Seksklag: Fransman moet verduidelik

Marius Fransman

Marius Fransman

Die ANC vergader Dinsdag oor die klag van seksuele teistering wat teen die party se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, aanhangig gemaak is.

Die klag teen Fransman is deur sy 20-jarige assistent ingedien wat saam met hom na die ANC se 104de verjaarsdagviering in Rustenburg in Noordwes gereis het. Sy het die klag by die Rustenburg-polisiestasie aanhangig gemaak nadat Fransman na bewering onwelvoeglik aan haar gevat het.

Fransman het Vrydag nadat die klag aan die lig gekom het, gesê hy is nie verbaas oor dié soort aanvalle op sy integriteit nie aangesien hy ʼn gesiene politikus is. “Tog is dit laag van mense om tot sulke uiterstes oor te gaan,” het hy gesê.

Volgens Fransman sal hy enigiets doen om sy naam in ere te herstel. “Ek wil hê die polisie moet geen steen onaangeroer laat om agter die kap van die byl te kom wat die aantygings betref nie.”

Fransman sal Dinsdag se vergadering bywoon om sy weergawe van die gebeure aan die partystruktuur te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kobus ·

Dink die ou nie reguit nie. Iemand met ‘n gemiddelde IK sal mos nie sommer glo hy is so beskuldig as wat hy voorgee nie. Hier is ‘n 20 jarige vrou wat op haar ouderdom ‘n pos los slaan wat duisende ander sou aangryp. Hierdie pos as PA val ook in die “Mega Bucks” katorogie. Omdat haar waardes hoër as die pos en geld is, bedank sy onmiddelik na die beweerde aantuigings. Mnr Fransman, geld kan nie veroorsaak dat ‘n dame die “comfort zone” sal oorsteek en haar waardes laat val nie. Ek is ook seker dat sy aan jou vrou en kinders by die huis gedink het, het jy?

humor ·

Fransman het jy jou darem lekker dik geeet op die spesiale fees? Ek dink die kossie was maar soms redelik smaakloos.

Bruno Stef ·

Dit gaan op n nul uitloop MAW sy se en ek se .Raai maar wie se woord gaan die meeste gewig dra en wie is n gehoorsame kader nie n bedreiging vir No 1 soos Vavi was nie.Eintlik maar alles belaglik wie stel belang in die eerlike feite in n wereld waarin ons vandag leef.

neelsie ·

Misbruik van mag!!
Net soos Anc is, misbruik almal tot hul eie voordeel.
As hierdie seksbehebte skuldig bevind word , eet ek my hoed op….

Realis ·

Ag nee Maroela. Kan julle nie eerder berigte plaas wat nuuswaardig is nie. Niemand stel belang in die anc kaders se gekafoefel nie.

GES ·

Realis – Ek stem in ‘n sekere mate met jou saam maar kyk na die grootter prentjie. Hierdie insident kan hom maak of breek. Dit is dus tog belangrik om hiervan kennis te neem. Kyk wat het met Vavi gebeur. Hy het ook gedink dat hy onaantasbaar is, maar toe nie. Verdra maar asb hierdie berigte. Dit help om die legkaart te bou.

StopTheMadness ·

Dis rassisme man, ek se jou….rassisme!! Mnr Fransman sal die haas die een of ander tyd uit die hoed pluk! StopTheMadness

EMK ·

Hierdie is tydmors – wie gaan nou nie vir Fransman glo nie? Als sal weer onder die mat gevee word…

Berhalet Beukes ·

Fransman, ou Zumie glo ook sy eie leuens, maar let wel ook net hy!);-)

David ·

Indien die Polisie agter die ware kap van die byl kom, word daar dalk iets van Marius Fransman geamputeer!

Trots Afrikaans ·

Ja-nee. Fransie is onskuldig. Dit het alles by Jan van Ribeeck begin. Totale rasisme.

Die volgende regstellende aksies sal deur die ANC voorgestel word:
Neem ‘n stort
Shoot a Farmer
Verander twee straat- en drie dorpname
Sit die krag af
Strort riool in ses damme
Verf ‘n standbeeld
Brand ‘n universiteit af
Koop in frigat en ‘n vegvliegtuig
Bou ‘n huis met ‘n brandweer swembad
Giggel twee keer in die parlement

Realis ·

GES, dankie maar ek wil nou nie jou “bubble” bars nie. Jou legkaart analogie is treffend maar hou in gedagte dat die stukke ‘n geneigdheid het om in die niet te verdwyn, met die gevolg dat ons nooit die hele prentjie sien nie.
Vavi is lankal ‘n “has been” en verleentheid vir sommige groot kanonne. Sy vertrek is ‘n groot gerief en sal nie trane lok nie.
Swart smeerdery van politici hoort in die amerikaanse media. Ons kan doen met nie sensasionele en relevante nuus.

Frederik ·

As daar nie ‘n aparte kamer by die hotel in Kimberly bespreek was vir die dame nie, het Fransman nie ‘n kans nie. Dit sal sy voorafopgestelde plan blootlê.

alida ·

Maroela wie stel belang in hierdie gemors? Berig eerder oor die reenvalsyfers veral in die Vrystaat en hoe dit met die boere en hul diere gaan. Dit is nuuswaardig en interessant om te weet hoeveel dit waar gereen het na die versengende hitte.

andre ·

Daar is gerapporteer dat die vrou saam met Fransman ‘n kamer gedeel het in Kimberly – Van wanneer deel ‘n vroulike werker n kamer met haar baas . As dit waar is moet Fransman verduidelik.

AH ·

Toe ek op n staduim in n Maroela kommetaar gese het Fransman is oneerlik wou paar mense my kruisig wat nou ?

Realis ·

AH, ek is seker jy kan beter doen as “oneerlik” maar jy sal gesensor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.