Sekswerker beskuldig swemafrigter van aanranding

Tim Osrin Foto: Facebook

Tim Osrin Foto: Facebook

Die polisie in die Wes-Kaap het Saterdag bevestig dat nog klagtes aanhangig gemaak is teen die swemafrigter, Tim Osrin, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn huishulp aangerand het.

“Ek kan bevestig dat nog ʼn saak teen hom ondersoek word,” het kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy kon nie enige verdere besonderhede verskaf nie.

Die Saturday Star het berig Osrin het verlede week in die Wynberg-landdroshof verskyn op nadat hy glo ʼn huishulp, Cynthia Joni, aangerand het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn sekswerker aangesien.

Die koerant berig dat ʼn sekswerker van Kenilworth in Kaapstad intussen aanvoer dat sy ook deur Osrin aangerand is. Die 32-jarige het gesê Osrin het haar in Desember verlede jaar konfronteer. Hy het gesê sy moet “wegkom uit sy straat uit”. Sy het hom in Januarie vanjaar weer gesien. “Hierdie keer was hy op sy fiets,” het die vrou gesê. “Hy het op my geskree: ‘Is jy nog steeds hier?’.” Sy sê hy het van sy fiets afgeklim en haar aangerand en haar gevloek.

Die vrou voer aan Osrin het haar só hard geslaan dat een van haar tande uitgeval het.

Sy het vroeër vandeesweek die klag aanhangig gemaak.

Osrin wou nie ʼn onderhoud toestaan aan die Saturday Star se susterskoerant, die Weekend Argus nie, maar het verlede week in ʼn onderhoud gesê hy het gedink Joni was ʼn prostituut en sy buurt is “vol prostitute”.

“Ek het nog nooit eers daaraan gedink om ʼn prostituut te slaan nie,” het Osrin gesê. Hy beskryf homself as ʼn iemand wat lief is vir sport en betrokke is in sy gemeenskap.

Traut het bevestig dat Osrin nie in verband met die nuwe aanklagte in hegtenis geneem is nie. “Die ondersoek duur voort,” het hy gesê.

Osrin sal na verwagting op 27 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

spikkel ·

Dis nou n maklike manier om geld te maak, hulle probeer nou die man boor vir geld. n Prostituut hoort in die tronk, nie op straat nie. Hierdie man verdien n medalje, rig n monument vir hom op, hy het waardes. Mag daai goedkoop vrou die saak verloor, want ek glo nie n woord wat sy sê nie!!!! Wens daar was meer van die soort mans in die wêreld wat prostitusie verpes eerder as ondersteun.

Francois ·

Dis hoe hulle almal op die “bandwagon” sal kilm…maklikke teiken. maklike geld!

Dave ·

Ek hoop hy kry met die volle mag van die wet te doen. Nie dat die wet in SA juis waardevol is nie, maar ek hoop hy kry in volle vaart met dit wat steeds oor is, te doen. Om ‘n vrou wat haar brood verdien deur in meer welvarende mense se kombuise te werk, aan te rand omdat ‘hy gedink het sy is ‘n sekswerker’ en julle wat mekaar opsweep daaroor en gelukkig is daarmee, is ook op dieselfde vlak. Daar is geen verskil tussen júlle en die swartes wat baniere swaai sonder om te lees en te verstaan wat daarop geskryf is. Julle probeer ook net mekaar beindruk al is dit onder skuilname.

spikkel ·

Dave, oor die huishulp….ja wel, seker nie nodig gewees nie, maar dis nou n saak afgehandel, hierdie is nou n regte egte sekswerkertjie wat hierdie keer probeer geld maak; omdat sy natuurlik gehoor het wat met die huishulp gebeur het, en dit is nou regtig belaglik. Dis asof hulle nou die man net wil tap vir geld en weereens, sekswerkers hoort in tronke nie op straat, at least is DIE n man wat hulle verafsku en daai manne is goudwerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.