Seksskandaal by skool: Nóg seuns geraak

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Die hoof van Bishops Diocesan College in Kaapstad het erken dat verskeie seuns oor ʼn aantal jare geraak is deur beweerde seksuele misdrywe van ʼn gewese onderwyseres aan die skool.

Guy Pearson sê in ʼn verklaring dat die ondersoek na ernstige seksuele misdrywe deur Fiona Viotti, gewese geskiedenisonderwyseres en polo-afrigter aan die skool, nog voortduur. Viotti het bedank kort nadat dit aan die lig gekom het dat sy ʼn verhouding met ʼn 18-jarige leerder aan die skool gehad het.

“Dit wil voorkom of verskeie seuns oor ʼn aantal jare hierdeur geraak is,” sê Pearson in die verklaring. “Daar is ʼn oproep aan seuns en ouers gedoen om vorendag te kom met enige inligting wat hulle in verband met die saak het.” Hy het ook bevestig dat Viotti bedank en reeds die skool verlaat het.

Dave Mallet, Viotti se pa en geskiedenisonderwyser aan die skool, het gister in ʼn brief aan ouers gesê hy ondersteun sy dogter in hierdie moeilike tyd. Viotti is verlede jaar getroud.

“Ons doen alles moontlik om die sielkundige welstand van ons seuns, werknemers en ander wat deur hierdie hartseer saak geraak word, te verseker,” sê Pearson. Met dié doel in gedagte het die skool die dienste van verskeie sielkundiges ingeroep, onder wie ʼn sielkundige in diens van die Bishops-sporteenheid. “Eksterne kliniese sielkundiges en psigiaters is ook beskikbaar aan enige seun of familielid wat deur die gebeure geraak word,” sê Pearson.

Naakfoto’s wat Viotti na bewering aan sekere seuns gestuur het, doen sedert die naweek die ronde op sosiale media. Volgens Pearson is dit steeds nie duidelik wie dié foto’s versprei nie.

“Ons vra weer dat die waardigheid en privaatheid van die individue wat deur hierdie saak geraak is, gerespekteer word terwyl ons die volle omvang van die situasie ondersoek,” sê Pearson.

Die polisie ondersoek nie tans ‘n kriminele klag teen Viotti nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Siener ·

Wil julle vir my sê daar is nog jong mans wat die jackpot geslaan het? Wys hulle gesigte dat ons die Lotto wenners kan sien.

Kolle ·

Die skool moes wragtag ook van beter geweet het as om ‘n baie mooi juffrou watersport te laat afrig tussen ‘n bondel hormone met rééds warm bloed.

Anoniem ·

Hoe ironies, toe dié manne saam speel was alles lekker en cool maar nou dat alles na die lig toe kom nou is die oulike Juffrou die verkeerde een !

As hulle saam speel is hulle grootmense as alles op die lappe kom is hulle minderjarige seuns

Regtig onregverdig

Siener ·

Stem saam. Dit is maar rykman seuntjies se eienskappe veral as hulle beskerm word deur mamma. Die seun het maar gedoen wat hy by die huis sien.

Voice of Reason ·

Vir die wat se dis onregverdig dat nie seuns nie aangekla word nie.
Stel jou voor dat die geslagte omgeruil was en dat dit 18 jarige meisies was wat by ‘n onderwyser geslaap het. Dan was daar geen twyfel dat die onderwyser moet tronk toe nie.

Die onderwyseres was vertrou om die kinders veilig te hou en die regte opvoeding te gee, nie te misbruik nie. Sy alleen moet tronk toe.

charmaine ·

In vandag se lewe het die seuns dalk die juffrou n paar dinge gewys. 18 Jarige seuns is regtig nie meer so onskuldig nie, danksy tegnologie. So die saak het beslis 2 kante en n bo en onderkant en die seuns moes die aandag geniet het. En die 18 jarige mans want dis wat hulle is, het verskeker al bestuurlisensies hang by kuier plekke en vat n dop of twee en het dalk al meer as een “sleeping partner” gehad…so hoekom is hulle nou kinders net omdat hulle nog skoolgaan? En jonger mans hou van ouer dames! En dan moet hulle ook geskors word want hulle hou n bedreiging in vir ander mense se dogters.

