Twee sekerheidswagte is Saterdagaand ernstig gewond toe twee gewapende rowers hulle oorval en beroof het terwyl hulle op patrollie in Kliptown in Soweto was.
Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die twee wagte het te voet die strate gepatrolleer toe twee verdagte mans hulle Saterdag omstreeks 19:20 op ʼn voetgangerbrug in Kliptown oorval het. Die mans het op die wagte begin skiet en albei gewond.
Die verdagtes is met die wagte se selfone vort.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici is net na die voorval, omstreeks 19:58, na die toneel ontbied. Hulle het die 46-jarige sekerheidswag en die ander wag, wat vermoedelik in sy 30’s is, begin behandel.
Campbell sê die 46-jarige wag het verskeie skietwonde opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Die ander wag het ʼn enkele skietwond opgedoen en was ook ernstig beseer.
Albei wagte is per ambulans na ʼn private hospitaal in die omgewing geneem vir verdere mediese behandeling.
Makhubela sê ʼn saak van poging tot moord en diefstal is aanhangig gemaak.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Where is the mad hatter now? Hope those security guards recover soon.
Die wagte was seker op verkeerde plek want skelms het mos nou voorkeur om vrylik te beweek. Dankie Cele