Die sekretaris van die parlement, Michael Coetzee, is na ‘n lang kankerstryd oorlede, het die ANC Saterdag aangekondig.
“Hoewel ons al ‘n geruime tyd geweet het van sy swak gesondheid, het sy sterk veggees in die aangesig van hierdie terminale siekte ons hoop gegee dat hy sou sterker word,” het Stone Sizane, ANC-hoofsweep, in ‘n verklaring gesê.
“Hy het voortgegaan om te dien, selfs as het hy gesukkel met die siekte. Hy het ‘n belangrike rol gespeel in die oorgangsproses van die vierde tot die vyfde parlement en om die nodige administratiewe meganismes en instrumente vir die funksionering van die nuwe termyn van die parlement in plek te stel.”
Coetzee is Vrydagaandaand oorlede. Hy het in 2002 as adjunksekretaris by die parlement aangesluit nadat hy vir jare sekretaris van die wetgewer in Gauteng was. Hy is in 2012 as sekretaris van die parlement aangewys.