‘Seksslaaf’-stiefpa hoor oor borgtog

Die stiefpa tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: Reaction Unit South Africa (Rusa))

Die skare buite die Verulam-gesinshof in KwaZulu-Natal het Vrydag gedans en gedreunsing toe die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy stiefdogter 900 keer oor ʼn tydperk van vyf jaar verkrag het, borgtog geweier is.

Landdros Irfan Khalil het gesê die man, wie se naam nie bekendgemaak kan word nie om die identiteit van sy kind te beskerm, het nie daarin geslaag om te bewys dat daar buitengewone omstandighede bestaan hoekom hy op borgtog vrygelaat moet word nie.

Beskuldigdes wat op ʼn skedule 6-aanklag tereg staan moet buitengewone omstandighede bewys voordat borgtog toegestaan kan word.

Khalil het gesê dit is ook waarskynlik dat die man sal probeer om die verhoor vry te spring en die slagoffer sal intimideer.

Die 43-jarige werktuigkundige word aangekla van verkragting, seksuele gereedmaking, die blootstel van ʼn kind aan pornografie en seksuele aanranding.

Daar word beweer dat die kind, wat tans tien jaar oud is, sedert die ouderdom van vyf jaar verkrag is. Sy is tans in ʼn plek van veiligheid. Die man ontken die bewerings en het aangedui hy is van plan om onskuldig te pleit op al die aanklagte teen hom.

Die hof het tydens borgtogverrigtinge gehoor die man het ses maande gelede saam met die kind van Johannesburg na Verulam verhuis. Die kind het in Johannesburg laas skool bygewoon. Haar biologiese ouers is albei oorlede.

Die saak het onder die polisie se aandag gekom nadat die meisie deur haar stiefpa aangerand en uit die kamer wat hulle gedeel het gejaag is. Sy het na een van die bure gegaan en daar vertel wat met haar gebeur.

Die beskuldigde sal in Augustus weer in die hof verskyn deur middel van ʼn regstreekse video uit die Westville-gevangenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dimpletjie ·

Voel so jammer vir die kind mag die here jou net voorento beskerm

Gesiggie ·

900 keer… oor n tydperk van 5 Jaar… goeie genade tog, wat n monster , die arm dogter.. sy was seker gedreig om stil te bly, dalk omgekoop…wat moes die kind nie als deurmaak..vandat sy 5 jaar oud was het hierdie man haar verkrag… nou wil hy als ontken?? hoekom sal n kind van 10 jok oor so iets.. en sy naam mag nie bekend gemaak word.. moet nie warry te veel mense van Verulam weet van jou, jy beter maar sorg dat jy eerder in die Tronk bly, want soos jy 900 keer hierdie kind verkrag het, sal jy Mnr verkragter.. 900×900 gestraf word… ek hoop die dogter sal veilig gehou word, sodat die Stief Pa… nie weer 100 meter naby haar sal kan kom… SIEK MAN

Uuhhhmm ·

Uuhhmm, gee vir hom n saag & padkaart vir Renosters stroop naby Port Alfred. Die Leeus aan diens weet wat om met n gewetenlose te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.