‘Sekuriteitsbreuk’ by Mededingingskommissie

Argieffoto: Via Google Street View

Die Mededingingskommissie het Saterdag gesê daar was ʼn “sekuriteitsbreuk” by sy kantoor in Pretoria vroeër die week.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die kommissie, het gesê twee skootrekenaars is Dinsdag by die afdeling gesteel wat verantwoordelik is vir ondersoeke na kartelgedrag.

“Die voorval is by die polisie aangemeld en die saak is deur die Valke oorgeneem vir verdere ondersoek,” het Ngwema gesê.

Hy het gesê die kommissie het die nodige voorsorgmaatreëls getref om veiligheid en sekuriteit op te skerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Eenvoudig verstommend hoe gemaklik die “skootrekenaardiewe” toegang tot staatsgeboue bekom. Dit wil voorkom of die staat op homself spioeneer. Waarvoor anders by so n instelling inbreek vir twee skootrekenaars? Daar is baie maliker wyses om skootrekenaars in groot hoeveelhede te bekom. Hier dryf n dooie kat in die drinkwater.

Catherine ·

Nie spioenasie nie. Ek dink eerder belangrike dokumente word aspris verwyder. Hoe verdwyn lêers uit die hofsake. Bewys stukke natuurlik. Als moet verdwyn.

louise pretorius ·

lewe in die tyd van die antichris. Regoor die werreld.

louise pretorius ·

Nowwhere in RSA are you save.you have live behind lock and key.i wish madiba still was alive this land would be in better shapefor sure

Marietjie Cilliers ·

Verbasend dat hulle nog nie begin het om die dokumente in cloud of ander maniere te stoor nie. Die kartel bedryf is miljoene werd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.