Seksvoorligting: Vergadering met departement ‘teleurstellend’

(Foto: pixabay)

Die organisasie Freedom of Religion SA (FOR SA) het gesê die vergadering vandeesweek tussen die departement van basiese onderwys en tradisionele- en godsdienstige leiers was uiters teleurstellend.

“In plaas van ʼn betekenisvolle gesprek was dit ʼn forum om die godsdienstige gemeenskap te veroordeel as ‘konserwatief, ʼn dwarsboom en ongeloofwaardig’,” het Michael Swain, uitvoerende direkteur van FOR SA, in ʼn verklaring gesê. “In plaas daarvan om ʼn gesonde dialoog aan te moedig om perspektiewe te deel en ʼn middelgrond te vind oor die omstrede omvattende kurrikulum vir seksualiteitsonderrig, het die vergadering begin met ʼn neerhalende toespraak van dr. Granville Whittle (adjunk- direkteur-generaal van die departement van basiese onderwys). Hy het die geestelike leiers daarvan beskuldig dat hul vals nuus en homofobie versprei en versuim om die inhoud van die kurrikulum te lees.”

Swain het gesê ongeag dat dié uitlatings vals is, was dit duidelik eenvoudig ʼn inligtingsessie met die boodskap “kom aan boord of anders …”

“Die departement en Unesco het ook ʼn groot groep jeug- en niewinsgewende aktivistiese organisasies genooi wat baie luidrugtig was in hul ondersteuning vir die departement se kurrikulum en veroordelend van die geestelike gemeenskap. Dit is ondanks die feit dat die departement se uitnodiging dit duidelik gestel het dat die vergadering slegs met geestelike en tradisionele leiers sou wees. Talle geestelike leiers wat versoek het om die vergadering by te woon, moes hoor dat daar nie plek is vir hulle nie.”

Swain het bygevoeg die departement het dit ook duidelik gemaak dat hulle glad nie van voornemens is om van plan te verander nie. “Daar was geen onderneming dat hulle met ʼn proses sal begin wat tot die wysiging (of onttrekking) van die huidige voorgeskrewe lesplanne sal lei nie. Daar was ook geen bevestiging dat hulle die huidige loodsweergawe sal opskort nie, ondanks die feit dat daar geen betekenisvolle gesprekke was met ouers, skoolbeheerliggame, onderwysers of onderwysersvakbonde nie. Die departement het bloot sy vorige posisie benadruk dat die voorgeskrewe lesplanne, sodra die loodsfase afgehandel is, nasionaal uitgerol sal word en as ʼn verpligte vak aangebied sal word aans die meer as 12 miljoen leerders in openbare skole van graad R tot 12.”

Die departement het glo ook bevestig dat daar nie ʼn keuse sal wees vir ouers wat nie met die voorgeskrewe lesplanne saamstem nie en hul kinders dus nie wil blootstel aan die kurrikulum nie. “Dit is duidelik ʼn oortreding van die departement se eie beleid, wat bepaal dat ouers die primêre opvoeders is van hul kinders met die reg om gekonsulteer te word en hul kinders op te voed volgens hul waardes en in wat hulle – as ouers – glo die beste belang van hul kinders sal wees. Versoeke deur Islam-skoliere om inhoud voor te lê wat dieselfde uitkoms sal hê as die CAPS-kurrikulum, is ten sterkste verwerp. Die enigste alternatief wat die departement aan ouers bied is om hul kinders uit die openbareskoolstelsel te onttrek en hulle privaat te onderrig – óf in privaat skole óf deur middel van tuisonderrig – op eie onkoste.”

Swain het gesê alhoewel daar beslis ernstige probleme is wat betref tienerswangerskappe, MIV en seksuele mishandeling, is die departement se onwrikbare benadering van ‘een grootte pas almal’-oplossing “uiters omstrede”. “In teenstelling met vakke soos wiskunde, is dit nie moontlik om seks- of seksualiteitsonderrig aan te bied sonder om waardes by die die inhoud in te bou nie. Die departement se benadering en posisie plaas hom duidelik op ʼn botsing met talle Suid-Afrikaanse ouers wat dit beskou as ʼn gevaarlike vorm van indoktrinasie deur die staat. Sonder dialoog en kompromie wil dit voorkom of siviele betoging die enigste opsie is wat oorbly om beswaar aan te teken – en die skuld lê vierkantig op die departement se skouers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johan ·

Hier kom nog groot probleme….. Die Onderwys owerheid het ‘n ongelooflike ongenaakbare houding teenoor diegene wat nie saamstem nie. Die verset sal beslis toeneem. As duisende onderwysers, ouers en leerders weier om deel te neem, sal hulle tog nie tronk toe gestuur word nie. Hulle moet net saam staan……

Frik ·

In ‘n afgestigde gebied sal daar nie sulke twak in kinders se kele afgedruk word nie. Maar nou ja, duidelik het Afrikaners hul lot aanvaar. Suig maar op wat die regering jou bied.

