‘Selfie’ ná aanval maak opslae

Nathan Wood by die vermeende rower. Foto: Facebook

Nathan Wood by die vermeende rower. Foto: Facebook

Die foto van ʼn man van Kaapstad wat na bewering Saterdag ʼn vermeende rower bewusteloos geslaan het voordat hy saam met hom ʼn “selfie” geneem het, maak opslae op sosiale media.

Nathan Wood (27), ʼn leerlingrekenmeester van Kaapstad, het die foto Saterdag op Facebook gedeel nadat die rower sy moses teëgekom het nadat hy probeer het om Wood en sy vriend te beroof. Wood het die foto met die hutsmerke “#WrongPersonToRob” en “#Awkies” gedeel.

Terwyl sommige mense Wood geprys het vir sy dapperheid of die foto amusant gevind het, het ander Wood gekritiseer dat hy “eiegeregtig” en selfs rassisties is om ʼn foto saam met die bewustelose rower te neem.

Wood het aan Maroela Media vertel dat hy en ʼn vriend in die vroeë oggendure in Stellenbosch gestap het nadat hulle gekuier het en besef het dat twee vreemde mans hulle volg. “Ons het vinniger begin stap en probeer om hulle af te skud, maar hulle het op ons hakke gebly,” het hy gesê.

Hy sê in ʼn stil straatjie het die vermeende rowers op hulle afgestorm en geld van hom en sy vriend geëis. Volgens Wood het hulle geweier en dit is toe dat een van die rowers ʼn mes uitruk en dit teen sy bors druk. “Hy het met die hand wat die mes vasgehou het aan my sakke begin voel vir my beursie en dit is toe dat ek kans gekry het om hom een hou op sy kakebeen te gee. Hy was dadelik bewusteloos en sy makker, wat met my vriend besig was, het laat spaander,” het Wood gesê.

Volgens Wood het hy ʼn foto geneem voordat hy ʼn entjie in die straat afgestap het waar hy veiligheidswagte om hulp gevra het. Hulle is terug na die toneel waar die rower teen dié tyd besig was om wakker te word en het die polisie van een van die veiligheidswagte se selfoon gebel. “Ek het vinnig met die polisie gepraat en daarna die foon aan die veiligheidswag gegee om vir die polisie te verduidelik waar ons is. Dit was die tweede keer in my lewe in Stellenbosch, so ek was nie heeltemal seker hoe om aan die polisie te verduidelik waar ons is nie,” het hy gesê.

Wood sê hy was aanvanklik bekommerd dat hy dalk die rower ernstig beseer het, maar op die oog af het dit nie gelyk of hy eintlik seergekry het nie.

Hy het gesê nadat hulle ʼn ruk daar gewag het, het hy sy selfoonnommer aan een van die veiligheidswagte gegee en gesê die polisie kan hom bel in verband met die voorval. Hy en sy vriend is daarna weg en het die rower by die veiligheidswagte gelaat. “Ek het sedertdien nie weer iets van die veiligheidswagte of die polisie gehoor nie,” het hy gesê.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het aan Maroela Media gesê sy kantoor het geen rekord van die voorval nie.

Op ʼn vraag oor die kritiek wat hy op sosiale media ontvang het, het Wood gesê hy steur hom nie veel aan die negatiewe kommentaar nie. “Hierdie was hoegenaamd nie ʼn rasse-voorval nie. Ek is ʼn mens en hy is mens en hy het my probeer beroof. So eenvoudig soos dit. Vir mense om dit nou in ʼn rasse-voorval te probeer omskep, is iets wat ek my net nie aan gaan steur nie,” het hy gesê.

“Dit is vir my baie interessant dat mense eerder kies om op die foto te fokus eerder as op die misdaad. Hierdie man het my aangeval met die bedoeling om my ernstig te beseer. Hy het immers ʼn mes teen my gedruk. Dit is asof mense gedesensitiseer geraak het teenoor misdaad, maar meer sensitief geraak het vir rasse-voorvalle. Indien hierdie rower nie my gekies het nie, maar eerder ʼn jong meisiestudent, kon die koerantopskrifte vandag baie erger gewees het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Andrea ·

Wat n oulike idee! Dalk moedig dit mense aan om hulself teë te sit en te verdedig

Maria ·

Jy is ñ dapper jongman. Hierdie is ñ misdaad wat gepleeg is. Niks te doen met rassisme nie.

charles ·

Ek weet nou nie so mooi van die foto nie, maar ons het tog ‘n reg om ons self en ons goed te probeer beskerm waneer dit in gevaar is.

