ʼn 54-jarige man van Sandton in Johannesburg is in Pretoria van R190 000 beroof nadat hy met die belofte van seks in ʼn lokval gelei is.
Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, het gesê die man het ʼn vrou vroeër vandeesmaand op ʼn vlerksleepwebblad ontmoet.
“Die twee het vir sowat twee weke lank boodskappe aan mekaar gestuur voordat hulle afgespreek het om mekaar by die Sunnypark-winkelsentrum te ontmoet,” het Mavimbela gesê. “Vandaar is die twee na ʼn woonstel in Jorissenstraat om seks te hê.”
Volgens Mavimbela het die man in die woonstel begin om sy klere uit te trek. “Wat veronderstel was om ʼn oomblik van plesier te wees, het egter vir die man in ʼn nagmerrie ontaard. Drie gewapende mans het die slaapkamer binnegestorm en die slagoffer met ʼn handwapen gedreig.”
Die man is vir nagenoeg vier uur lank in die woonstel aangehou waartydens die verdagtes aangedring het op sy bankkaarte en PIN-kode. Hy is later gedwing om sy selfoonbankdienste oop te maak, waarna meer transaksies gedoen is. Nagenoeg R190 000 se transaksies is in dié tydperk op verskeie maniere aangegaan.
Die polisie ondersoek ʼn saak van roof.
Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om bedag te wees op die modus operandi van misdadigers in die Sunnyside-omgewing. “Misdadigers gebruik vroue om potensiële slagoffers met seks in lokvalle te lei waar hulle dan beroof of gekaap word. Mense wat aanlyn vlerksleep moet uiters versigtig wees en die nodige voorsorgmaatreëls tref,” het hy gewaarsku.
Laat dit vir hom n les wees
Nee, hy’t eintlik goedkoop daarvan afgekom. Om te trou is baie, baie duurder.
Hahahahaha……….
……encore !
Ongetwyfeld dom genoeg om ‘n polikus te kan wees.
Ja nee so het menige sp… meneer al sy moses teegekom. 1 van 2 lesse te leer, wees getrou aan jou vrou, gee liefde en sorg dan sal sy ook alles doen wat jy wil hê ena s jy nie ‘n vrou het, kry maar die permanente een, die R5.00 se los seks is nie meer veilig nie, buiten die is daar nog Aids ook!
Geen pille vir domgeid beskikbaar nie. As jy jouself uitgee as ‘n toffie moet jy verwag om gekou te word.
Sy sondes het hom ingehaal,shame.
Nerens staan daar dat hy getroud is nie
Kobus, CR het ook nie gese die man was getroud nie. In die Christelike geloof is prostitusie sonde – in amper al die ander gelowe ook. Sonde of nie as jy vir jouself n lat pluk moet jy maar die houe kan vat.
Ek sit tong in die kies, op die 1 kant moet jy maar vat wat vir jou kom as jy staatmaak op losbandige seks. Op die anderkant, mans & dames skat jul werklik jul waarde so min dat jul met skraps van ander tevrede is. Kyk bietjie in die sekswerkers se oë hulle is glaserig en sonder emosie, is dit vir jou ‘n plesier, sjoe jou behoefte is maar beperk. Op die anderkant is daar die wat jou nie so beroof nie, maar stukkie vir stukkie uitmergel en teen die tyd wat jy agterkom wat aangaan is jy oud, arm en alleen. Of iewers in ‘n mangat gegooi.
Kyk liewer in my vrou sê oë. Niks glaserig nie. Net liefde en lewe daar.
Nog ietsie, dit is om van naar te word om na sekere uitgesoekte restaurante en hotelle te gaan, die aasvoels sit daar, mooi toegdraai en wag om op die prooi toe te sak. Of jy nou wil of nie hoor nie, dit is presies dieselfde ding. Manne wat vir besigheid, konferensie ensv. gaan val mooi in die lokval en dan begin jou moeilikheid, siektes, afpersing, elke week of maand ietsie oorbetaal of soos in die geval, ek se maar net wees op die uitkyk. Vir jul mans wat so op ego ingestel is, is dit maar ‘n groot belediging, dat jy net goed vir jou geld is.
Lus geblus! Ag ek dink daar is baie meer mans so gevang maar het net nooit die saak aangegee nie.
Oops toe jy SUNNYSIDE gehoor het moes jy reeds gehol het. Daai was inderdaad ‘n goedkoop knippie wat jou DUUR gekos het. Hou tog op om mense aanlyn te ontmoet en onmiddellik te VERTROU, veral waar seks ter sprake is. Dit was darem nou ‘n maklike deal, toe het jy nie eers ‘n cheapie gekry nie, NIKS nie, moes terug na jou vrou toe na die eskapade. Leer tog nou ‘n lessie hieruit mense!
Verbode vrugte is vrek duur! Shame, sak Sarel!
Hoop net nie hy is getroud nie.
Nee nie ‘n duur knippie nie, maar wel ‘n baie duur les vir hom. Hierdie aanlyn dating site is gewoontlik net ‘n klomp scammers!
