‘Seksrabbi’ se aanhoudingsvoorwaardes bespreek

Eliezer Berland in die hof. Foto: ANA

Eliezer Berland in die hof. Foto: ANA

Die borgtogaansoek van die Israeliese voortvlugtige rabbi Eliezer Berland is Vrydag in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Landdros Pravena Raghunandan het die saak tot Dinsdag uitgestel en ʼn versoek toegestaan dat twee van Berland se volgelinge en sy vrou voorlopig toegelaat word om vir hom kos te bring wat aan sy dieetvereistes voldoen. Sy het ook beveel dat Berland in ʼn enkelsel aangehou word.

Themba Langa, Berland se regsverteenwoordiger, het vroeër versoek dat daar op sekere voorwaardes rondom Berland se aanhouding ooreengekom moet word.

Hy het verduidelik dat die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria waar Berland tans aangehou word nie toelaat dat hy besoekers ná 15:00 ontvang of dat besoekers vir hom kos bring nie. Volgens Langa kan hierdie reëling nie werk nie, tensy Berland toegelaat word om by ʼn polisiestasie aangehou te word waar ʼn assistent daagliks vir hom vars kos kan bring.

Nerisha Naidoo, die staatsaanklaer, het gesê daar is reeds met Berland se assistent gereël dat hy vir hom daagliks sal kos neem en dat die staat die moeite gedoen het om ʼn verpleegster te reël om Berland te daagliks te besoek. Volgens Naidoo kan die staat nie saamstem met die voorwaarde dat Berland besoekers ná 15:00 ontvang nie, omdat dit nie by die gevangenis toegelaat sal word nie.

“Die staat maak ʼn groot fout. Berland het ʼn grondwetlike reg om sy geloofspraktyke te mag beoefen,” het Langa gesê. Langa het gesê dat daar baie polisiestasies is waar Berland aangehou kan word, maar dat die staat bloot wil hê dat hy in die Kgosi Mampuru-gevangenis aangehou moet word omdat die ʼn maksimum-sekuriteit-fasiliteit is.

“Hy sal doodgaan. Hy is 79 jaar oud en hy kan nie toegewings maak oor sy geloof nie. Die staat kan nie keuses maak oor iets wat nie hul plek is nie,” het Langa gesê.

Naidoo het voorgestel dat Berland na ʼn gevangenis in Johannesburg oorgeplaas word waar daar aan sy behoeftes voldoen kan word.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

jakes ·

Praat jy! Hy’s ‘n vlugteling maar skuil onder en misbruik die MENSEREGTE volgens die grondwet. EN hy het ‘n staatshulp prokurower? Lekker man, lekker!

Louise ·

Het hy aan sy sogenaamde “geloofsvoorwaardes” en sy “eetgewoontes” gedink toe hy GEDOEN het waarvoor hy gestraf moet word? Nee !!!!! hy het hom verlistig in sy sonde dade.

Louis Prinsloo ·

30-40jaar tronkstraf, ongeag van geloof of ouderdom. Hy het jonk gevoel om so te sondig, hy kan jonk voel om die straf te dra

Graeme ·

Net nog ‘n ‘godsdienstige’ wat spesiale vergunning soek net omdat hy ‘n ‘godsdienstige’ is. En dan het mense die vermetelheid om met my te argumenteer oor die ‘meriete’ van wat hulle “glo”. Die hele nes is korrup.

Ongelooflik ·

Die vermetelheid om eise te kom stel, weerligstraal jy moes daaraan gedink het voor jy onskuldige meisies en dames in n hoek vasgedruk het – voel bietjie hoe hul gevoel het – dit is nou menseregte op sy beste jy is bietjie aan die ontvangkant. Daai vroue sou wat wou gee om alleen in n sel te wees eerder as met jou!

John ·

Ons moet voortvlugtendes uitlewer aan hul onderskeie lande. Dit is onnodig dat ons belastinggeld mors op lang hofsake en die aanhouding van oortreders van elders. Dis dalk juis hoekom mense hierheen vlug; ons beskerm hulle. Dit is onduidelik hoekom ons dit doen, want dit wil amper voorkom asof ons die misdade van sulke mense in hul eie lande nie as so ernstig reken nie, of is iets anders op die spel, soos die moontlike uitruil van gevangenes, indien nodig?

Elizabeth ·

O gaats. Maar die slagoffers se grondwetlike regte was gruwelik misken? Sluit maar toe

Joann ·

Dit is die beste wat ek nog gehoor het. Die ou het hom te buite gegaan en toe nie aan sy geloof of dieet gedink nie. Ook van die met die bybel onder blad en duiwel in die G…. Sluit hom ver en diep toe en vergeet van hom.

humor ·

Vergeet van renosterhoring, kry hiedie man se dieet, maar bly tog net asseblief binne die wet.

Eliza-beth ·

Die kinders kon nie “toegewings” maak oor wat hulle regte was nie, HY kon nie “keuses maak” vir hulle wat nie “SY plek” is nie – om nou sy regsverteenwoodiger se woorde om te draai na hom toe. Het hy daaraan gedink toe hy sy bose gruweldade gepleeg het? Ek is verbaas dat hy nie aandring op verbly in ‘n luukse hotel siende hy so allerhande voorwaardes wil stel. Die staat MOET namens en vir hierdie slagoffers optree – moenie ‘n grap maak van sulke meestal lewensverwoestende oortredings, deur toe te gee aan sy belaglike eise nie. Plaas dat hy jammer sê en sy straf vat soos ‘n man!

Christa Du Toit ·

Het hy aan sy geloof gedink toe hy gesondig het??? vra maar net!

Annetjie ·

Hierdie man, ek noem hom nie n geestelike of Rabbie of dominee nie, want hy het hom gedra soos n ondier teenoor vrouens en kinders. In my tyd was iemand wat so oortree het die doodsvonnis opgelê, en nou kom hierdie voortvlugtige hier aan en soek regte! Hy het meer regte as ons eie landsburgers, dit sal nie werk nie! As Oscar moet boet, moet hierdie molesteerder boet vir sy dade!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.