Seksklagte: Seun getuig oor ‘kode van geheimhouding’

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Voormalige leerder aan die Parktown Boys’ High School het Dinsdag getuig hoe sy voormalige waterpolo-afrigter hom en ander seuns verskeie kere aangerand het, maar dat hulle huiwerig was om dit aan te meld.

Die 17-jarige seun het die skool ná die beweerde aanranding verlaat. Hy het in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig dat hy gesien het hoe Collan Rex ander seuns gelek, gewurg en gebyt het.

“Hy het altyd iets aggressiefs teenoor iemand gedoen… hy wou ons domineer.” Die seun het ʼn voorval beskryf waar Rex hom glo aangerand het. “My ma kon my die een aand nie oplaai nie en hy het my genooi om Xbox te speel.” Volgens die seun het Rex vulgêre taal teenoor hom gebruik en toe gemaak of hy seks het met hom.

Die seun het getuig hy het geweet wat Rex doen is onvanpas, maar dat hy nie die voorvalle aangemeld het nie aangesien daar vir hulle gesê is om op te hou klik.

William Robertse, Rex se regsverteenwoordiger, het gesê die seun het nie die voorvalle aangemeld nie, want dit het nie gebeur nie.

Die seun het dit egter ontken. “Ons is altyd by Parktown aangesê om dinge stil te hou. By ʼn kamp in gr. 8 is ons vertel oor ʼn kode van geheimhouding, anders gaan jy die klikkiebek van die graad wees.”

Volgens die seun het hy ook nie vir sy ma van die voorval vertel nie, aangesien sy ma tydens ʼn vorige geleentheid ʼn kwessie met die koshuishoof opgeneem het en hy deur ander seuns geslaan is daaroor.

ʼn 16-jarige seun wat sedert 2015 in Parktown is, het getuig dat Rex met hom gestoei het. Nog ʼn 16-jarige seun het getuig dat Rex hom gereeld aan sy geslagsdele gegryp het.

Volgens die seun het Rex by een geleentheid sy swembroek afgetrek en hom aan sy geslagsdele gegryp. Hy het glo ook toe die seun 14 was vir hom gevra of hulle ʼn speletjie kan speel en toe aan sy geslagsdele gevat.

Robertse wou by die seun weet of hy reg van verkeerd kan onderskei. “Ja, dit was onvanpas van hom om aan my geslagsdele te vat.”

Volgens die seun het hy albei gevalle aangemeld. Hy het gesê die onderwyders aan wie hy die voorvalle rapporteer het, het gesê hulle sou dit uitsorteer.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ander Annie ·

Nee wat mnr die Regsverteenwoordiger, waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Daar is duidelik iets wat jou kliënt pla. Daar is net te veel seuns wat nou begin praat. Die trauma waardeur hierdie jong seuns gegaan het, is erg. Ek sou graag ‘n persoonlike “gesprekkie” met die meneer wou gehad het. Hierdie is regtig ‘n smerige kannetjie wurms.

Thali Roberts ·

Ons seuns is ook in ñ baie bekende skool en is ook tydens hul graad 8 kamp gewaarsku oor di skool se ryke tradisie van geheimhouding. Die praktyk is eeu oud…jy praat en ons werk jou uit. Eks dankbaar die sweer by Parktown Boys High het gebars. Vir die ouers van hierdie seuns…well done omdat jul jul kinders glo en hul die vrymoedigheid gee om te praat.

Leeutjie ·

Ek wonder hoe voel die ouers van die onderwyser? Ek wonder wat het verkeerd gegaan met hom!!!

Mimi ·

Die mnr Rex is beslis obsessief oor seks. Geen jong seun/man sal in sy teenwoordigheid veilig wees nie. Hy moet maar verwyder word uit die samelewing en in di tronk tussen die ander kriminele gaan sit. Net jammer sy ma/ouers moet die hel deurmaak.

Mimi ·

Geen jong seun/ man sal veilig wees as die ou los rondloop nie. Laat hy maar in die tronk gaan sit. Die jong mans wat deur die saak geraak is moet asb hulp kry dat hulle die saak emosioneel kan oorwin, hulle kan !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.