Seksuele aantygings by spogseunskool ondersoek

Parktown Boys’ High School. Foto: Via Facebook

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat hy bewus geraak het van klagtes oor beweerde seksuele misbruik by ʼn prominente seunshoërskool in Johannesburg.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde, ʼn 22-jarige studentewerknemer by Parktown Boys’ High School, is in November verlede jaar in hegtenis geneem nadat die man glo ʼn 15-jarige seun in die koshuis se sitkamer onbehoorlik aangeraak het. Die beweerde aanranding is deur veiligheidskameras by die skool opgeneem en het sodoende onder die skoolbestuur se aandag gekom.

Die beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook waterpolo afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het.

Die beskuldigde het dissiplinêre stappe vrygespring deur uit sy pos by die skool te bedank kort nadat die beweerde oortredings aan die lig gekom het. ʼn Strafregtelike aanklag is egter ingedien en hy is in hegtenis geneem.

Hy is ʼn maand later op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy staan tereg op aanklagte van seksuele gereedmaking, seksuele aanranding en aanranding. Die saak word Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof hervat.

“Die departement is baie bekommerd oor die bewerings van seksuele misbruik by Parktown Boys’ High School nadat die departement deur ʼn Sondagkoerant daarvan bewus gemaak is,” het Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Die departement beskou aanklagte van seksuele misbruik in ʼn ernstige lig en het sy eie ondersoek oor die bewerings van stapel gestuur.”

Bodibe het gesê die voorval is nie formeel deur die skool by die departement aangemeld nie. “Die departement het eers hiervan uitgevind nadat die kwessie openbaar gemaak is. Die versuiming van die skool om hierdie ernstige bewerings aan te meld blyk soos ʼn poging om die kwessie onder die mat in te vee.”

Volgens Bodibe sal die departement se ondersoek onder meer die omvang van die beweerde seksuele aanranding vasstel, asook waarom die skool glo versuim het om dit by die departement aan te meld.

“Enige onderwyser wat skuldig bevind word aan dié soort wangedrag, moet ontslaan word aangesien hulle die plig om kinders in hul sorg te beskerm, verontagsaam.”

Bodibe het gesê hoewel die departement die hangende hofprosesse respekteer, beamptes Maandag die skool sal besoek as deel van hul ondersoek om vas te stel of enige verdere stappe gedoen moet word.

Retha Adendorn, ʼn verteenwoordiger van die skool se beheerliggaam, het ná die beskuldigde se vorige hofverskyning in Maart aan African News Agency (ANA) gesê nadat die beweerde seksuele aanranding aan die lig gekom het, het die skool ouers en studente by die skool aangemoedig om na vore te kom en die skool te help met bewyse teen die studentewerknemer. Adendorn het gesê die skool verskaf berading aan almal wat deur die saak geraak word.

Meer as 20 kinders, tussen 15 en 16 jaar oud, het glo sedert die man se inhegtenisneming na vore gekom en ongerymdhede aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pompies ·

Meer as 20 kinders het na vore gekom en die skool het dit nog nie by die onderwys departement aangemeld. Dit wil voorkom of die aangeleentheid geheim gehou wil word. Hoeveel kinders se lewens wil die skool nog verwoes voordat daar ingegryp word.
Ons lewe nie in die donker eeue waar sulke wreedhede weg gesteek word, maak dit openbaar, dit is 2017.

opvoeder ·

oarktown Johannesburg… verdomp daar is honderde mans wat sou smeek vir daardie onbehoorlike aanraking. hoekom moet dit altyd n kind wees? vir die res, onderwerp hulle aan k
leuenverklikker toetse. hulle gaan naweke huis toe. hoekom het nie een enkele seun die onbehoorlike aanraking onder hulle ouers se aandag gebring nie? hy is ook n jongmens wat deur vleislus sy toemkoms verongeluk het. moet dit asb nie in nog n “afro-storie” laat ontaard nie.

koos ·

kan iemand my inlig wat behels die misdaad van seksuele gereedmaking?

Hendrik Cloete ·

Ek probeer al van maart af iemand kry om ondersoek in te stel na 6 seksuele misdrywe by n skool in die Weskaap . Orals waar ek gaan blok almal dit . Tussen in sit een van die meisies wat verkrag is nog steeds by die huis en niemand doen niks nie . Die ouers moes alles doen . Ek sal die hele storie met graagte aan n joernalis gee . Die ouers is al finansieel uitgebrand deur dit . Die kind se lewe is verwoes en sal seker op medikasie vir die res van haar lewe wees . Sy is maar 14 jaar oud .

la petit ·

die mees logiese plek om te begin, sou die sapd gewees het. as kinder beaker king seen he is in julle distrik nie opgetree get nie, gaan na volgende en volgende polisie stasie. kry vir lesufi. die welsyn. du
ie cmr.

naomi ·

Opvoeder – wil net se: as kind is ek ook seksueel betas of wees reguit, gemollesteer. As mens so iets oorkom, is dit nie n grappie wat jy sommer met iemand wil deel nie…elk geval, in my geval,was baie mense daarvan bewus, dit met hule eie ogies gesien, maar eerder ander pad gekyk – gemaak of hulle my in die situasie nie raaksien nie. En toe ek wel later met my ouers direk daaroor praat…toe word ek die een wat oortree het, al was ek net 15 en die molesteerder amper 30!! dis n fight wat mens maar alleen fight, min mense wil die waarheid face, en min ouers wil die verleentheid deurgaan om n skoonseun of familie lid aan te vat…want hulle worry meer oor wat die mennse sal se, as wat hulle worry oor wat hul kind gaan se omdat hy of sy in die steek gelaat is….hartseer maar dis die waarheid

naomi ·

Die waarheid is: ouers en kinders het nie n oop verhouding met mekaar nie, kids het nie vrymoedigheid om sulke goed te bespreek nie, want baie ouers sal eerder hulself die verleentheid spaar om in die kollig te wees oor dit as om hul kids se stille noodkreet raak te sien en te besef daar is fout. Ouers, kom by en spandeer tyd saam jul kids, let op na stiltes en gedragspatrone!!! Ek weet, want ek self is daar deur, as n ouer net oplet, sal hy sien daar is fout.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.