Gaitsigubib ·

Ek sekondeer. MM laat weet ons asseblief in tyd wanneer ons kan gaan staak.

Cauin ·

Openbaring 18:4 . Se Gaan uit haar uit my volk , sodat julle nie van haar peste en plae ontvang nie . Verskoon eie vertaling/parafrase . Lees eerder self
As jy nog in n kerk is – is jou kinders nog in n skool .

Cuda ·

E-tol is waar hy is as almal saam staan. Hierdie tipe boelie taktiek spreek niks goeds nie…..

Johan Venter ·

Redakteursbrief: Klop vrees vir 2020 reeds aan jou deur? Dit vra Maroela se redakteur in die opskrif van haar skrywe nou die dag. My eerste gedagte toe ek dit sien was, nee, verseker nie, maar dit is nou maar 25 Januarie en as ek na die optrede van die ANC regering kyk en al die berigte lees van hoe hulle al meer die rug styf maak oor hul onkunde wat hulle glo reg is, geen visie het nie en halstarrig voort beur, raak ek nie benoud nie, nee nou raak ek werklik bang, baie bang, want mens lees ook hoe hulle redineer, oor Ramaphosa wat nie werklik visie het nie en nie voor loop nie maar die ander volg.

René Joubert ·

So die godsdienstige gemeenskap word nou veroordeel? Maar ek dag dan die amptelike syfer wat ons nou en dan in die media lees is dat 80% van alle Suid-Afrikaners is Christene.

Iets rym nie, hoe is daar by die % uitgekom?

Ann ·

Die probleem is groter as wat ons dink. Ek het ñ vriendin wie se dogter seksueel aangerand is, en die nuwe sogenaamde leerplan gaan ou wonde oopkrap.
Dankie Vader dat my kinders se skool weier om dit te behandel.
Plaas dat hulle eerder die kinders leer swem. Hoeveel kinders is die afgelope 2 weke dood aan verdrinking?

JohanR ·

Hoekom nog probeer praat met enigeiemand van die ANC. Hulle is ALTYD reg, al is hulle verkeerd!

René Joubert ·

Waar is al die kommentare, of braai almal vleis om weg van die ANC te kom? Ek sien doer onederkant my huis trek so ‘n Engelse rokie.

Anel ·

Komunisme. Maak soos ek sê of… Ek het nie meer kinders op skool nie, gelukkig, maar as ek die skool of die onderwyser was, sou ek daardie les oorgelaan het. Ek sou dit ook vasgekram het tensy die hele vak net oor seksvoorligting gaan. Ouers moet dit nie so gelate aanvaar nie. Môre word die kinders geleer dat toordokters die enigste geneesers is en wat se ander bog nie. Pleks die kinders iets leer wat hulle lewens in die toekoms kan verbeter.

Lindie ·

En sterf “demokrasie” dag vir dag. En tirannie en die wense van die meerderheid seevier. Met intimidasie moet dinge geforseer word. Hoe kan mens iets beter verwag?

Janna ·

Soos die een persoon gesê het, staan saam en boikot die klasse. Onderwyser moet net wyer om die voorligting te gee. Anc kan nie almal afdank.

Bloubloed maar bly in die Kaap ·

Kan jy sonder inkomste klaar kom? Ek kan nie.
Ek dink nie n onderwyser kan sonder salaris klaar kom nie.

Pierré ·

Ons hoef hulle nie te lek om ons kinders teen snert te beskerm nie. Die ANC se afwesigheid by noodsaaklike dienste is jare lank al sigbaar maar met gemors soos seksuele onderrig vir laerskool kinders het hul geld en tyd.

Dis baie maklik vir ons as ouers van kinders wat geraak word. Weerhou jou skoolgeld as die skool die vak aanbied. Ons maak hulle toe! Skole sal self die vakonderrig met seksuele snert staak.

Gelukkig is basiese onderrig jou kind se reg. So of jy betaal of nie, jou kind sal nie skoolbywoning geweier kan word nie maar meeste skole sal nie sonder finansiële hulp van ouers en borge kan voortgaan nie…..

skurweberg ·

Die stryd teen die verval van morele waardes in SA wat ons nou stry is lankal nie meer ons sin nie. Die openlike uitdaging van die Almag van God en Sy Woord sal op die bestemde tyd die vrugte dra wat dit verdien.

