Seksvoorligting: ACDP ‘slaggereed’ om hom na hof te wend

Angie Motshekga. Foto: Jacques Naude/ANA

Die ACDP sê hy is gereed om hom indien nodig na die Konstitusionele Hof te wend rakende die departement van onderwys se benadering oor omvattende seksualiteitsonderrig, algemeen bekend as CSE.

Eerw. Kenneth Meshoe van die ACDP het Donderdag gesê Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, is ‘behep’ met die onderrig van eksplisiete seksuele inhoud by skole en moet eerder onderrig in syfers, geletterdheid en wetenskap prioritiseer.

Dit volg nadat berigte aan die lig gekom het dat Motshekga na bewering onderwysers wat nie onderrig in CSE in skole wil gee nie met dissiplinêre stappe gedreig het.

“Dit is ongrondwetlik en daarom ’n ydele dreigement,” het Meshoe Donderdag gesê.

Volgens Meshoe sal die ACDP nie skroom om hom na die Konstitusionele Hof te wend nie.

Hy het gesê die ACDP wil die minister daaraan herinner dat artikel 15 van die Grondwet die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en mening waarborg.

“Die ACDP hou vol dat die onderrig van ’n kind oor seks primêr die verantwoordelikheid van ouers is en dat die minister geen wettige reg het om die wense van ouers te ondermyn nie,” het Meshoe gesê.

Hy het ook gesê die algemene sekretaris van die nasionale vereniging van skoolbeheerliggame (NASGB) beweer die departement het nie met hulle oorleg gepleeg oor die nuwe CSE‑kurrikulum wat vanaf 2020 in skole geïmplementeer moet word nie.

“Die ACDP sal aanhou baklei vir die regte van ouers om te besluit of hul kinders eksplisiete CSE in skole moet leer of nie. Die ACDP sal nie huiwer om hierdie saak na die Konstitusionele Hof te neem indien nodig nie. Ons glo dat Suid-Afrikaanse kinders aan hul ouers behoort, nie die staat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Marianne ·

Ja! Dankie vir die ACDP – ek ondersteun ook die ACDP
En ek stem met Rev Meshoe dat Angie behep is met die onderwerp – sy vergeet dat ons kinders sukkel om te lees en skryf.

Hetmari ·

Dankie ACDP julle is voorwaar mense met integriteit en staan vas in wat jul glo!! Mag julle geseënd wees vorentoe :: julle het my stem!!

Johan ·

Stem 100% saam! Dit is verskriklik dat ons kinders aan sulke gemors blootgestel moet word! Waar is die dae toe kinders net nog kinders was….?

Pieterd ·

Dit is kommerwekkend dat onderwysers met ‘n gewete met dissiplinêre stappe gedreig word. Al is dit ongrondwetlik, wat word van so ‘n onderwyser se loopbaan en bevorderingsmoontlikhede?
Dit help nie om die regering/onderwysowerhede te dreig met regstappe as hulle onderwysers onregmatig benadeel nie. Die leerplan moet gestuit word voordat dit implementeer word.

Dr Phil ·

Hierdie is nou een saak wat ALLE Suid – Afrikaners behoort te ondersteun: CSE is uit die bose en het ‘n sinister doel, basis en oorsprong. Dit klink miskien oordrewe wat ek hier skryf, maar doen gerus navorsing oor dit.’ n Goeie beginpunt om jou self te bemagtig, is ‘n dokumentere film oor die walglike meesterbrein agter alles, Alfred Kinsey, wat met behulp van’ n klomp pedofiele se noukeurige aantekeninge oor hul molestering van kinders, sy boeke geskryf het. Dit wys ook hoe die Amerikaanse regering, regslui, akademici, media en skoolsisteem vir sy leuens geval het en abnormale seksuele gedrag begin goedkeur het. Die naam van hierdie lywige dokumenter is: “Th Kinsey Syndrome” en is beskibaar op YouTube.
Vra jou self af : wil ek my kinders werklik laat onderrig oor seks deur gebruik te maak van die geskrifte van ‘n siek homoseksuele pedofiel? Wil ek toelaat dat die Department van Basiese Opvoeding hierdie gemors in ons kinders se koppe prop? Hier is GEEN goue middeweg nie: ondersteun CSE en vernietig ons kinders se waardes vir altyd… OF… staan dit teen en beskerm hulle teen hierdie aanslag.
Elke ouer, beheerliggaam en onderwyser sal hieroor verantwoording moet doen: wat het jy gefoen om ons kinders teen hierdie euwel te beskerm.
Die tyd vir ligsinnige praatjies en leunstoelkommentaar is vir goed verby. Die onderwysdepartement is besig om met alles wat hulle het, die slagordes op te stel in die aanslag teen ons kinders.

