Sekswinkel pla ANC

Foto: @jamesstyan/Twitter

Foto: @jamesstyan/Twitter

Die ANC sê hy is uit ‘n morele oogpunt verontwaardig oor ‘n sekswinkel wat oorkant die pad van die parlement se kant-ingang gaan oopmaak.

Die kantoor van Stone Sizani, die party se hoofsweep, sê in ‘n verklaring dat hulle met “ernstige kommer” kennis geneem het van die sekswinkel wat glo binnekort sy deure oopmaak in Pleinstraat.

Die Adult World-winkel is tussen twee kitskoswinkels, Shah’s en The Erntertainer, geleë wat dikwels deur politici en parlementêre beamptes besoek word. Die sekswinkel het ‘n kennisgewing op sy deure aangebring dat daar sewe dae ‘n week handel gedryf sal word. Van Maandae tot Saterdae sal die winkel tot 22:00 oop wees en Sondae tot 20:00.

Daar is glo ook in 2004 gepoog om hier ‘n sekswinkel oop te maak en was daar ook hewige teenstand. Sizane se kantoor sê hulle sal regsadvies inwin oor of dit wettig is dat so ‘n winkel naby die wetgewer kan handel dryf. Sizani se kantoor het ook ‘n beroep gedoen op die stadsraad, wat deur die DA beheer word, om te verduidelik hoekom hulle ‘n bedryfslisensie aan die winkel toegestaan het.

Moloto Mothapo, Sizani se woordvoerder, sê omdat die winkel so naby aan die parlement geleë is kan dit mense dalk ontmoedig om die parlement te besoek.

“Sedert 1994 is die parlement omskep in ‘n oop en toeganklike instelling wat daagliks talle mense verwelkom – insluitend skoolkinders, godsdienstige gemeenskappe en toeriste. Om winkels van hierdie aard langs die parlement te hê kan sekere mense se morele sensitiwiteit of geloof aanstoot gee en hulle ontmoedig om die parlement besoek.”
Francois Joubert, uitvoerende hoof van Adult World, wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Martin ·

Mmm klink my hulle is bang hulle gaan nie vir STORTKOP daar kan weghou nie!!

sylvia ·

Daars niks fout met dit nie ek was self nog nooit in so plek gewees nie, jy gaan sien van die parlement se ouens gaan ook nog daar in loer gee kans. Kyk daar binne en eet langsaan. Hahaha

alec ·

Waneer gaan die onosele ANC eendag wakker word dis n seks winkel nie n wapen winkel nie . Dom dom dom

Alex ·

Onder geen omstandighede gebruik jy ANC en moreel in dieselfde sin nie.

Lanie ·

Hulle is net bang iemand neem hulle af wanneer hulle die winkel besoek !

Cobus ·

Die anc verontwaardig – hulle moet erenstige kommer oor aborsie uitspreek en die onreg verwyder en laat die wat van hulle speelgoedjies hou maar gaan kyk en kry, sal laaik om ou Angie se gesig te sien as sy daar uitkom!

Erich Goosen ·

Ek is seker die betrokke sekswinkel het eers deeglik vooraf marknavorsing gedoen oor of daar ‘n behoefte is vir die soort winkel voordat hulle besluit het om besigheid daar oop te maak. Ek het al verneem dat van ons preutse wetsmakers bedags terwyl debatte aan die gang is wat uitgerek is en handel oor sake wat vêr bo hul vuurmaakplek is, hul die tyud verwyl deur op hul skootrekenaars te kyk na pornografiese videos. Met die afsetpunt nou op hul voordeur kan hulle mos met min moeite hul versameling gaan aanvul.

Marietjie ·

Whahahaha – van wanneer af het die ANC morele oogpunte?? Mens weet nou net nie of die twee kitskos winkels in almal se “hongergeite” gaan kan voorsien na ‘n besoekie aan die sekswinkel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.