Sekuriteitswag by winkelsentrum geskiet

Argieffoto.

’n Sekuriteitswag is Dinsdagoggend in ’n kritieke toestand na ’n Johannesburgse hospitaal gevlieg, nadat hy by ’n winkelsentrum in Diepsloot geskiet is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring paramedici is omstreeks 06:34 na ’n winkelsentrum by Ubuntu-weg ontbied. Hiér het ’n sekuriteitswag (32) twee skietwonde opgedoen in wat lyk na ’n rooftog.

Paramedici het die sekuriteitswag se wonde aan sy maag en bekken ondersoek, waarna hy op die toneel gestabiliseer is. Hy is toe met ’n helikopter na ’n spesialisfasiliteit vir verdere mediese behandeling gevlieg.

Dit is nie duidelik of enigiemand in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Me

So loop elk en iedereen met skietgoed rond om te Moor. Wat gaan aan rammi praat met die mense daar buite asb

Michelle

Ek vertrou dat die sekuriteit beampte gou sal aansterk. Die hartseer is dat meeste van hul nie met wapens werk nie min betaal word lang ure moet werk, die ondankbaarste werk wat daar is net om die eienaar vir wie hy werk ryk te maak die klient gelukkig te hou en die publiek veilig te hou. Daar moet ‘n wet ingestel word dat die mense ‘n ekstra bedrag kry soos ‘n gevaar toelaag sou hy iets oorkom het sy familie iets. Julle sal geskok wees as julle weet hoe van die lojale sekuriteit personeel behandel word wat sy lewe vir… Lees meer »

Robert S Kleynhans

Ek glo Mnr. Ramaphosa moet soos wat hulle met die President se Kersboodskap/Nuwejaars wense amptelik n geleentheid kry om die volk toe te spreek oor waar die regering staan met die misdaad en rooftogte wat plaasvind en wat lei tot onskuldige mense se dood of beserings. Die maksimum strawwe moet opgele word vir die rooftogte wat plaasvind in die winkelsentrums of huisinbrake. N voorbeeld moet gemaak word met die rampokkery wat plassvind.