‘Seksrabbi’ in SA aangekeer

Foto ter illustrasie: Pixabay

Foto ter illustrasie: Pixabay

ʼn Voortvlugtige rabbi is volgens berigte in Suid-Afrika in hegtenis geneem.

Volgens ANP berig Europese koerante die rabbi, Eliezer Berland (78) van Israel, is in Johannesburg in hegtenis geneem. Die rabbi word daarvan beskuldig dat hy vroue in sy bediening seksueel misbruik het. Verskeie vroue het klagtes teen hom ingedien, waarvan een minderjarig is.

Berland het na Nederland gevlug, waar hy van 2014 tot 2015 gebly het. Hier het hy die bynaam, die seksrabbyn, gekry. Israel het om sy uitlewering aansoek gedoen, maar toe ʼn Nederlandse hof sy uitlewering goedgekeur het, het hy reeds uit die land gevlug.

Hy het glo in lande soos Kanada, Marokko en Zimbabwe aangedoen voordat hy in Suid-Afrika aangekom het. Volgens berigte kon hy al twee keer daarin slaag om van die Suid-Afrikaanse polisie te vlug.

Sy regsverteenwoordiger het aangedui hy sal ʼn versoek om uitlewering aan Israel teenstaan.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Gangster paradise oom Rabbi. Hier kan jy vinniger opgespoor word as jy n ordentlike landsburger is wat jou belasting betaal. En n prokerower wat n seksoortreder beskerm deel seker die rabbi se sienings. Sies vir jou!!!!!!

Sommer net piet ·

In die Talmoed staan dat al daardie dinge reg is , gaan kyk ‘n bietjie.

Talmoed se agterkant ·

Hierdie land het genoeg gemors, lewer hom uit, moet nie eers onderhandel nie!!!!!! Ek wonder net waar kry sulke gemors al die geld vir regshulp of is die regshulp so gaande om ‘n naam vir die wen van ongewone sake te maak dat hul, hul dienste gratis lewe of dalk is hul net so gemors wat sulke dinge goedpraat/goedkeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.