Sekspastoor-verhoor: Hof sê oor verdediging se aansoeke

Timothy Omotoso. Foto: ANA.

Regter Mandela Makaula het Dinsdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof ʼn aansoek om verlof tot appèl oor sy weiering om hom aan die saak te onttrek van die hand gewys in die verhoor van Timothy Omotoso, die sogenaamde “sekspastoor”, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho.

Makaula het tydens sy uitspraak gesê die verdediging se argument dat hy ʼn “gesellige” verhouding met Cheryl Zondi, die staatsgetuie gehad het, is moedswillig buite konteks geneem. Hy het gesê Zondi was merkbaar ontsteld en het voortdurend emosioneel geraak en gehuil.

Makaula het gesê aangesien haar getuienis regstreeks uitgesaai is, was haar toestand in die getuiebank algemene kennis. Volgens hom het hy in dié oomblikke die uitdrukkings gebruik wat nie op die amptelike hofrekord is nie.

Makaula het in ʼn stadium vir Zondi gesê: “Ek kan sien jy huil of is emosioneel, is jy nog oukei? Het jy ʼn breuk nodig? Moet ons verdaag dat jy jou in bedwang kan bring?”

Makaula het ook ʼn aansoek om verlof tot appèl teen sy vroeëre besluit om nie die aanklagte teen Omotoso en Sulani en Sitho terug te trek nie, van die hand gewys. Hy het gesê hy het die aanvanklike aansoek tydens die begin van die verhoor van die hand gewys.

Makaula het nou aangedui redes sal tydens of ná die verhoor voorsien word.

Peter Daubermann, vir die verdediging, het sedertdien aangedui dat hy hom tot die appèlhof sal wend.

Die Nigeriese pastoor staan tereg op 63 hoofaanklagte en 34 alternatiewe aanklagte van onder meer mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering met ʼn ander persoon om ʼn seksuele misdaad te pleeg.

Sulani en Sitho word daarvan beskuldig dat hulle landwyd meisies gewerf het vir doeleindes van seksuele uitbuiting.

Die saak is voorlopig tot 10 Desember uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Sit hom weg of stuur hom terug. Hier is genoeg gemors in SA. Geen ander Hof sal tot n ander besluit kom nie.

Alida ·

Sit hom weg of stuur hom terug. Hier is genoeg gemors in SA. Geen ander Hof sal tot n ander besluit kom nie.

Dries du Toit ·

EK het altyd gedog mens gaan eerste appelhof toe nadat jy in hooggeregshof jou swak vermoor het. HOE DAN NOU????.kan IEMAND MY help asb?

PJ ·

Wonder of hy nie bietjie Hlaudi bloed in hom het nie kyk sy hand gebare en gesigs uitdrukking ?

Katerina ·

Maroela..Regtig?? Moet ons regtig lees van hierdie obsene klein sage elke dag?? We do not care. Regtig, ons wit Suid Afrikaners het groter probleme as hierdie vent en sy “goings-on”

nico k ·

Dries, om jou vraag te antwoord. Die saak wat hulle verloor het was die regter se beslissing dat hy hom nie aan die saak gaan onttrek nie. Dit is daardie saak wat nou appelhof toe gaan. Wat ek graag wil weet, is die man uit op parool? Indien nie dan kan hulle maar appelleer so veel as hulle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.