Sekondêre Amcu-staking deur arbeidshof opgeskort

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die mynmaatskappy Lonmin het Donderdag gesê die arbeidshof het ʼn beplande sekondêre staking deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) opgeskort hangende ʼn uitspraak oor die maatskappy se aansoek om ʼn interdik te bekom.

Lonmin het ʼn week gelede bevestig hy het ʼn geskrewe kennisgewing van ʼn staking van Amcu in die platinum- en steenkoolsektor ontvang om sy lede te ondersteun wat tans in die goudsektor by Sibanye-Stillwater staak. Amcu-lede by Sibanye-Stillwater staak reeds sedert November 2018.

Lonmin het Donderdag gesê hy wou ʼn interdik van die arbeidshof bekom om die sekondêre staking te verhoed.

“Die hof het gister beveel dat die sekondêre staking by Lonmin se bedrywighede opgeskort is hangende uitspraak oor die interdik en bedrywighede hervat soos normaal,” het Lonmin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ben Potgieter ·

Enige werker wat al van laasjaar November staak kry hopeloos te veel geld.Sny salarisse en werf mense wat wil werk.Unies maak die ekonomie dood,regering is te bang om hulle aan te tree.

Swartwolf ·

Jaag weg. Sluit die myne. Laat hulle teruggaan plattelande toe. Dan het grootmond Mathunjwa ook nie meer ‘n unie of dissipels nie.

Geskok ·

@ Swartwolf. Dis nie realisties om so stelling te maak nie. Wat word dan van die duisende wittes wat ook op die myne werk? Ons lewens is ook in gedrang! Jy het duidelik GEEN idee wat op die myne aangaan en waardeur mense dagliks gaan nie.

Michael ·

Geskok; ek moet met jou saam stem ons weet nie wat op die myne aan gaan nie Al wat ek kan se is. dit moet n nagmerrie wees om daar te werk. voel net jammer vir die mense daar wat net wil werk en n bestaan wil maak soos beskaafde mense.maar dit verstaan die unies glad nie.

Michael ·

Geskok; ek moet met jou saam stem ons weet nie wat op die myne aan gaan nie Al wat ek kan se is. dit moet n nagmerrie wees om daar te werk. voel net jammer vir die mense daar wat net wil werk en n bestaan wil maak soos beskaafde mense.maar dit verstaan die unies glad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.