‘Seksdade’ met seuns: Pleegouer getuig

Die beskuldigde en sy vrou wag buite die hof vir die verrigtinge om te begin (11 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die verhoor teen ʼn pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy twee van sy vier minderjarige kinders na bewering oor ʼn tydperk verskeie kere verkrag, seksueel aangerand en glo pornografiese video’s van dié voorvalle gemaak het, het Maandagoggend in die Modimolle-streekshof begin.

Die beskuldigde se naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm. Die saak is aanvanklik vertraag nadat die beskuldigde se regsverteenwoordiger tyd versoek het om eers met sy kliënt oorleg te pleeg.

Toe die hofverrigtinge hervat is, het die staatsaanklaer, adv. Liezl del Frate, ʼn aansoek ingedien dat die verrigtinge in camera aangehoor word om die identiteit van die slagoffers te beskerm. Die verdediging het nie die aansoek teengestaan nie. Landdros Peter Manthata het daarna die versoek toegestaan en lede van die publiek en die media is gevra om die hof te verlaat.

Een van die slagoffers se pleegpa sal na verwagting vanoggend getuig.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde seksuele aanrandings het aan die lig gekom toe een van die man se seuns in pleegsorg geplaas is en in 2015, toe hy ses jaar oud was, vir sy pleegma daarvan vertel het.

Die presiese datums en tydperk waarin die beweerde oortredings plaasgevind het, is nie bekend nie. Volgens ʼn bron na aan die saak het die egpaar in hierdie tyd rondgetrek tussen die Modimolle- en Bela-Bela-omgewing en dit is waar die oortredings plaasgevind het.

Die staat voer aan dat die pa die seun, nou nege jaar oud, en sy broer, nou tien jaar oud, gedwing het om seksdade met hom en mekaar uit te voer. Daar was glo soms ook ʼn tweede onbekende volwasse man betrokke. Die staat voer ook aan dat die beskuldigde van ʼn tweede onbekende man geld ontvang het in ruil vir seksdade met een van die seuns. Die pa word ook daarvan beskuldig dat hy video’s gemaak het tydens die beweerde seksuele aanrandings.

Die staat beweer ook die pa het die kinders opdrag gegee om voor ʼn ander onbekende volwasse man uit te trek en dat hy een van die seuns glo met die vuis geslaan het.

Die pa staan tereg op 14 aanklagte wat twee aanklagte van verkragting, asook seksuele aanranding, sameswering tot ʼn seksuele oortreding, seksuele uitbuiting van ʼn kind, kinderverwaarlosing en aanranding insluit.

Die beskuldigde se vrou, wat ook die ma van die slagoffers is, was Maandagoggend saam met die beskuldigde by die hof om hom te ondersteun. Daar is tot dusver nog geen aanklagte teen haar aanhangig gemaak nie. Dit is nie duidelik of die vrou van die beweerde seksuele oortredings bewus was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johanna Botha ·

Dan sit hy ook seker sondag heel ordentlik en vroom nogal voor in die kerk en maak verder grappies om die braaivleis vuurtjie as hulle praat van die buurman se seun wat hare sny ….die mnr is n groot skande vir die mensdom !

kas ·

Die pa het dit aan sy kinders gedoen en die ma ondersteun hom by die hof.So sy draai haar rug op haar kinders.Glo sy hy is onskuldig of is hy onskuldig.Ek glo dy het nie meer toesig oor die kinders nie.Het sy regtig niks geweet nie.

SNEL ·

En die ma van die kinders ondersteun hom. Wie ondersteun die kinders. Dis siek.

kas ·

Uit die mond van die suigeling hoor jy altyd die waarheid.Waar was die ma of was sy bang vir die pa of het sy ook geld gekry en stil gebly.Het die kinders haar nooit betrek by die saak nie of met haar gepraat oor dit wat met hulle gebeur nie.Dit is vir my ondenkbaar om te glo die ma het niks geweet nie byna onmoontlik.Of is die kinders gedreig om haar nie te betrek nie.

Caster ·

In meerdeheid van sulke gevalle weet die ma presies wat aangaan. As sy ook geweet het, moet sy ook aangekla word van hierdie siek goed.

Twyfel ·

In meeste gevalle. Maar ek weet van n geval waar n kind juis gelieg het oor so n soortgelyke geval. Dit het amper die man sy werk laat verloor en hom sy huwelik gekos.

