‘Sekspastoor’ bly agter tralies

Timothy Omotoso tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Pastoor Timothy Omotoso, die omstrede televangelis wat van verkragting en mensehandel beskuldig word, se aansoek om verlof tot appèl teen die vroeëre afkeur van sy borgtogaansoek is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth van die hand gewys.

Dit volg nadat sy derde aansoek om borgtog verlede week afgekeur is.

Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê regter Phillip Zilwa het bevind daar is geen gronde om die aansoek toe te staan nie.

Omotoso, oorspronklik van Nigerië, is sedert sy inhegtenisneming op die Port Elizabeth- internasionale lughawe in April 2017 agter tralies. Hy is destyds saam met twee vroue in hegtenis geneem wat glo meisies en vroue gelok het sodat Omotoso hulle kan uitbuit.

Omotoso en die twee vroue staan tereg op tientalle aanklagte. Die twee vroue is wel op borgtog vrygelaat.

Volgens Ngcakani het Omotoso verlede week weer aansoek om borgtog gedoen omdat daar volgens hom nuwe feite rakende die saak aan die lig gekom het. Zilwa het egter beslis daar is geen sulke nuwe feite nie. Die verdediging kon Zilwa ook nie oortuig dat Omotoso nie ’n vlugrisiko is nie.

Omotoso is ’n onwettige immigrant en sou hy op borgtog vrygelaat word, sal hy gedeporteer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag nee wat laat hy sit! Wat van NEE verstaan die ou nie? Moet ons prentjies teken vir hom mmmmmm genade man. Werk hy by die sirkus ook met daai pakkie aan?

Dup ·

Die saak gaan noual so lank aan dat die pastoor vir burgerskap kan aansoek doen.Sy kerk moet diep sakke hê om soveel op regskoste te kan spandeer.Nie dat sy regspan kla nie…..

Sarel ·

Opskrif moet lees ” Peofiell wat hom voirgedoen het as Pastoor: want die spesie is nie ‘n Pastoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.