Sjoe wonder wat se so man vir sy vrou (indien hy dalk sou getroud wees). hahahahaha, laat dit maar les wees. Seks kan jou baie geld kos.
Laat dit vir hom ‘n les wees!!!!!
Is gewoonlik mans met meer geld as verstand wat so gevang word .ook meeste van die tyd getroude mans ! arme vrouens praat nie van al die siektes nie !!
Hy kan bly wees hy is nie grusaam vermoor soos gereeld oorsee op dating apps gebeur nie.
Die man vertel verseker bollie!!Dalk ‘n paar nulle te veel. Geen Bank sal deesdae toelaat dat jy soveel geld so vinnig oorplaas nie.
Miskien kan dit ‘n besigheids rekening wees?
Ek dink ook daars iets fishy aan die gang. R190000? Sjoe dis lekker om soveel geld so vreeslik beskikbaar te hê. Veral met selfoondienste sou bank hom sekerlik gekontak het? Ek het nie eers soveel geld nie en my bank sou.
Ja Me.2weke kos hom nou effe duur nê?
Laat hy maar vir hom kry. Elke sport het sy beserings. Om some dadelik klere uit te strek??? KRY VIR JOU. Geen simpatie met so iemand nie
Sy verstand was in sy lus en toe vat sy lus al sy geld. Hou maar liewer jou lus vir die huis. Hy het oop oë in die lustigheid ingestap, so was dit toe ‘n netwerk van internet, net gswymel, net gedink nou en toe is dit net gee jou geld en nou is dit net jannie jammergat.
Ek ruik n rot. Watter bank laat dit toe. As hy lieg oor die bedrag sal die bank hom nie terugbetaal nie en die versekering nog minder. Dit was wettige transaksies. Kry vir jou boetman. Dom mense moet swaarkry. Ai daai ding wat die honde oor baklei bring groot ellende vir orige mans.
Bedoel niks sleg teenoor Sunnyside nie, maar dis darem maar n grillerige plek, die Sandton man moes nogal desperaat gewees het as hy soentoe gegaan het van n plek soos Sandton..
Dit klink vir my moontlik!!! As ek wil kan ek ook soveel geld oor betaal, en dit met my selfoon.
Die man is ongetroud, en wat is so erg, hy het seks gesoek, en nie gegaan om iemand te verkrag nie!!!
Sak Sarel. Pa wil ‘n bokkie skiet, five tackle one sonder om ‘n stroke te mis is veilig. Kos net stywe kuite. Maar as jy getroud is bly getroud en getrou aan jou lewensmaat. Geen simpatie nie.
Geen simpatie met hom nie, Hy verdien dit
LEKKKKKKKKEEEERRRRRR!!!!!!!!
Ek is selfs benoud net om deur sunnyside te ry wat nog van stop en seks te he met n vreemde ….genade jy soek mos moeilikheid !
sies hy moet homself skaam, regtig kan mens so wees
nee wat hy verdien dit
dalk moet ons sy naam erens kry…………
As jou lus jou las raak …
Dit was n sake transaksie wat skeef geloop het, hy is met n slap riem gevang.
Ja Scalla nou sit hy met sy hande in sy hare……. vir n verandering!
HE HE HE HE LEKKER LAG EK NOU
laat die vir hom ‘n les wees…….lyk my die ou het baie geld om sommer so weg te gee……
Ek hoop sy lus is vir ewig geblus……….hehehehe
En so kom dit die Afrikanervolk weer toe om te veroordeel, en hulle te verlekker. Wel gedaan julle, uitverkorene Afrikaners.
Shame die arme riem, wonder of hulle hom droog gelos het na sy betaling. Hoop hyt darm bietjie van n show gekry
Die misdadigers infilteer ons gemaksone. Ons mense nodig on hul bewustheid in te samel.
Ag ou SkarrelKind moet tog nou net nie vir my sê jy voel jammer vir die man nie. Natuurlik verlekker ons ons daarin as iemand wat met verkeerde dinge besig is gevang of gestuit of soos in hierdie geval besteel word. As jy vir hom jammer voel , is ek bevrees jy het ook ‘n probleem!
Julle neem aan die man is getroud en wit!!! Haha ek dink julle is lekker verkeerd!!
Stem saam met skarrelkind, daar sal julle julself verlekker aan iemand wat “verkeerd” gedoen het. Voor julle aanval, dink eers, het jy nog nooit iets verkeerd gedoen nie. Ja jy het, want sonder is sonde so hou op oordeel. Nie een van julle se iets oor die rowers nie. Sies Suid Afrika
Sjoe jou aptyt het jou duur te staan gekom… hoop van harte dat jy nie getroud is nie.
Ek verstaan nie hoe kan mense nog so onverskillig wees as daar soveel siektes versprei kan word nie. 2 Minute van plesier, R190 000 later en die kans om een of ander gogga op te tel…. en dit dan moontlik aan jou maat oor te dra. JIG!!!!