Kinders kan nie hulself verdedig nie ·

Net voor my tweede kind se gebore is, was daar aantuigings gemaak dat my man met my dogter “lol”. Ek het sonder twyfel vir hom gesê, “jy is ‘n groot mens, jy kan jouself verdedig, my dogter is klein, en ek sal haar by staan in hierdie proses”. Op die ou end van die dag was die aantuigings onwaar, en dit het my huwelik gekos, maar ek sal elke dag, oor en oor, my kinders verdedig, al kos dit my huwelik. As kind was ek op 6 verkrag, ek sal vir my kind baklei tot die bitter einde… Hierdie ma kan ek nie oordeel nie, maar ek self sal nie doen wat hierdie moeder doen nie…

Ek hoop daardie kinders kry die regte berading, en ‘n huis met liefdevolle ouers…

Skoon naar ·

Ek is skoon naar vir die 2. ‘n kind sal nie so iets uit sy duim suig nie. Ek hoop die Ma wat nooit 1 was nie, anders sou hul nie in pleegsorg gewees het nie, word ook betrek en dat die 2 maar soos alle kinder mishandelaars in die tronk sal deurbring.

Twyfel Sterk ·

Ek dink jy is heeltemal onder n wan indruk. Kinders kan baie gou stories opmaak en dit geloofwaardig laat klink. Hoop maar net in die geval is dit wel die waarheid.

ek sê maar ·

Ek wonder net wat het hy nie als aangevang sedert 2015 tot nou nie. Hierdie tipe mag nooit vry in die samelewing rondloop nie. Ek wens daar kan foto’s van al hierdie mense op ‘n openbare webwerf verskyn sodat mens te alle tye kan kyk wie is daarop en sorg dat mens kinders teen sulke goed kan beskerm. Maak my so siek voel. arme kinders – gelukkig was daar die pleegma DAAR vir die kind dat hy haar in sy vertroue kon neem.

Ver links ·

It is heartbroken and to abuse such young children and affect their whole life and the damage of trust.
Surely the Mom knew what happened, but if not then why did’nt these children not trusted Mom to share their pain and ordeal with.
This type of crimes is not new and will be find amongst all sorts of people, religions, color. This type of child abuse is sick and no wonder some of these childrenat a later stage become rebellious or commit suicide because they feel they are failures. Mostly at times family or near family are involve. Prayers for these 02 children and hope they will overcome this abusement with professional help.

Lynn ·

Hoop hy kry lewens lank tronkstraf. Daai kinders se lewe sal nooit ooit weer dieselfde wees. En dit geld vir die vrou ook.

Driekie ·

Sulke dade deur n ouer en onbewustheid daarvan by die ander ouer dui op abnormaliteit…. Ek sou raai dat daar n paar skroewe erens los is… Maatskaplike dienste… Gemeenskappe en families moet daarop ingestel wees om kinders van sulke tipe ouers betyds in pleegsorg te plaas!

Sarel ·

Daar is wel ‘n rokie. Die kinders was in pleegsorg geplaas en dit gebeur nie sommer nie.

Bosmeisie ·

@ Twyfel Sterk, die artikel verwys dat die een seun in 2015 toe hy slegs 6 jaar oud was in pleegsorg geplaas is, clue one, ‘n kind van 6 jaar beskik nie oor die psigologiese en mentale kapisiteit om so iets op te maak nie, tensy hulle in ‘n ander vorm daaraan blootgestel is, clue two, wat in elkgeval ook geklasifiseer word sa ‘n tipe kinder mishandeling. Soos per die feite bo gestaaf is ek oortuig die pa is skuldig, en die ma het geweet wat gebeur maar verkies om dit te ignoreer.

Penelope ·

Ek voel vreeslik jammer vir die betrokke kindertjies. Waar ‘n rokie trek moet ‘n vuurtjie brand. Mevrou ek wonder net hoe ondersteun jy die beskuldigde in plaas van jou kinders? Hy is groot en oud genoeg om homself te verdedig. Dit klink baie verdag dat jy nie geweet het van die dinge wat gebeur het nie. Die storie dat die ma maar altyd stilbly terwille van haar veiligheid is oud….Jy het sekerlik genoeg tyd gehad om ondersoek in te stel en hulp te gaan soek. Ek hoop van harte dat jy die regte ding sal doen. Skaam julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.