Seksuele aanrandingsaak teen radio-aanbieder laat vaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak van seksuele teistering, teen ʼn voormalige aanbieder van ʼn radiostasie in Port Elizabeth, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof terugtrek.

Die man (36), wat ʼn aanbieder by ʼn kontemporêre Christelike radiostasie was, is in Augustus verlede jaar by sy werkplek in hegtenis geneem, nadat hy na bewering ʼn vrou (22) herhaaldelik geteister het en glo oor die telefoon gedreig het om haar seksueel aan te rand.

The Times het destyds berig dit is die eerste inhegtenisname van sy soort in die stad vir seksuele teistering waar geen fisiese kontak of aanranding betrokke was nie.

Die voormalige aanbieder het tereggestaan op ʼn aanklag van seksuele aanranding en is deur William Booth, ʼn bekende prokureur van Kaapstad, verdedig.

Booth het ná die hofverrigtinge aan African News Agency (ANA) gesê op grond van die bewyse was daar geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging nie.

“Hulle het nie op meriete ʼn saak gehad nie. Gegrond daarop en my vertoë, het hulle besluit om die saak terug te trek en dit is die einde van die saak,” het Booth gesê.

“Die saak het ʼn groot uitwerking op my kliënt gehad. Dit was op die hofrol vir ʼn lang tyd en het hom en sy familie finansieël en emosioneel ontwrig. Die bewerings wat op die klagstaat verskyn, wat sommige koerante gepubliseer het, is heeltemal onwaar.”

Die man, wie se naam nie genoem mag word nie, aangesien die aanklagte van ʼn seksuele aard was, wou nie oor die saak kommentaar lewer nie. Volgens sy Facebook-blad wil dit voorkom of hy nou betrokke is veldtogte onder die vaandel van #NoViolenceAgainstWomen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaques ·

Ok, moet my nou nie verkeerd opneem nie, maar die saak is nou een voorbeeld van hoe enige vrou deur bloot net die “sing” by die naam te noem, ‘n man se lewe omver kan werp.

Ek voel regtig jammer vir beide partye in die saak.

Buitestander ·

Hier is dit duibelik dat die ondersoek beampte nie behoorlik sy werk verrig het bie, óf hulle wou die man ‘n les leer.

Onthou dit ·

So was hierdie ou my vrou se baas by die werk en het hy gereeld oor ‘n christelike radiostasie oor sy christenskap getuig. By die werk het hy dit vir haar só moeilik (nie seksueel) gemaak dat sy bedank het sonder ‘n pensioen. Vir die res van haar lewe het sy daaronder gebuk gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.