Sekswinkel oorkant parlement floreer

Foto: @jamesstyan/Twitter

Foto: @jamesstyan/Twitter

Die Adult World-sekswinkel wat onlangs oorkant die parlement in Kaapstad oopgemaak het, se besigheid floreer, het The Star Woensdag berig.

Die winkel het verlede week Donderdag sy deure in Pleinstraat oopgemaak.

“Mense besoek die winkel en neem foto’s van hulself wat hulle dan op Twitter laai. Hulle is nie skaam om hul seksualiteit te wys nie, dit is normaal,” het Sean Newman, woordvoerder van die Adult World-groep, aan die koerant gesê.

Die ANC het verlede maand beswaar aangeteken oor die ligging van die winkel. Die ANC-hoofsweep Stone Sizani het gesê die party sal regsadvies inwin oor die wettigheid van die ligging van die winkel naby aan die wetgewer.

Die Kaapstadse stadsraad sal wel die winkel ondersoek, aangesien die maatskappy glo nie aansoek gedoen het om ‘n spesiale lisensie te bekom wat deur die seksbedryf vereis word nie.

Volgens die stadsraad moet enige winkel wat eksplisiete volwasse rolprente wys of verkoop ‘n lisensie van die Rolprent-en-Publikasieraad (RPR) sowel as ‘n besigheidslisensie kry om ‘n perseel vir volwassenes te bedryf.

Adult World het vroeër gesê die lisensie wat hy ʼn dekade gelede van die stad en die RPR ontvang het om ʼn winkel op dieselfde perseel te bedryf, is steeds geldig.

Die stadsraad sê volgens sy rekords is daar nie ‘n bedryfslisensie in die verband uitgereik nie. Die RPR het bevestig dat hulle ook nie ‘n aansoek van Adult World ontvang het nie.

Newman het gesê die ANC ondermyn die grondwet. “Voor 1994 is ons presies aangesê wat ons mag en nie mag doen nie,” het hy verduidelik. “Vandag het mense die vryheid om te doen wat hulle wil, die publiek is dol oor Adult World-winkels en hulle word nie aangesê wat hulle mag en nie mag doen nie.”

Lees ook:
Sekswinkel oorkant parlement ondersoek
Sekswinkel pla ANC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leonie ·

Wat is erger ‘n seks winkel oorkant ‘n skool of sekswinkel oorkant parlament?

Sollie ·

Ek wens daar was iemand wat so vir ‘n lang ruk ‘n video kan neem van WIE almal kom en gaan by die winkel. Mens sal dalk verbaas wees (of nie!) as mens heelwat van die parlementslede daar sal sien ingaan !

Johann ·

Elke parlementariër wat daar besoek aflê in etenstyd, kom daaruit met lae bloeddruk en ‘n duidelike liggaamsvervorming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.