Siener ·

Ek stem 100% saam. Die leerlinge betrokke moet geskors word vir hulle aandeel.

Driesie ·

Dis waar hulle het klaar saam gespeel nou is hulle ewe skielik engeltjies,daardie juffie moet haar mond oopmaak en praat.

Jan ·

‘n Jaar gelede getroud? Dit klink nie vir my asof sy troumateriaal is nie, moontlik na terapie, iets is nie lekker nie. Ek glo aan tweede kanse gee.

Rika ·

Ai, dis hartseer. Baie sterkte aan elke kind hierby betrokke. Dis nie ‘n maklike pad om te stap as jou kind geraak word deur seksmisdrywe nie. Ondersoeke sloer, hofsake sloer, en die beste wat ‘n oortreder kry is 15jr. Jare daarna sukkel jy steeds om jou kind op te bou, om van hom / haar weer ‘n volwaardige mens te maak. Ek kan net hoop dat die kinders ‘n sterk ondersteuningsnetwerk gaan he.

Gollie ·

Daardie kinders het geweet wat die gevolge gaan wees,hulle is glad nie onskuldig nie.

Kitsie ·

Dit is nie hartseer nie hulle het presies geweet waarmee hulle besig is. Hulle is nie kindertjies nie. Nou moet sielkundiges ingeroep word. Plaas dat hulle vir die eind eksamen leer Speel met vuur en jy brand….

seunskind ·

Die seuns is gladnie so onskuldig nie. Vandag se kinders is baie vroeg ryp (en vrot). Die kinders hou hulle op met vieslike goed. Minderjarig beteken nie onskuldige “mamma se seun” nie. Baie skoolkinders is seksueel aktief. Ek het al riller stories gehoor wat aangaan in seuns en meisieskoshuise. Selfs al van die video’s gesien wat versprei word. Skokkend. En moet asb nie dink dit gebeur nie in rykmanskole of onder gegoede mense nie.

Toek ·

Ek stem 100% saam met jou seunskind ek het ook in ‘n koshuis gebly 3 jaar ek weet van sulke gevalle,nie een van hulle is onskuldig nie.

Lastigheid ·

Dis tog nou nie so iets soos mollestering of verkragting nie? Ek dink eerder meer in die lyn van losbandigheid. Sekerlik sou ‘n leerder van daardie ouderdom die juffrou kon teesit. Ek dink nie hulle is sielkundig geskend nie. Dink eerder juffrou sal berading nodig he.

tw ·

Ek glo beslis dit was nie teen hulle sin nie. Beide partye is skuldig hier.

Beryl ·

En as dit n manlike onderwyser was, wat “gespeel” het onder die dogters was almal op hom, nou beny die manne die seuns, ai tog.

Annelize ·

Jip Beryl, ons kan maak net wat ons wil, daar sal maar altyd twee stelle reels vir manlik en vroulik wees.

Lidia ·

As 18jarige meisies nie hul plek ken met n onderwyser nie.Loop sy selle pad as n seun,As sy nie vra vir hulp voor dit te vêr gaan nie,is sy net so skuldig…Daar is n verskil tussen sex hê en rape.

Chris du preez ·

Ek het net ou tannies as jufrouens gehad op skool . Ai.

Ellisras ·

In my dae was die onderwyseresse óf oud en lelik, óf jonk en lelik. Dit was dalk ‘n seën. B

Ilze Mostert ·

Nee a julle. Ek het jare onderwys gegee. Gee steeds klasse. Onaanvaarbaar. Die onderwyser/es is die volwassene en is veronderstel om n voorbeeld aan leerders te wees .Vir jare WAS onderwysers voorbeelde. Deesdae gebeur die verhoudings tussen leerders en onderwysers dikwels. En veral met meer as 1 leerder-onaanvaarbaar .En sy HET n man?
Ek judge haar nie. Maar sy moet baie groot probleme he. En sy sal vir berading moet gaan.Ek wonder of haar man bewus was van hierdie sensitiewe probleem van haar

CHAPPIES ·

…. dit kom nou daarvan, as jy met jou “waardigheid”… in jou “privaatheid” twak aanjaag en jou ophou met nonsens, wat jy voor jou siel WEET verkeerd is….en ander mense se lewens en waardigheid vernietig

Lynette ·

@ Annoniem , as dit kinders was, ja maar 18 jariges is alles behalwe onskuldige kinders! Hulle het dit geniet. Jy is dalk net jaloers?

