[Video] Selfde rowers dalk betrokke by nóg ʼn transitorooftog

Argieffoto

Slegs ʼn dag nadat ʼn transitoroofdrama hom Maandag naby Lydenburg in Mpumalanga afgespeel het, is nog ʼn transitovoertuig Dinsdagmiddag op die N4 tussen Kanyamazane en Matsulu deur rowers oopgeblaas.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die transitovoertuig het omstreeks 13:30 vanaf Matsulu in die rigting van Kanyamazane gery toe die rowers toegeslaan het.

ʼn Groep van tussen agt tot 10 mans in vier voertuie, ʼn swart Mercedes-Benz, ʼn ongeïdentifiseerde bakkie, ʼn wit BMW en ʼn grys BMW, het tot langs die transitovoertuig gery voordat hulle op die voertuig losgebrand het. Die transitovoertuig het tot stilstand gekom, die groep mans het die voertuig bestorm en die twee veiligheidswagte uit die voertuig gedwing.

“Die verdagtes het ploftoestelle gebruik om die kluis oop te blaas, voordat hulle met ʼn onbevestigde bedrag kontant in dieselfde voertuie van die toneel gevlug het,” het Bhembe gesê. “Die polisie ondersoek die moontlikheid dat dit dieselfde groep is wat Maandag ʼn transitorooftog in die Lydenburg-gebied uitgevoer het.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn transitovoertuig is omstreeks 06:20 Maandag beroof terwyl die voertuig vanaf Mbombela (Nelspruit) na Lydenburg op pad was. Tydens hierdie rooftog het die verdagtes die transitovoertuig met hul motor gestamp wat veroorsaak het dat dit omgeslaan het. Hulle het daarna ook ploftoestelle gebruik om die kluis oop te blaas voordat hulle met kontant op die vlug geslaan het.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het gesê dit is uiters kommerwekkend dat hierdie rooftogte op so ʼn gewaagde en georganiseerde manier uitgevoer is. “Ons bespreek die kwessie met die private veiligheidsbedryf, veral diegene wat kontant vervoer, om hul bedrywighede te hersien en te kyk waar daar leemtes is,” het Zuma gesê.

Enigiemand met meer inligting oor bogenoemde voorvalle word versoek om ao. Zephaniah Phiri by 082 449 0339 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

emma ·

Ek kan nie glo dat hierdie mense wat groot bedrae geld vervoer nie beter voorsorg maatreëls tref nie. Wat van ń voertuig met gewapende manne wat hulle op ń afstand volg en op die uitkyk is vir oortreeders?

Irene ·

Ek wonder altyd waar die gewone mens die geld kry om sulke duur motors te ry

Magaretha van heerden ·

Hoekom noem die berig net twee veiligheidswagte is uit die voertuig gedwing? Waar is die Derde man wat saam moet wees?

wraggies ·

Hierdie transito mense tree op asof hulle niks kan doen om hulle te beveilig nie.

Tiger ·

Wat ‘n treurige situasie is dit nie om met ‘n foon so iets te probeer aanmeld nie!

LJ ·

Daar word gevra wat die transito mense moet doen i p v wat doen die regegering om die mense te help om die rowery te stop.Wat kan 3 mense teen 10 doen. Hierdie rowers het geen genade vir n lewe nie. Praat n bietjie met n sekeriteit maatskapy wat geld vervoer,hulle is al moedeloos vir die boewery. Dit is erger as die wilde weste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.