‘Seksrabbi’ in hof

Eliezer Berland in die hof. Foto: ANA

Eliezer Berland in die hof. Foto: ANA

Die voortvlugtige rabbi, Eliezer Berland (80), wat glo uit Israel gevlug het nadat verskeie seksuele aanklagte teen hom aanhangig gemaak is, het Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Berland het by monde van sy regsverteenwoordiger aan die hof gesê hy is nie “aanspreeklik” om na sy tuisland terug te keer en op die aanklagte teen hom tereg te staan nie. Themba Langa het aan die hof gesê Berland moet nie uitgelewer word nie omdat daar geen uitleweringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Israel is nie.

Berland, wat die leier van die Shuvu Bonim Hassidic-sekte in Jerusalem is, het glo in 2012 uit Israel gevlug nadat vroue in sy bediening beweer het dat hy hulle seksueel misbruik het. Hy is twee weke gelede in Suid-Afrika vasgetrek.

Deon Barnard, die staatsaanklaer, het gedeeltes uit die Wet op Uitlewering aan die hof oorhandig. Barnard het ook verwys na ʼn artikel waarin daar berig word dat Interpol ʼn uitleweringsversoek vir Berland op 4 Februarie ontvang het, asook ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming wat op 7 April gekanselleer is.

Die staatsaanklaer het ook ʼn kopie van ʼn uitleweringsversoek, wat deur die ministerie van justisie in Israel aan die departement van justisie in Suid-Afrika gestuur is, aan die hof oorhandig.

Volgens Barnard moes die hof besluit of Berland aanspreeklik is om aan Israel uitgelewer te word en of daar genoeg bewyse vir vervolging in Israel is. Langa het egter volgehou Berland is nié aanspreeklik om terug te keer na Israel nie aangesien Israel en Suid-Afrika nie ʼn uitleweringsooreenkoms het nie.

Berland se voormalige regsverteenwoordigers het die hof vroeër ingelig dat hulle hom nie meer sal verteenwoordig nie. Sy vrou was ook Woensdag in die hof vergesel van nog ʼn vrou. Hulle het in die hof gesit en uit gebedsboeke gelees.

In die galery was drie mans wat glo deel van Berland se bediening is.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Dat sulke mense hulself nog so onskuldig kan hou….Hoe kan hul enigsins dink dit wat hul doen is reg.Moordenaars, verkragter en pedofiele behoort op brandstapels geplaas te word en aan brand gesteek te word. Of kap hul hand eaf. n Voorbeeld van hulle moet gestel word sodat publiek kan sien wat gaan gebeur as jy sulke goed doen. Sorry mense ek weet baie gaan nou weer hier iets te se he. Maar iewers moet dit stop. Hul het nie die reg om te doen wat hul doen nie. Ja net so gaan baie se dit le nie in ons hande om geregtigheid te laat skied nie, dit le by God. Ek is nie harteloos nie, maar ek kan jul dit se om iemand aan die dood waar moord betrokke is af te staan is nie lekker nie, want daardie persoon wat die moord gedoen het kom skotvry en gaan dit weer en weer doen. En iemand wat verkrag is moet vir die res van hul lewe met daardie seer saam lewe. Jy vergeet daardie seer nooit. Dit loop saam met jou, word oud saam jou, dit maak van jou n ander mens… Nee mense ek is jammer maar ek het geen simpatie met n moordenaar, verkragter, pedofiel of enige rower nie.

elize naude ·

check jy nie dat jy net so barbaars teen diegene wat jy barbaars vind sal optree nie??? geen wonder die bybel sê dat wraak alleen God toekom nie…

Anoniem ·

Elize wag tot dit met een van jou kinders of kleinkinders gebeur en daardie persoon loop vry rond dan sal jy n ander deuntjie sing. God keur nie goed wat hul doen nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

elize naude ·

barbaarsheid met barbaarsheid te vergeld… en die duiwels kringloop het geen einde..

alida ·

WALGLIKE OU MAN !! Moet asb nie sulke artikels plaas nie !!!

Weezie ·

Lekker man, welkom alle skelms dis mos die land om te kom weg kruip. Lewer net die siek ding oor aan Isreal, ons het klaar te veel MISDADIGERS hier

m ·

Hiers mos nie beheer in hierdie land nie so hoekom verbaas dit mens nie dalk sulke freeks hier is nie. Almal is mos hier welkom. Die ou sening behoord hom te skaam vir sy gedrag. Niks so erg soos orige ou mans nie.

Anoniem ·

Gaan lekker in Suid Afrika…Moordernaars, verkragters, pedofiele, rowers en wie weet nie wat nog nie floreer in Suid Afrika. Kom mos weg met alles en dan kry sommige van ons hul nog jammer ook. Geen wonder hulle doen dit…!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ekke ·

Ennnnnnnn in die toekoms sit SA met nog ‘n problem. Almal wat hier bo stem dat die man vry rondloop, net een vraag? Wil jy regtig die tipe man se invloed en ook die wanindruk wat hy het aanpor in ons land en onder ons jeug? Doen niks aan die arme bloedjie nie, stuur hom net waar hy vandaan kom. As jy satan wil/gaan koester, is daar nie veel hoop vir ons as christene nie. Tog alles wat deesdae nie christelik is nie, word aangemoedig deur ons staat.

Anti-Haas ·

By die ou moet vroue maar hul oe eerder oophou as hy bid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.