Tante ·

ag toe nou n 18 jarige meisie of seun het almal hormone wat hul juis op daardie ouderdom wil gebruik om te se ek is die nommer een wat daai gewilde onderwyser of onderwyseres uitgekies het as sy of haar geliefde Daar is bitter min meisies en seuns op hoërskool wat nie verlief was op n jong mooi juffrou of aantreklike meneer nie meisies sowel as seuns wat in daai situasie beland wou daar wees en het dit geniet nou dat een seun dalk afgese is deur juffie huil hy nou bose trane. Juffrou jy moes van beter geweet het jy is net so bietjie meer skuldig as daardie seuns

Lady ·

Sjoe ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Was dit n man wat so iets aan n dogter gedoen het hoe mooi hy ookal sou wees, moes hy toegesluit word en die sleutels moes weggegooi word. Genade wat dink julle. Hoekom altyd opstaan vir n vrou maar mans in dieselfde omstandighede word gestenig en sleg gese. Dan praat julle van dubbel standarde in ander gevalle? Regtig, my hart gaan uit vir haar aantreklike man en haar ouers. Wat n skande.

Bells ·

Die laaitie is 18, wat is die groot behaai? Wys my een 18jarige jong man wat gaan nee sê vir so ‘n mooi tannie…… nooit nie, jy gaan die talk tussen jou tjommies wees as jy by so dame reg kom…

Anoniem ·

Mnr Pearson. Jy was ook n seun en seuns van daardie ouderdom is lankal nie meer seuns nie hulle is jong manne. Dus glo ek nie daar skort enige iets met hul sielkundige welstand nie. Plaas eerder die skuld op die department van onderwys want dit is mos hulle wat die kinders leer van hoe die ding mos gedoen word so die juffie was gewillig om n fisiese les te gee en nou moet hul nie kla nie. Dit wys jou nou maar eens dat n jongman nie sy mond hou en mos loop en spog by al sy maats.

Hanlie ·

Wat sy gedoen het is verkeer en klaar. Sy het mos geweet sy speel met vuur as sy sulke goed wil aanvang. Ek kry haar Pa baie jammer, moet vir hom baie moeilik wees om in daai seuns se gesigte was te kyk en te wonder was hy nie dalk ook ‘n slagoffer van haar dade nie!

Oompie ·

Stem saam Neels…..Ek sou 30 jaar oud gewees het en steeds in Gr12!!

Tante ·

ag toe nou n 18 jarige meisie of seun het almal hormone wat hul juis op daardie ouderdom wil gebruik om te se ek is die nommer een wat daai gewilde onderwyser of onderwyseres uitgekies het as sy of haar geliefde Daar is bitter min meisies en seuns op hoërskool wat nie verlief was op n jong mooi juffrou of aantreklike meneer nie meisies sowel as seuns wat in daai situasie beland wou daar wees en het dit geniet nou dat een seun dalk afgese is deur juffie huil hy nou bose trane. Juffrou jy moes van beter geweet het jy is net so bietjie meer skuldig as daardie seuns

Skattie ·

Stem saam Neels…..Ek sou 30 jaar oud gewees het en steeds in Gr12!!

Anoniem ·

Die juffrou moes dalk van beter geweet het, maar die seuntjies is nie onskuldig nie. Duidelik n geval van ouers se geld wat die bloedtjies beskerm. Mamma en pappa se geld gaan hulle nie altyd uit die moeilikheid Kan hou nie

Oompie ·

Stem saam Neels….ek sou 30 jaar gewees het en steeds in Gr12….

