‘Seksrabbi nie ʼn vlugrisiko’

Berland in die hof. Foto: ANA

Berland in die hof. Foto: ANA

Die regsverteenwoordiger vir die Israeliese voortvlugtige rabbi Eliezer Berland het Dinsdag in die Randburg-landdroshof aangevoer dat sy kliënt nie ʼn vlugrisiko is nie.

Themba Langa, Berland se regsverteenwoordiger, het redes aangevoer oor hoekom sy kliënt op borgtog vrygelaat moet word ondanks die feit dat hy deur die Israeliese owerhede gesoek word vir beweerde seksmisdade.

“Hy het geestelike verpligtinge en volgelinge wat saam met hom wil aanbid. Hy is ʼn prominente Joodse geneser en hy word regoor die wêreld vertrou. Iemand soos hy wat geïdentifiseer en opgespoor kan word is nie ʼn vlugrisiko nie,” het Langa gesê.

Berland is die leier van die Shuvu Bonim Hassidic-sekte in Jerusalem en het glo in 2012 uit Israel gevlug nadat van sy vrouevolgelinge bewerings van seksuele teistering teen hom gemaak het.

“Hy soek die versekering dat hy nie leed aangedoen sal word deur die Israeliese regering nie, maar hy is bereid om ʼn vliegtuig terug na Israel te haal.” Volgens Langa is Berland in goeie gesondheid vir ʼn 80-jarige, maar is daar ʼn goeie kans dat hy ʼn hartaanval kan kry indien hy aan stresvolle situasies blootgestel word.

Landdros Pravena Raghunandan het gesê sy is bekommerd dat Berland die €50 000 borgtoggeld wat hy in Holland betaal het, verbeur het. Sy wou weet wat hom sou keer om nie dieselfde te doen as hy op borgtog in Suid-Afrika vrygelaat word nie.

Langa het gesê Berland sal op sekere dae by ʼn polisiestasie kan aanmeld om te bewys hy is steeds in die land.

Staatsaanklaer Nerisha Naidoo het egter gesê Berland moet nie op borgtog vrygelaat word nie aangesien die man wat na Berland omsien en hom na Suid-Afrika gebring het ʼn vlieënier is en dit maklik sal wees vir hom om die rabbi land uit te neem.

Die saak is tot Donderdag uitgestel en Berland bly in aanhouding by die Randburg-polisiestasie.

Lees alle vorige berigte oor Eliezer Berland op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Deporteer die Rabbi. Hy het sy wandade nie hier gepleeg nie en is ook nie ‘n burger van die land nie. So waarom betrokke raak?

John ·

Dis hoekom hy hierheen gevlug het. Hy weet hy is veilig hier. Baie diesulkes het al vir jare hier geskuil. Mens wonder net hoeveel ander onhebbelikes hang hier uit.

johann cb ·

As hy sedert 2012 voortvlugtend is, wat verhoed hom om weer pad te gee! As hy dan só onskuldig is, kan hy homself mos in sy eie land as onskuldig bewys. Dáár kan hy weer met sy werk voortgaan.

Shannon ·

Stuur die toordokter vanaf die reënboogland terug na die beloofde land, via Palestina.

E ·

Lees ek reg? Het hy borg in Holland ook betaal? uh Israel, Holland, RSA?

E.K. ·

Voortvlugtige is ni ‘n vlugrisiko? Hoekom is hy dan ‘n voortvlugtige? Lyk my sy regspan verstaan sekere konsepte/uitdrukkings/woorde nie so lekker nie.

Sandra ·

Hy hoef nie hierdie keer nie te vlug nie – ons sal hom gratis terug stuur waar hy vandaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.