Sekwestrasiebevel teen Malema teruggetrek

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag ʼn sekwestrasie-bevel teen Julius Malema, leier van die EFF, teruggetrek.

Nic Maritz, regsverteenwoordiger vir die SAID, het kort nadat die hooggeregshof in Pretoria na ʼn verdaging hervat het, opgestaan en die aankondiging gemaak. “In die lig van die kwessie wat deur u, edelagbare geopper is en besprekings wat ons gehad het in verband met die wet, het ons ons kliënt oor die verrigtinge vroeër ingelig en is ons aangeraai om die aansoek te onttrek,” het Maritz aan regter Gregory Wright gesê.

Wright het Maritz vroeër die dag ondervra oor watter prosedures die SAID gebruik om geld wat aan hom geskuld word, in te vorder. Hy het Maritz gevra of die SAID oortuig is dat hulle bates van Malema sal kan verhaal nadat hulle hom gesekwestreer het.

Maritz het gesê die SAID het nie ʼn speurtak om die waarde van bates te verhaal nie, maar “hof-masjinerie” sal gebruik om bates te verhaal. Die SAID was oortuig daarvan dat Malema meer bates verkry het sedert ‘n ooreenkoms tussen die partye bereik is en wou op daardie bates beslag lê.

Tumi Mokoena, Malema se regsverteenwoordiger, het buite die hof gesê die voorlopige sekwestrasiebevel val dus weg. “Dit beteken dat aangesien ons die SAID betaal het wat hom toegekom het, my kliënt nou klaar is met hulle. Die SAID wou gehad het hy moes volgens die ooreenkoms R7 miljoen betaal. Hy het R3 miljoen betaal en die res is verhaal deur sy bates op te veil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit lyk so al asof SAID ‘n fout gemaak het?
Sou die ‘fout’ ook vir my gewerk het?

Francois ·

..Of word alles oor hom ook nou toegesmeer…soos die res van die kaders?

Malema bankier marionette ·

Malema is ‘n marionette van die sentrale bankiere en geldmag. Hy is ‘n nar, en dit is sy werk. Hy trek die aandag af van die geldmag wat Suid-Afrika beheer.

Die inkomstediens is in 1913 gestig in die VSA op ‘n verrradelike manier. Die hoof doel is om rente te betaal aan die sentrale bank.

Tonginniekies ·

@”Malema bankier marionette” Jy moet regtig hulp kry. Jy het hierdie “sentrale bank” en “geldmag” tema nou al so holrug gery onder die verskillende skuilname dis nie eers meer snaaks nie. Dis seker moeilik vir jou om in die nag aan die slaap te raak met al die sameswerings wat in die wêreld aangaan?
Hulle sê, “Just because you don’t see them, does not mean they are not out to get you.”

Theresa ·

Dis lekker om in hierdie land Malema en al die trawante te wees……………….

Wil weet ·

Malema moet sag gemaak word, anders gee hy en EFF, Zuma jare se probleme oor Nkandla!!

charles ·

Tipies hy kom vry en zuma betaal niks terug you cant fool me ha ha ha soos zuma lag sal malema ookwant hulle is mos ontaasbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.