Corne ·

Al wat ek kan se is my twee dogters sal nie so klas bywoon nie maak nie saak wat hulle se nie. Dit hoort nie in skole nie, dan kan hulle netsowel pornografie begin wys by skole. Wat gaan deur die vrou se kop, Slaag syfers van Wiskunde ook nou 20%, sy hoort nie in daai pos nie.

Geregtigheid ·

Sy wil sorg dat daar genoeg ANC stemmers geskep word. Dit is al hoe hulle aan bewind gaan bly !!!!

Suzette ·

Dit is my kinders en ek besluit oor hulle. Die amtenare wat meen dit is nodig, en nie self hul ouerlike plig kan uitvoer nie, kan maar gerus in hul peetjie vlieg.

Peter ·

Ek stem saam – plaas dat sy na al die ander vakke en druipsyfer kyk.

AmY ·

Onnie, dis skokkend. 1% om Wiskunde te ‘kan slaag?!’ Wat is volgende? Afrikaans en Engels?
Ek staan ook 100% agter die ACDP.

Stellie ·

Dankie Kenneth Meshoe, nou het ek nog meer respek vir jou gekry.

John ·

Elke nuwe gier, top of the range, wil die ANC invoer, maak nie saak wat nie. En hulle gaan nie stop wat ookal nie. Die huidige groot show glo teen geweld teen vroue en kinders is presies die teendeel van die verkondiging van seksualiteit teen elke koste wanneer, waar, wie en hoe. Die minister en haar trawante het sinistère weird koppe. En nou moet die verwoede grondwethof, die grondwet laat geld. Wat sou dit in diè siek geval wees?

Anne-Marie ·

Mense….dalk weet sy self nie, en moet self die klasse bywoon !!!! :-)

Kobus ·

Ek sal ook nie my kind die klasse laat bywoon nie. Die ANC moet eerder hul aandag aan al die bedrog en stelery wat plaasvind daaraan bestee.
Los ons kinders uit, ons sal hulle leer wat hulle moet weet

Dr Phil ·

Dankie vir ACDP, maar dis nie net hulle wat iets kan doen nie. ELKEEN van ons kan hierdie euwel teenstaan deur onomwonde NEE te se vir CSE en ons afkeur en walging in CSE wyd en syd te verklaar. Ondersteun die onderwysers wat in ‘n moeilik posisie geplaas word deur die DBE se beleid.

Lollie ·

Hulle is so behep om die kinders van seks te leer en kyk maar vandat dit op skool gegee word hoeveel verkragting en tienerswangerskappe is daar.
Leer liewers weer die kinders ń ambag, naaldwerk en kookkuns op skool dan sal daar minder werkloosheid wees want hulle kan entrepeneurs word. Meer vrouens kan beter na hulle gesin omsien want hulle kan kos maak en sorg hulle klere netjies lyk. Hopenlik is daar dan minder mense, mans en vrouens, wat hulle langbroeke flenters trap.
Leer hulle iets positiefs en kreatiefs dan sal minder kinders, wat dalk ń talent het, voor ń TV of rekenaar grootword.

Chrisjan ·

Presies die rede waarom ek die laaste twee verkiesings my X agter die ACDP se naam gevoeg het.

skurweberg ·

Daar is twee sake wat my bekommer: Is daar ‘n moontlike verband tussen CSE en die feit dat kinders nie meer ‘n geboortesertifikate nodig gaan he wanneer hulle inskryf nie. Toevallig, nee ek dink nie so nie. Ouers moet maar self die kolletjies begin verbind. Daar is lank reeds ‘n onsigbare mag aan die werk wat probeer om alle moreel-etiese kodes te vernietig en hy gebruik mense en onbeheerde tegnologie as instrumente om dit te doen. Die geestelike weerbaarmaking van ons kinders tuis kry ‘n nuwe dringendheid en ‘n daadwerklike poging van alle Christene wat nie met geestelikeblindheid getref is om saam te beplan vir ‘n verantwoordbaarheid wat ons nie mag ignoreer nie. “Veg en Bou” Die beleidmakers bly reaktief optree, sonder om die noodwendige konsekwensies te verreken. Dit is onverantwoordelik en ‘n duidelike offer aan ‘n ander gees wat hulle dryf.

Catherinem ·

Children go to school to learn three r,s….old school language…reading writing, arithmetic…NOT about this rubbish. Parents who do not inform their children about certain aspects of sex….their indaba.. I as teacher REFUSE to teacher my learners this filth…because that is what it is.Some of us do have values!

Anoniem ·

Gee my een goeie rede hoekom seksvoorligting in skool ingebring moet word. Voed jou kinders van kleins af ordentlik op en dit is nie nodig nie. Opvoeding begin by die huis en nie die skool nie!!!!

Frik ·

CSE sal geïmplenteer word, nes NGV en grondonteining. Ons kan maar skop en skreeu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.