Cauin ·

Psalm 2 . “Hulle bande stukkend ruk ” is daardie spesifieke se morele waardes wat die oorsprong die Woord is . Die hele Ps 2 . En ons sien more se nuus . Sipho doen net wat hom gese word . Daniel 11:43 . Eintlik – voetsoldate . Gaan kyk na mevrou in Kaapstad wat dit alles voorgestel het , sien nog nie haar nooiensvan iewers nie . Kyk wat staan op haar lessenaar by haar praktyk – eeekh ! Hosea 4:6 My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis “. Ten grond ,= gaan in hades in . Maw gaan dood

Morele Dilemma ·

Hoe verwag mens anders van n regering wat skynbaar onbeskaamd skaar by lande soos Iran of mense soos Omar al-Basjir help? Dit behoort reeds vir elke Christen in die land n morele dilemma te wees wat bydra tot so regering deur belastings en dus dit wat hulle doen in staat stel. Stem saam met @Frik want om in so land te bly woon, kies jy. God laat nie van Hom n bespotting maak nie.

Johanna Botha ·

Staan saam en gee uiterste teenkanting op alle vlakke ….hulle geld is nou op !

jaco ·

As ek so luister na my nogal kerkvriende met hoërskoolkinders se stories oor watse seksdinge hulle kinders al ‘n paar jaar mee besig is, dan twyfel ek of klasse in seksonderrig regtig nodig is

Skokkend ·

Dis hoe dept dit doen. Hul stel eise en skryf werk voor aan onnies wat nie haalbaar is nie, maar hul luister na niks en niemand. Hul het nie ‘n idee wat hul doen nie. Hul val jou aan indien jy enige vrae vra, want hul het nie eers die kennis om jou waardig te kan antwoord nie. Werswinkels is ‘n sirkus. Jul is arrogant en hul persoonlike “aanvalle” dui op gebrek van menswaardigheid en kennis. BELAGLIK, SKOKKEND EN KOMMERWEKKEND.

Skokkend ·

Dis hoe dept dit doen. Hul stel eise en skryf werk voor aan onnies wat nie haalbaar is nie, maar hul luister na niks en niemand. Hul het nie ‘n idee wat hul doen nie. Hul val jou aan indien jy enige vrae vra, want hul het nie eers die kennis om jou waardig te kan antwoord nie. Werswinkels is ‘n sirkus. Jul is arrogant en hul persoonlike “aanvalle” dui op gebrek van menswaardigheid en kennis. BELAGLIK, SKOKKEND EN KOMMERWEKKEND.

Kobus ·

ons ou landjie verval in die hande van baal aanbidding. en dit word elke dag net erger alles wat in die verlede in geheim gedoen is word nou met wetgewing geregverdig as reg en wat reg was word nou as verkeerd weerspieel. laat mens dink

lewies ·

Humanisme is ‘n lewens en wereldbeskouing wat die menslike waardigheid, die vryheid en die waarde van die persoonlikheid vooropstel en godsdiens van weinig belang ag. So beskryf die Handwoordeboek hierdie wereldbeskouing.

Dit dui op ‘n dwaalgees wat tans in SA vaardig is en wat die mens aanmoedig of inspireer om die mens as afgod te verklaar.

Heksie ·

Mens kan nie satan in die vlees beveg nie, ons moet dit in die gees doen … BID BID BID, God sal die res doen!

Gaitsigubib ·

Ek sien geen instette van die pro- sexonderrig kommentators wat ywerig kommentaar gelewer het op die10de November 2019 nie. Het hulle tot hul sinne gekom of staan hul tans in die ry vir antiretrovirals?

Dr Phil ·

Sien asb

#LeaveOurKidsAlone

op Facebook, sluit aan en teken die petisie.
AL die inligting oor hierdie diaboliese ding wat die regering wil afforseer is daar.
Die geveg vir die siele van ons kinders is volstoom aan die gang, terwyl baie mense salig onbewus is daaroor.
Die regering mask al die besware teen CSE af as “fake news” en gebruik vuil taktiek om hulle doelwit te bereik.

Gaitsigubib ·

Ek word seker te vinnig opgewonde wanneer iemand aan my kinders se opvoeding karring, want hier word ek die heel meeste geblok. Wanneer ons sit met n nageslag van gemors dan sal mense egter nie kan se dat hul nie gewaarsku was nie.

net 'n mamma ·

Hierdie ding is heeltemal demonies, en die feit dat die regering ‘n ‘bulldoze’ houding het, is gladnie goed nie. Indien Christen gelowige ouers dink die kerk word nie in hiedie land vervolg nie is hulle geestelik blind. Hierdie aanval van Satan word direk teen ons kinders geloods, dit is tyd dat ons as kinders van die Groot Almagtige God ons stem laat hoor!!!
Ons gaan nou as ouers die druk op die skole moet sit omtrent hierdie saak, en ons gaan ons onself moet afvra is ‘n mooi huis, duur motors, duur klere en vakansies die moeite werd as mens dit vergelyk met die siel van jou kind? Wat is meer kosbaar? Sal jy bereid wees om jou kind uit die sisteem te onttrek en eerder maar te homeschool en pap te eet sodat daar darem nog ‘n geslag met waardes by ons kan oorneem?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.