Sekuriteit by munisipaliteit opgeskerp

Die Ditsobotla-munisipaliteit in Lichtenburg, Noordwes. (Foto: African News Agency)

Sekuriteit is opgeskerp by die Ditsobotla-munisipaliteit in Lichtenburg, Noordwes, nadat munisipale werkers verlede week deur werklose mense uit hul kantore gedwing is.

Pius Batsile, woordvoerder van die plaaslike owerheid, het Sondag bevestig munisipale werkers sal eersdaags weer op hul pos wees nadat die munisipaliteit ’n nuwe sekuriteitsmaatskappy aangestel het.

Dit volg nadat ʼn groep mense van Boikhutso die munisipaliteit verlede Maandag binnegestorm en werknemers gedwing het om die kantore te verlaat.

’n Groep inwoners van Boikhutso, ook bekend as Phola, het ook in Mei 2017 die plaaslike burgemeester, Daniel Buthelezi, as gyselaar aangehou en ʼn gedeelte van dié munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is nie tydens die voorval beseer nie.

Altesaam 32 mense is toe in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van ontvoering en brandstigting tot poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alida ·

Hoekom kry ek die gevoel dat buitelanders aangestel is in poste wat vir die plaaslike mense bestem was. Ek mag verkeerd wees maar dit is hoekom “our people ” nouu so kwaad is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.