Seksskandaal by skool: Só bevind ondersoek

Fiona Viotti

Bishops College in Rondebosch, Kaapstad, het Fiona Viotti, ʼn voormalige onderwyseres by dié spogskool, aan seksuele wangedrag skuldig bevind.

Viotti het op 11 Oktober bedank nadat dit aan die lig gekom het dat sy glo ʼn verhouding met ʼn skoolseun gehad het. Viotti was die skool se waterpolo-afrigter.

Guy Pearson, hoof van die skool, het in ʼn verklaring gesê die ondersoek wat die skool na die bewerings gelas het, is afgehandel en ʼn gedetailleerde verslag is in dié verband ontvang.

Daar is onderhoude met die betrokke partye gevoer, maar volgens Pearson het Viotti geweier om ʼn onderhoud met die ondersoekers toe te staan of skriftelik daarop te reageer. Viotti se regsverteenwoordiger het die skool vroeër verwittig dat sy kliënt haar volle samewerking met die ondersoek sal gee.

Die ondersoek het bevind dat Viotti haar tussen 2013 en 2019 aan seksuele wangedrag met minstens vyf leerlinge skuldig gemaak het. Daar kon egter nie met sekerheid vasgestel word aan wie sy pornografiese video’s of foto’s gestuur het nie. Van die foto’s en video’s is op sosiale media versprei.

Volgens die ondersoek kon daar geen inligting gevind word wat daarop dui dat die skool bewus was van enige seksuele wangedrag met leerlinge nie. Pearson is eers op 10 Oktober van die bewerings ingelig.

Daar is bevind Viotti het strydig met die skool se gedragskode vir onderwysers en die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders se kode vir professionele etiek opgetree.

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Volgens Pearson kan daar egter nie tugstappe teen Viotti gedoen word nie aangesien sy op 11 Oktober reeds met onmiddellike effek bedank het.

“Die ondersoekers het egter die skool ingelig van sy plig om dit by die toepaslike owerhede aan te meld. Die skool gee sy samewerking aan die owerhede in dié verband.” Die skool het ook die seuns wat geraak word se ouers ingelig van hul regte en verantwoordelikhede in dié verband.

Die skool se verskillende beleidsbepalings is hersien en daar is bevind dat die nodige beleid en prosedures bestaan om aandag te gee aan sake van seksuele wangedrag en dat die skool alle redelike stappe gedoen het in dié verband.

Pearson het gesê die skool sal al die bevindinge en aanbevelings van die verslag oorweeg ten einde die skool ʼn veilige omgewing vir leerlinge en onderwysers te maak.

“Ons is baie hartseer oor wat gebeur het en bly daartoe verbind om die geestesgesondheid en welstand van almal wat geraak word te verseker. Gegewe die feit dat die gebeure leerlinge raak wat tans nog by die skool is, sal geen verdere besonderhede rakende die bevindinge van die ondersoek openbaar gemaak word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Spike ·

Die seuns het dit gesien as ñ prestasie en wou daarmee spog, maar wat ñ les toe vir almal.

xyz ·

Baie, baie skoolseuns was in dieselfde posisie as hierdie in die verlede.

DG ·

SPREUKE 11:22
Die skoonheid van ‘n vrou sonder oordeel is soos ‘n goue ring aan ‘n vark se snoet.

Sasha ·

Dit gaan in skole so, omdat kinders van die nuwe era nie meer respek vir geen onderwyser of ouer het nie. Vandag is die ouers/onderwysers bang vir die kinders en nie anders om nie.

Eben ·

Opvallend dat die dame uitmekaar geskeur word deur die media. Wat is die name van die rammetjies wat haar misbruik het? Hoekom moet haar naam genoem word en hulle stap weg? Hulle is net so skuldig soos sy en nie een sot sal opstaan en ook jammer sê vir sy aandeel. Dit wys ook natuurlik watter tipe kind(ers) hulle is en was

Nederkaner ·

Victim blaming. As dit meisiekinders was en die onderwyser ‘n man sou jou liedjie anders klink. Sy is die volwasse in die verhaal.

Adriaan ·

Op 18 het ek presies geweet wat ek doen. Trouens kon ek weermag toe en daarvandaan polisie toe. Myns insiens was daar 2 toestemmende volwassenes en is daar geen saak nie. ‘n Man wat “kiss and tell” was nog altyd vir my swak materiaal, tensy hy minderjarig was of verkrag is.

Gaitsigubib ·

Ek is woedend omdat ons skool nooit waterpolo aangebied het nie. Ek kan nie swem nie maar ek sou vinnig leer.

Sjoe ·

Ek het ook nooit geleer waterpolo speel nie. Dalk kan sy nou dat sy haar werk kwyt is n privaat klub begin. ???? Ek begin Dan sommer vandag polo speel.

Sjoe ·

Ek het ook nooit geleer waterpolo speel nie. Dalk kan sy nou dat sy haar werk kwyt is n privaat klub begin. ???? Ek begin Dan sommer vandag polo speel.

Feite ·

Seuns, dogters, mans en vrouens het almal begeertes , maar nie almal sit met die gebakte pere nie, want daar is n tyd en n plek vir dit! Die geheim van die lewe gaan oor balans in die lewe van menswees! Diegene sonder balans moet nie net geoordeel word nie, maar moet gehelp word, want die lewe eindig nie met so n misstap nie, nie vir die onderwyseres nie, en beslis ook nie vir die seuns nie!

Se net ·

A girl in matric dated a 17 year old boy in matric and was sexually groomed by him. This very same boy told her he wanted a Godly relationship, respects her, respects her boundries. He is a youth leader at a church. His parents said he made a mistake, after all he is just human. So the girl is left traumatised because sexual abuse makes a boy “just human”. So with parents like this protecting their boys and not letting them be accountable what else can we expect. Young boys at school level are aggressively persuing girls and adult woman. I do not condone what this teacher did, but then anyone that knows how some boys are acting with no consequence will be able to see that anyone at any age can be a victim. The perpetrators also have no minimum age it would seem.

Die skoolklok het gelui ·

Hoop dit is nou ‘n waardevolle skoolles vir almal. Moet nie in die water of uit die water Polo nie.

GP ·

Waarom die vrou so verneeder. Sy is ook maar net mens en reeds haar werk kwyt. Sterkte aan die dame.

Die Dinge en Ander Dinge van die Mens ·

Kyk nou net. In al wat ‘n koerant is. Los mekaar se goete tydens skoollesse uit!!

Spyker ·

Toe ek op skool was moes die manne wat ‘nie gekry het nie gaan ver berading….

SjN ·

Na 40 jaar al klaar met skool sal ek graag wil terug gaan onder die omstandighede.

Sjoe ·

Haha ja ek stem! Maar net as ek in haar klas kan wees. Is daar dalk erens waar ek my nommer vir haar kan los?

Nog van die ou soort ·

Ek dink dit gebeur meer as wat ons besef. Daar is ‘n generasie jongmense wat nooit tuis geleer is van grense en repekvolle afstand nie, wat nou mekaar se opvoeders en leerders in dieselfde skole is. Verkeerde grondslag = resep vir nog baie sulke gevalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.