KarooKlong ·

Hy het net goeie bewysstukke bymekaar gemaak. Die polisie fotograwe doen dit ook.

Udo ·

Nee! Dis reg! neem die foto en wys vir die voornemende misdadigers wat hul te wagte kan wees WANT ONS WIT MINDERHEIDS-GROEP IS HUL TEIKENS, MET OPSET SO, OORWEEG BIETJIE MOOI DIE RIGTING VAN DIE RASSISME…..

Bernard Jacobs. ·

Hy moes hom behoorlik opgedreun het, die man self gearresteer het en hom aan die polisie gaan oorhandig het.
Díe het boggerol met rassisme te doen so die mense wat sulke kommentaar gelewer het, kry vir julle!

Jan ·

Ons sal moet trug veg .of die skelms gaan die land oor vat. Wil hulle dit he

Jan maak n plan ·

As die outjie dink die dief sal homself daarvan weerhou om weer te roof nadat hy uitgeslaan is,maak hy enl helse groot fout. Hy moes die dief n behoorlikke pakslae gegee het en hom persoonlik by die polisie gaan inhandig het en seker gemaak het dat n saak aanhangig gemaak is.

Chris Ws ·

Jan maak ‘n plan dit is goed hy het nie die man ‘n drag slae gegee nie.Het hy sou hy aangekla gewees het van aanranding en in die tronk gegooi gewees het en daar sou niks van die krimineel se daad van gewapende roof gekom het nie.Ongelukkig het hy nie die misdadiger self aan die polisie oorhandig nie en ‘n saakvan gewapende roof teen die man gele nie so daar sal in elkgeval niks van kom nie.

Tascha ·

Well done! Ek sou die mater sommer self by die polisie gaan oorgee het! Die feit dat hy ‘n foto daarvan geneem het is ‘innoverend’ om die minste te sê nou kan die boef in die toekoms dalk makliker uitgeken word want as hy nie nou sy moses teegekom het nie kan ons maar verseker weet hy gaan weer probeer om ‘n niks vermoedende persoon te beroof van hulle besittings!

A.G ·

Om jouself en jou naasbestaandes te verdedig is nou al rassisme. Wat gebeur indien die rower n` vuurwapen op jou rig en jy jouself verdedig word jy dan nog steeds aangekla as n` rassis.

Charlotta ·

Al doen ons wittes wat, dit sal altyd gesien word as rasisme. Die “arme agtergeblewenis”. Foeitog.

F Brits ·

Ten minste hoef Maroela Media nie die aanvaller se ras te weerhou nie,wonder as daar n foto van elke kriminele daad geplaas word wat die mense wat die foto rassisties vind sal se.

Uiltjie ·

Lanklaas so lekker gelag! Dis nou wat Ek noem egte studentepret! Glo my, jy’s vandag man of the moment! Rowers dink mos altyd studente is soft targets!

Sumari ·

Ek love die man…klink beslis nie of hy ń rassis is nie. Hy het net homself en sy vriend beskerm. O en die wat sê dis ń rasse geval is self skuldig aan rassisme.

RC ·

Ek is net so verbaas dat almal soooo begaan is oor die foto en vergeet dat hy amper dood gesteek was met ‘n mes.

Pieter ·

Baie mooi gedoen!

Probleem hier is dat die Polisie geen inligting het oor die voorval nie… Hy het verdagte by die wag gelos en geloop… Klink vir my of die wag die verdagte laat gaan het. So dus help sy dapperheid slegs vir sy eie lewe.

Het hy ‘n saak by Polisie gaan maak…?

Weet alles hier is maar dinge wat ons weet nie veel help in vandag se tyd nie. Maar hou jou kant skoon.

kallie knoetzee ·

hahahaha
rasisties want jy slaan n misdadiger wat jou met die dood dreig
ek hoop sy kakebeen is af

Wilmien ·

Wel gedaan…wens almal kan hulleself teen die wetters verdedig !

