‘Sekspastoor’ wéér borgtog geweier

Timothy Omotoso tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Pastoor Timothy Omotoso, die omstrede televangelis wat van verkragting en mensehandel beskuldig word, is Woensdag weer borgtog in die hooggeregshof in Port Elizabeth geweier.

Omotoso het al verskeie kere vergeefs aansoek gedoen om borgtog.

Omotoso, oorspronklik van Nigerië, is sedert sy inhegtenisneming op die Port Elizabeth- internasionale lughawe in April 2017 agter tralies. Hy is destyds saam met twee vroue in hegtenis geneem wat glo meisies en vroue gelok het sodat Omotoso hulle kan uitbuit.

Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Omotoso het weer aansoek om borgtog gedoen omdat daar volgens hom nuwe feite rakende die saak aan die lig gekom het.

Regter Phillip Zilwa het egter beslis dat daar geen nuwe feite is nie. Die verdediging kon Zilwa ook nie oortuig dat Omotoso nie ’n vlugrisiko is nie.

Omotoso is ’n onwettige immigrant en sou hy op borgtog vrygelaat word, sal hy gedeporteer moet word.

Die verdediging het reeds aangedui dat hy teen Zilwa se beslissing gaan appelleer. Die aansoek om verlof tot appèl sal Maandag aangehoor word.

Die hoofverhoor is uitgestel tot 10 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eiervrug ·

Laat my nogal dink aan een van daai mannetjies wat balle in die sirkus rondgooi…

Debbie ·

Teleurstellend dat ‘n pastoor hom met sulke verkeerde dinge besig hou.

Suzette ·

Wel duidelik moet borgtog nie goedgekeur word nie. Hoekom word hy in elk geval toegelaat om oor en oor en oor aansoek te doen vir borgtog. Hy kan maar sy “menseregte” inboet want hy het nie gedink voor hy gedoen het nie. O ja, ek het nou weer vergeet …. die vlot was leeg, die tor is nog soek…..

Persheks Adri ·

Laat hy gaan sit hy sal beslis baie liefde kry! Hou hom so heilig pffft sies man

Hennie J ·

Ten minste is daar n klompie regsgeleerdes wat n goeie paar rand hieruit maak.

Derek ·

Godsdiens het die ware kerk groot skade berokken. Dit is baie jammer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.