Selebi se regskostes moet nog bepaal word

Jackie Selebi 2Die proses om vas te stel hoeveel Jackie Selebi, veroordeelde oudpolisiehoof, die belastingbetaler in regskostes skuld is in ‘n “gevorderde stadium”.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het Maandag die aankondiging gemaak nadat die Vryheidsfront Plus gesê het hy gaan die openbare beskermer nader rakende Selebi se uitstaande skuld.

Phiyega sê dit is ‘n ingewikkelde proses om vas te stel hoeveel Selebi die staat skuld.

“Eerstens moes ons die totale koste van die saak uitwerk. Dit het ‘n meer in diepte assessering geverg aangesien die beginsel is dat as jy jou saak wen die kostes gedek word en soos julle bewus is, was dit ‘n gemengde uitslag,” het Phiyega gesê.

“Daar is areas waar daar gewen is. Daar is areas waar daar verloor is, so dié proses het tyd geneem. Wanneer dit afgehandel is moet jy die regsverteenwoordigers van die betrokke persoon tyd gee om te reageer op wat aan hulle voorgelê is.”

Die saak sal dan na Phiyega verwys word vir ‘n besluit. “Ek kan sê dat die saak in ‘n gevorderde stadium is. Ons sal binnekort die besluit neem.”

Selebi is in 2010 skuldig bevind aan korrupsie en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in 2012 op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Ons weet wiskunde is n groot probleem in die land, maar kan dit werklik soveel jaar neem om n som uit te werk ??.

se-net ·

Gaan Selebi dit betaal??? Hie-Hie!!!!! Kans is groot dat hy die totale koste nooit eers gaan sien nie!!

Kitsie ·

Hiehie !! Wat is gewen en wat is verloor ?? Die man is skuldig bevind …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.