ʼn Sekuriteitswag is gewond gedurende ʼn skietery tussen die polisie en onwettige mynwerkers, ook bekend as Zama Zamas, in Orkney naby Klerksdorp in Noordwes.
Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die skietery het Sondag plaasgevind toe die polisie se taakmag vir onwettige mynbou en ander sekuriteitsondernemings op ʼn myn in Vaal Reefs buite Orkney toegeslaan het nadat hulle inligting rakende onwettige mynbedrywighede by dié myn ontvang het.
Twee verdagtes is gedurende die operasie in hegtenis geneem. Die verdagtes is onderskeidelik by mynskag-ses en mynskag-sewe in hegtenis geneem.
Daar is ook beslag gelê op ʼn 40 kg-sak met gouddraende materiaal en twee batterye.
Volgens Botma is ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak in verband met die gewonde sekuriteitswag.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Orkney-landdroshof verskyn. Die Valke ondersoek die voorval, het Botma gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Hierdie is diepsinnige nuus waarvan ons almal kennis mòèt dra.
Kan di polisie nu ni vir eens en altyd vd zama zamas ontslae raak ni..hule is besig om kimberley se sypaadjies en parke om te dolwe. Ons begraafplaas is hule slaapplek en geen mens is veilig om jo geliefdes wat dood is te gan besoek ni. Hule roof ons selfone en is n pes by n plaaslike myn. Di eienaars vd myn mut maandeliks miljoene rande bestee om di zamas uit di myn te hou. Hule is onwettig en daar mut teen hule opgetree word
Kom ou hoedjie is jy dan nie daar om die wet toe te pas nie wat gaan aan Los nou die probleempie op of deel jy of is jy bang vir hulle soos nou die dag toe die papbroekige spul gevlug het voor n paar buitelanders.Dis n bleddy skande maar oraait jy het mos nie skaamte nie.