SIEK ·

Ken ‘n nasie aan die redenasies van die man….
Ken ‘n volk aan die aksie van die man….
Ken ‘n generasie aan die aksie van die land se seuns….

Siek man.

hendrik ·

En as die seuns van n ander skool was en niks was met skoolaktiwiteite te make nie dan was alles goed.

Judge Judy ·

As dit nou ‘n manlike onderwyser was wat met meisies gelol het was hy lankal agter tralies, wonder maar net….?

annie ·

Ek lag te lekker vir party van die menings!! Julle is skerp!!

Adel ·

Ja nee wat ek stem saam, die seuns is beslis nie die arme ou bloeitjies wat berading nodig het nie. Die meeste van hulle is baie wulps en beslis volwasse genoeg om sulke dinge toe te laat. Dink nie daar was baie oorreding nodig om saam juffrou lelike goed te doen nie. Dink eerder dit was vir altwee partye betrokke meer pret as straf….. As dit 12 jarige seuns was, was dit ñ heeltemal ander saak, maar defnitief nie 18 jarige mans nie.

Roos ·

Van die kommentators klink vreeslik opgewonde oor die saak.
As ek die ouer van een van die seuns was, sou ek hoogs ontsteld gewees het hieroor.
Onderwysers mág nie op die manier betrokke raak by enige leerder van watter skool ook al nie. Onnies mag nie uitgaan met leerders nie.
Dit is vervat in die Gedragskode vir Opvoeders. Al het elke onderwyser nie so ‘n kode op skrif ontvang en geteken daarvoor nie, wéét jy tog dit mág nie! Die leerder se geslag, ouderdom of gewilligheid maak nie saak nie. Die onderwyser sal die skuldige een wees vanweë sy/haar posisie en hopelik hoër vlak van volwassenheid.
Dit is sedeloosheid wat doodeenvoudig nie verontskuldig kan en mag word nie.
Die seuns se “gelukkie” sal soos ‘n veldbrand deur die skool versprei en kan net nie goed wees vir ‘n leeromgewing nie.
Die juf sal moeilik weer werk kry. Sulke goed kom maar net altyd op die lappe.
Dis ook onregverdig dat die ding nou ook haar oom Nick se naam bygesleep het.
Alles wat mens doen, raak ander mense. Niks is ooit net jou eie saak nie.

Johan ·

Wonder maar net as die juffrou een van julle dogter was, en of julle seun of dogter geraak was deur die drama(vernedering vir die ouers) – of julle nog so uitgesproke sou wees. Ons het almal groen koring op die land. Dink maar voor julle julle so verlekker in ander mense se dinge.

tw ·

en oor twee maande is hulle klaar met skool. As dit dan sou gebeur het sou dit ook so erg gewees het? Ons moet nie veralgemeen nie, maar elke saak op sy eie gebeure verstaan. Maar ek dink nogsteeds hierdie Juffie was baie verkeerd. Op sig self was die twee nie verlief [ lief] vir mekaar nie, aangesien daar ander seuns ook betrokke was. Dit is n bietjie dik vir n daalder.

Hanlie ·

Sy moes van beter geweet het om dit te doen en ‘n voorbeeld gestel het as onderwyseres. Maggies, ‘n jaar getroud en sy baljaar tussen die lakens met ander seuns.

Juliet ·

‘n Jong man met ‘n goeie christelike opvoeding en hoë waardes en norme sou nie in haar web vasgevang word nie. Soort soek soort. Sy het geweet wie die swakkes is wat sy kan verlei.

HEVW ·

Ek kan my nie vereenselwig met die trant van sekere kommentare wat goedgekeur is nie.. Ek is oortuig sekere van hierdie kommentare reflekteer ongelukkig nie n gesonde opvoeding in sekere ouerhuise nie. Dit gebeur dikwels dat sekere ouers die wangedrag van hul kinders in felheid verdedig en selfs sover gaan om met hofsake te dreig. Dit vernietig nie alleen die toekoms van ondrwysers met gesonde morele standaarde nie, maar vernietig ook die nodige dissipline en gesagstruktuur van skole.

