Sekswinkel oorkant parlement ondersoek

Foto: @jamesstyan/Twitter

Foto: @jamesstyan/Twitter

Die Kaapstadse stadsraad stel ondersoek in na die Adult World-winkel wat binnekort in Pleinstraat oorkant die parlement oopmaak aangesien die maatskappy glo nie aansoek gedoen het om ‘n spesiale lisensie nie.

Volgens die stadsraad moet enige winkel wat eksplisiete volwasse rolprente wys of verkoop ‘n lisensie van die Rolprent-en-Publikasieraad (RPR) sowel as ‘n besigheidslisensie kry om ‘n perseel vir volwassenes te bedryf.

Die stadsraad sê volgens sy rekords is daar nie ‘n bedryfslisensie in die verband uitgereik nie. Die RPR het bevestig dat hulle ook nie ‘n aansoek van Adult World ontvang nie.

Sean Newman, woordvoerder van Adult World, sê intussen die lisensies wat hulle ‘n dekade terug van die stadsraad en die RPR ontvang het om ‘n winkel op dieselfde perseel te bedryf, is steeds geldig.

“In 2004 is al die nodige lisensies verkry om handel te dryf en is hulle nog steeds geldig en word dit vir die nuwe onderneming gebruik.” Newman het bygevoeg dat hulle ‘n inspeksie deur die stadsraad sal verwelkom.

Die kantoor van Stone Sizani, ANC-hoofsweep, het vroeër die week gesê dit is onvanpas dat daar ‘n sekswinkel oorkant die parlement is en dan dit mense kan ontmoedig om die parlement te besoek.

Arthur Calamaras, eienaar van Adult World, het in reaksie hierop gesê: “Mens moet ‘n stap terug neem en bevraagteken wat die afgelope 20 jaar sedert die aanbreek van demokrasie bereik is as lede van die regerende party druk kan uitoefen op ‘n wettige besigheid.”

Lees ook:
Sekswinkel pla ANC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

Hulle is seker bang die parlementslede loop rond en sal net nog ‘n klad op die naam van die ANC wees.

Peter Says ·

Mmmm, bang julle raak van koers af, “Shot left, Shot Right”

Leonie ·

In ons dorp het ‘n sekswinkel oorkant ‘n Laerskool oopgemaak. Ons het ‘n petisie opgetrek en aan die plaaslike munisipaliteit oorhandig en daar het tot vandag nog niks gebeur nie. Nou wil ek sien wat hier van kom. Kinders kyk uit hul klasse op die winkel af. Dit word nogal uit ‘n staatsgebou (transnet) bedryf!

Venesa ·

Leonie dis te vreeslik nou kan jy seker nie n draaitjie gaan maak daar nie aangesien jou naam op die petisie verskyn en behoed en bewaar tog net dat jy daar gesien sal word. Die kindertjies kan maar kyk tot hul blou in die gesiggies is hulle sal niks kan sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.