Seksklagtes teen modelbaas: ‘Hulle maak stories op’

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, het Woensdag in die hof gesê almal wat teen hom getuig het “lieg en maak stories op”.

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het De Villiers onder kruisverhoor gevra of hy dink die getuies lieg. “Ja, hulle het gelieg en maak net stories op,” het De Villiers gesê. “Ek is die enigste eerlike een.”

Regter Cassim Moosa het De Villiers gevra om kommentaar te lewer op sommige van die getuienis teen hom, wat e-posse waarin De Villiers betrek word by beweerde bedrog van R200 000, insluit. De Villiers het ontken hy het die e-posse geskryf en gesê hulle is deur sy sakevennoot geskryf.

Moosa het De Villiers ook uitgevra oor die emosionele toestand van een van die vroue wat teen hom getuig het. “Sy het toneel gespeel. Ek het al met akteurs gewerk wat net kan huil en dan dadelik weer ophou. Niemand sal kan huil en dan net so ophou soos wat sy het nie,” het De Villiers gesê.

De Villiers staan tereg op aanklagte van seksuele aanrading, verkragting, die besit van kinderpornografie, seksuele gereedmaking van ʼn kind en bedrog. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Ag siestog ag shame, altyd onskuldig. Enigste eerlike een. Waar val die man uit…Siek, sluit hom toe, gooi sleutels weg, laat hy vrot in tronk……………………..

m ·

Verstaan my mooi ek vat niemand se kant hier nie, maar as jy sien hoe die jong meisies hulle deesdae gedra en volwasse mans uitlok met hulle gedrag en kleredrag……….. Se ma net…

Riaan ·

dis geen verskom
ning M jy bly die volwasse man en
jy mag dit nie laat gebeur of toelaat

Nico K ·

Ek wil ook daarby aansluit en dit het nou niks met hierdie saak te doen nie. Maar as ‘n man aan ‘n meisie van onder 16 raak is hy reguit tronk toe. Die probleem is meisies van onder sestien is self in party gevalle heeltemal gewillig. Ek praat nou nie van mans wat met 7 an 8 jarige meisies lol nie. Die ouderdom van 16 is seker deur ‘n sielkundige gekies want dit is nie natuurlik nie. Meisies kan al kinders kry op daardie ouderdom. In Romeo and Juliet sê die ma vir Juliet sy is nou 14 en dit is tyd dat sy trou. Vandag sou Romeo reguit tronk toe gegaan het. Dit is ‘n probleem.

Gesiggie ·

Dawie de Villiers… nou lieg almal… wat jy gedoen het is waglik… sjaim dit sal nou moeilik wees vir jou om al die getuie te hoor… maar jy wil dit nie hoor. As jy dan die eerlikke een is? hoekom het jy gedoen wat jy gedoen het… sjaim kry jou vreeslik jammer, jy was nie eerlik toe jy iemand verkrag het, en van kinders misbruik gemaak het nie”” Ek dink jy speel die Akteur in die verhaal…. You can Act? but you won’t get away with this…. Die waarheid sal uitkom.

Nics ·

Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie. Hoe jy nou skielik so onskuldig is moet jy maar met jou gewete (as jy een het) uitmaak.

pop ·

Psigopate het nie die vermoee om berou te toon nie. En dis altyd iemand anders se skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.