Verleiding en nou berading ·

Ek hoop dat die berading wat die seuns ontvang hulle sal help om die traumatiese gebeure te vergeet en die letsels van die vleeslike versoeking te oorkom. Sterkte aan die silekundiges en psigiaters wat hierdie onskuldige nog blosende seuns hierdeur moet kry. Eva het hulle verlei met haar rooi appels!

Tweetie ·

Mens kan seker ligsinnig of swartgallig wees oor die gedoente, maar dit is nie hoe seksopvoeding werk nie. Onderwyssers het n groot verantwoordelikheid om altyd n hoe morele standaard te stel. Waar anders gaan kinders grense tussen reg en verkeerd leer? Nerens is meer n morele kompas nie, Baie hedendaagse ouers glo in meer gemakliker lewenswyse, en laat kinders net doen wat hulle wil sonder om riglyne daar te stel. Die kerk is so verward, hulle verander gedurig hul siening. So as die skole, waar kinders opgevoed moet word ook nie n waardestelsel daar kan stel nie, wat gaan word van ons toekoms. Ek moet erken dertig plus jaar gelede het kinders ook grense getoets, maar nie tot hierdie trant wat vandag aangaan nie.

Katryntjie ·

Kyk ek dink nie een van die seuns (hoeveel okal) is onskuldig nie, ook nie die juffrou nie, maar liewe land haar arme man, moes hul sy gesig in nuus wys, kan jul dink hoe hy moet voel?

Lou ·

Wat die juffrou gedoen het is defnitief verkeerd maar dit is nie die eerste keer wat dit gebeur het nie en sal ook nie die laaste keer wees nie. Jare terug toe ek op skool was het daar ook ‘n onderwyseres (nogal ook geskiedenis gegee) swanger geraak by een van die Matriek seuns. Al verskil is daar was nie selfone en internet wat die hele wereld laat weet het nie, en niemand het berading ontvang nie. Die betrokkenes het hulle eie moeilikheid uitsorteer en aangegaan met hulle lewens.

Blondie ·

In my skooldae was daar ‘n juffrou wat al wat ‘n seun is se begeerte was. Hulle het behoorlik gekwyl. En sy was baie mooi. Een laaitie het toe by sy makkers gebrag dat hy haar gesoen het. En almal het hom gelo want hulle wens dit kon hulle gewees het.

Sarel ·

Die mense sê…. Jy kan net so lank ‘n hoender hê as vriend, dan kom daar ‘n dag wat jy hom gaan eet…..

Sarel ·

Dit was verkeerd van die skool om die onderwyser te skors. Almal laat buite rekening dat 18jarihes alreeds mondig is. Ek glo n 18 jarige is fisies in staat om homself teen n dame te verdedig. Ek wens ook almal wil ophou om hulle “seuns” te noem. N seun groei op en word n man. Al het die knape die toerusting sal hulle nooit mans wees nie. Siesa! Ons geslag was al dikwels mans genoeg op 16 om n geweer in die hand gestop te kry en dan moes jy op n grens jou land teen die vuand beskerm het. Tot vandag toe nie gehoes, poep of daaroor geskinder nie. Berading omdat hulle n aantreklike vrou se gunste geniet het? Gee hulle pienk penties.

PersHeks ·

Ek het nou sooo gelag vir van hierdie antwoorde … ek weet nie of ons samelewing net geestelik versteurd is en of uitgehonger is vir hierdie “50 shades of School” manewales nie

Erika ·

“It Takes Two To Tango” Ne..
Die Onderwyseres moes haarself Profesioneel gehandhaaf het ten alle tye-dit is n werk situasie.
Watter jong mannetjie sal nie die geleendheid benut nie vir n “Los Gelukkie ” nie
Dit sal n Ware Man vat om “Nee’ te se en te staan by sy beginsels .

