Sekuriteitsmaatskappy betaal glo 56 denkbeeldige werknemers

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn 49-jarige man sal binnekort in die landdroshof in Potchefstroom in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery. Hy is Woensdagoggend vroeg in Johannesburg in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek.

“Die verdagte was tussen 2019 en 2020 die algemene bestuurder by ʼn sekuriteitsmaatskappy,” sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Hy het na bewering distrikstoesighouers in Noordwes genader om denkbeeldige werknemers aan te stel. Uiteindelik is vermoedelik 56 denkbeeldige persone aangestel wat elk ʼn salaris van R5 000 per maand ontvang het.”

Die fiktiewe werknemers het na bewering hul maandelikse salarisse in fiktiewe bankrekeninge ontvang. Die verdagte het later die betalings omgekeer en dit in sy persoonlike rekening inbetaal.

“Hy het uiteindelik na bewering tot R2,1 miljoen oor ʼn periode van 12 maande in sy sak gesteek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Perdeby ·

MAW R280 000.00 per maand liewers ouers, maar die ou was baie gulsig gewees, maar dis mos waarmee hulle goed is.

SjN ·

Waar is fica/rica en fais wetgewing, tree op teen die instellings.

Frank John ·

As dit skelms al hul intelegensie gebruik om eerlik geld te maak sal SA die rykste land in die wêreld wees.

Tanniepetoors ·

Die ou het mos nie alleen hierdie bedrog gepleeg nie. Hy het sekerlik die mense wat die spookwerkers “gewerf” het betaal. Die deler is so goed soos die steler. Halwe ondersoekwerk.

Yvonne ·

Dit wat in die duister gepleeg word word aan die lig gebring!!!!

Mieke ·

Julle verwys almal na “hulle”….. was dit nie dalk een van ons?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.