‘Seksuele teistering’ teen ANC-woordvoerder ondersoek

Pule Mabe, ANC-woordvoerder. Foto: Facebook

ʼn Storm woed om die kop van Pula Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, nadat ʼn intern by die party hom van seksuele teistering beskuldig het.

Die ANC het Maandag in ʼn kort verklaring bevestig dat ʼn klag verlede week by sy hoofkantoor aanhangig gemaak is. ʼn Griewepaneel is op die been gebring en die saak sal na verwagting in die week aangehoor word.

“Totdat die interne prosesse afgehandel is, sal die ANC nie kommentaar lewer oor die gronde van hierdie bewerings nie,” lui die verklaring.

Dit het egter reeds in die media uitgekom dat Mabe se 26-jarige persoonlike assistent die klagte teen hom gelê het. EWN berig die vrou het ʼn brief van 14 bladsye aan Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, geskryf waarin sy om ingryping pleit.

Die vrou beweer Mabe het haar op minstens twee geleenthede seksueel geteister en dat hul werksverhouding versuur het toe sy hom weggewys het. Volgens EWN beweer die vrou onder meer Mabe het haar hotelkamer in die middel van die nag binnegekom, op suggestiewe wyse aan haar gevat en tydens ʼn ANC-geleentheid daarop aangedring om in haar hotelkamer te werk.

Sy beweer nadat hul werksverhouding versuur het, is haar postitel verlaag en haar salaris verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

Stem saam, normale optrede is nie strafbaar en ook nie nuuswaardig.

Daan Erasmus ·

Ek wil my nie uitspreek oot sy skuld of onskuld nie. Maar daar is 2 faksies in die ANC. En hierdie klag is ‘n kragtige wapen om iemand te neutraliseer. Dit het al voorheen gewerk.

christ ·

dis altyd die anc mense wat so korrup is, wat dit ook al is waaroor dit gaan.

zoom zoom ·

Hoekom het sy nie ‘n klagte by haar naaste polisie stasie gaan maak teen die persoon nie. Hoekom by die anc wat hom net gaan waarsku en haar uit die party gaan skop. Verstaan nie hoe hulle operate nie

Geregtigheid ·

Die ANC sal hom beskerm soos die geskiedenis ons leer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.