Seldsame, dodelike siekte in Durban

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het ouers gemaan om hul kinders in te ent in ʼn poging om die publiek se vrese aan te spreek oor ʼn seldsame en dodelike siekte reeds een kind se lewe geëis het.

ʼn Agtjarige seun is dood aan difterie (witseerkeel), ʼn ernstige bakteriële infeksie, nadat hy in die hospitaal opgeneem is. Hy is van die Prince Mshiyeni-hospitaal na Inkosi Albert Luthuli-hospitaal oorgeplaas. Die kind was baie siek en het ʼn geswolle nek gehad en gesukkel om asem te haal, aldus die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes.

Twee ander kinders is vermoedelik ook met die siekte besmet. Suid-Afrika het voor 2009 laas ʼn geval gehad.

“Ek wil nie hê ons moet die paniekknoppie druk asof ons ʼn uitbreking van difterie het nie,” het Dhlomo in ʼn verklaring gesê. “Een van die kinders wat opgeneem is, het nie ʼn gesondheidskaart wat al sy immuniserings en groeitempo aandui nie, en ons kan dus nie bepaal wanneer laas die kind ingeënt is nie; en die agtjarige kind wat dood is, is laas op 14 weke ingeënt.”

Dhlomo het gesê difterie is ʼn voorkombare siekte en maan ouers om seker te maak dat hulle kinders volgens die skedule ingeënt word. “Ek doen ʼn beroep op alle ma’s, ouers en versorgers in die provinsie om na ons gesondheidsfasiliteite te kom,” het hy gesê. “Of jy nou vergeet het en of jy geen inligting het nie, ons sal jou help. Ons sal hulle inent of vir hulle aanvullings gee. Met hierdie aanvullings gee ons vir ʼn kind ʼn sterk wil om te oorleef, want daarsonder is hulle vatbaar vir die siekte, en dit is ʼn ernstige toestand as jy dit kry. Dit kan tot sterftes lei, veral onder babas.”

Dr. Owen Wiese van Health24 het gewaarsku dat difterie maklik oorgedra word.

Die bakterie versprei van persoon tot persoon wanneer ʼn besmette persoon hoes, nies of praat. Alhoewel die toestand seldsaam is weens die feit dat gewone kinders daarteen beskerm word met inenting, het Wiese die noodsaaklikheid van aanvullings benadruk. “Nadat ʼn kind ingeënt is, is ʼn aanvullingsinenting ook nodig,” het hy gesê. Hy het gesê die klassieke teken wanneer iemand besmet is, is die dik, wit-gryserige membraan wat die keel en mangels bedek. Ander simptome sluit hoë koors, blouerige velkleur, bloederige afskeiding uit die neus, hoofpyn, moegheid en koue.

“Die grootste kommer is dat die bedekking asemhaling bemoeilik. Die bakterie kan ook ʼn gifstof afskei wat hart- en senuweeskade kan veroorsaak wat tot sterftes kan lei. Wiese het gesê indien difterie gediagnoseer word, word antibiotika en difterie-teengifstofterapie (DAT) voorgeskryf, maar dit is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Suid-Afrika hou nie voorraad van die teengifstof aan nie, omdat die siekte so seldsaam is en dit kan verval.

Bron: Adiel Ismail, Health24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

CHRISTA ·

Ek was onder die indruk datwitseerkeel een van die siektes is wat dekades gelede al uitgesterf het. Is dit ‘n nuwe epidemie?

jacques ·

Ja ja ons hoor jou,maar vertrou nog steeds nie hoekom daai siekte nou weer sy kop uitsteek nie.

Pauline ·

Glad nie geweet dit kom nog voor gedink dit is uitgeroei.

Tania ·

Moet ek seker maak dat my kind al sy inspuitings van geboorte af gekry het? En waar kan ek hom vat vir in ent? By n apteek by n sister?

SNEL ·

Tania, gewoonlik met die eerste inenting by die hospitaal as n kind gebore word, kry jy n boekie of kaart wat aandui dat die kind ingeënt is en vir wat. Daarna doen sekere apteke en klinieke inentings. Dis altyd makliker en geriefliker om na n apteek te gaan. Kontak n Apteek, hulle sal jou kan sê wie en watter Apteek dit doen, gewoonlik moet jy n afspraak maak, dan kan jy net die Apteek bel wat dit wel doen, n afspraak maak en jou kind se boekie/kaart saamvat. Hulle sal dan sien watter inentings kort en as jy nie n boekie/ kaart het nie, gaan dan nogsteeds en vertel hul net wanneer die laaste inenting was waarvan jy kan onthou. Hoop dit help jou.

Christine ·

My kind (nou 9) het dit twee jaar terug gehad en was ernstig siek (vir n week in die hospitaal)
Die dr het gese dit is baie ongewoon, inteendeel die eerste geval wat sy nog gesien het in haar loopbaan.

Paul ·

Hoe minder mense hul kinders laat inent weens ‘n misplaaste vrees as gevolg van Wakefield se nonsens, hoe meer sal dit voorkom. Mense se “herd immunity” begin verval as inentingskoerse te laag word.
Kinders wat nie ingeënt word teen siektes soos hierdie nie, skep ‘n nuwe reservoir vir die kieme, wat die kans dat selfs diegene wat wel ingeënt is, siek kan word, verhoog.

Shalayne ·

Dis juis wat my teen die mure uitdryf – party van ons doen ons bes om ons kinders se inentings op datum te hou, troos maar en vee trane af gee medisyne as die koors kom maar tog staan hulle die kans om in elk geval die siektes te kry omdat sekere mense ( lees idiote ) nie hul eie kinders wil laat in ent nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.