleë hospitaal gevlieg is. Die ander twee pasiënte is per ambulans na ’n hospitaal gehaas.

Die omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.

Die plaaslike owerhede was gisteraand op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Minister Ceke wou mos Sekuriteirswagte ook.ontwapen het. Hoe nou hulle is deesdae net so teiken as die Polisie maar die Minister is stil

Althes ·

SA’ners raak al hoe meer boos. Het geen respek vir lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.