WoW ·

Dit verbaas my nie eens meer dat dit gaan soos dit gaan in ons land nie. Kyk maar net na die kommentaar van heelwat wat klaarblyklik nie kan verstaan hoekom dit verkeerd is dat ‘n onderwyser/es seksueel betrokke raak by ‘n leerder. Dit wil voorkom asof die maatstaf die persoon se voorkoms of herkoms is. Dit is ‘n feit dat mense moreel verval het en met vryheid van spraak en sosiale media nou die reg en ‘n platform het om dit uit te basuin. Ja né

Weersin ·

Swak vlak van integriteit en volwassenheid as jy onbeholpe skoolseuns bykom. Nie opgewasse vir ‘n verhouding met ‘n volwasse man nie. Êrens is iets erg skeefgetrek.

Swannie ·

Siestog 30 jaar terug het die klas van ding ook gebeur maar daar was toe nie sosiale media wat dit verkondig het nie. Dit was toe reg dat 18 jariges kanonvoer kon word maar vandag knak seksuele omgang met ‘n jong vrou hulle sielkundig shame arme bloedjies.

Sweis ·

Jy slaan die spyker waaragtig op die kop Swannie.
Ek het gespyker soos n haas toe ek 18+ was. Ek dink ek gaan ook nou enige dag n sielkundige probleem ontwikkel…tik-tok-tik-tok

kryskaam ·

nou kyk n seun se hormone is kla hoog en die feit dat sy nog mooi is is sekerlik n bonus.hulle is groot mans en kon self besluit wat hulle doen die feit dat sy getroud is is die grootste nee nee hier, maar hulle is nie arme bloeitjies nie groot volwasse mans wat die reg en verkeerd ken, wat hulle net so skuldig maak , die fotos is sekerlik verpsrei deur n jaloerse ou wat te min aandag gekry het of gesoek het en niekon kry nie….tiepies mos die mens as jy nie die son sien skyn nie dan sal jy hulle vervloek….nee wat ek sou se los maar vir Magret 2 uit sy is darem mooier as die no 1…en oor paar maand is als vergete…juffie hou jou bene toe en seuns , nee man julle seker die aandag geniet ook nog…so julle is net so skuldig..

Stofkokkerot ·

As dit ‘n skooldogter was sou die laaitie geskors gewees het…. omdat dit ‘n onderwyseres is, is hy skotvry en onskuldig???

Jacques Venter ·

Wysigings aan die Wet op Seksuele Misdrywe is hierdie week bekragtig wat behels dat kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15 jaar nou wettiglik met mekaar seks mag hê.

Die aanloop tot die wysiging is al sedert Oktober 2013 in die kollig. Regter Pierre Rabie het destyds in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria beslis dat twee artikels van die Strafregwysigingswet nie grondwetlik was nie. Artikels 15 en 56(2)(b) het seksuele penetrasie tussen twee kinders (tussen 12 en 16) wat beide daartoe toestem, as onwettig bestempel.

Nadat dié artikels as ongrondwetlik verklaar en geskrap is, was die wetgewer daarmee gemoeid om die Wet op Seksuele Misdrywe te wysig.
In terme van die ou wet, sou enigeen wat seks met iemand jonger as 16 gehad het, aan statutêre verkragting skuldig gewees het. Die wysigingswet bepaal nou dat, waar twee partye toestem tot seksuele omgang, verkragting slegs ter sprake sal wees wanneer iemand ouer as 16 seks het met ‘n kind van 15 of jonger, selfs al geskied dit met die kind se toestemming.

Daar is die wet s duidelik het n ander onderwyser, of ouer, of kind wat nie n beurt gekry het nie die juffrou gaan verkla

Anton Smith ·

As oud onderwyser weet ek waartoe 18 jariges instaat is!!Waar is die regte toesig oor die dames??

KOOSMAN ·

En die seuns wat nie geraak is nie ? Hulle is nou glo baie kwaad !!!

Andrew ·

Hoekom het my juffrouens nooit HIERDIE tipe praktiese klasse aangebied nie?

Bamsie ·

Sy is seker n nimfomaan. Darem nie reg om semi naak foto aan jou leerlinge, (maak nie saak hoe oud) te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.