Chris Ws ·

Baie knap gedaan!Ek wonder wat dink die “anti rassiste” – as ‘n man swart is moet jy hom liewer laat begaan en jou beroof en beseer??KOM BY anti rassiste!!Dis net jammer hy het die rower by die veiligheidswagte gelaat en verkas.Hy moes die saak self by die polisie aangemeld het en die man laat arresteer het .Hy het immers ‘n misdaad gepleeg om hom te dreig met ‘n dodelike wapen en moes daadvoor hof toe.

Piet ·

Jy kwalifiseer ongelukkig automaties as rassis, want jy is mos n witmens. Die skuldige sal wel na vore kom. Met die ANC se hulp gaan hy nog n eis teen jou instel. Terloops, mooi skoot hoor!

Peter ·

Vir diegene wat negatiewe kimmentaar lewer is dit dus in orde dat die man van kleur ‘n witman met ‘n mes annhou en beroof. Daar word egter rassisme geskree wanneer dieselfde wit man wat die slagoffer van ‘n misdaad is homself verdedig teen die man van kleur wat die misdaad pleeg…..hoe pateties is hul dubbele standaarde nie. Wel gedaan Nathan Wood.

Johan ·

Kom ons draai dit gou om – Skelm probeer wit student beroof omdat hy wit is – dan is die rower mos ook rassisties

Pastoor ·

Hahaha boontjie kry sy loontjie. Laat dit nou vir hom n les wees

Soekie ·

Knap gedaan net te sag! Wens meer mans wil so optree! Bells vir jou boet!

Oni ·

Ongelooflik dat jy wragtig nog kruipers kry by misdadigers en dan wil voorgee dat so n verfoeilike daad rassisties is. Jammer die student het die mes nie teen die ag ekskuus tog se keel gedruk nie. Goed gedoen jongman.

GERT KRUGER ·

Hyt gekry waarvoor hy gesoek het??? moeilikheid !!
Goes so jongman hoop die bogger dink voor hy wee so iets wil doen

Lance ·

Baie dapper …en as dit rasisties is dan is dit ook goed so ….dit verander niks dat die ou n skelm is ….solank die skelm net gevang was want hy behoort agter tralies ! Genade maar mense het groot tone

Eugene ·

Ek glo nie Nathan Wood is rassisties nie. Dit was selfverdediging. Sy bykans 2000 Facebook vriende is saamgestel uit alle bevolkingsgroepe!

David ·

As ‘n man ‘n mes teen my bors druk gaan hy nooit weer sy oë oopmaak nie. Daardie rower kan sy sterre dank hy het net een hou gekry.

Danie ·

My vraag is wie is die sukiriteits maatskappy,hulle is actually die skuldige party om nie die skelem te oor handing nie,en volgens my is dit nie rassisme terug sprake nie selfvedediging mes teen vuis??? Aen persoonlik dink ek as mnr wood nou swart was wat sou die opskrif dan gewees het….

elize ·

In S.A leer sekere bevolkingsgroep net so een woord op n slag. Apartheid!!!.afrikaans!!!!. Jan van Riebeeck.!!!!!!!nou deesdae is rassisme weer op die lys. Wonder watter woord is volgende.

Chris ·

Iets pla my van foto, hoekom lyk dit of hierdie ou onder kombers lê. Dan loop daar iets nat uit Groot kol na Klein stroom van sy liggaam af. Wood sê one shot uitgeslaan , maar ou se hand op bors? Wil nie tegnies raak maar…….Ek dink hy was mooi dronk?

danie ·

Chris ek dink nie jy verbeel jou elf nie, ek persoonlik dink ook dis n selfie wat dalk skeef geloop het. Die storie met ek los die ou daar by die wag maak glad nie sin nie.

mariaan ·

Mooi so! Die hele Suid-Afrika moet ń kursus in selfverdediging loop. !!

barend ·

mooi ,knap gedaan ,trots op jou ,ek gaan volgende keer ook n foto neem

Hannelie ·

Ek ondersteun jou, well done!!! Dis tyd dat SA en alle mense sien. Ek is bly jy het hom goed bygedam. Hoekom stilstaan en dat hy jou intimideer. Trots op jou!!

Amanda Van Vuuren ·

27 Julie,

Ek hoop die ‘rower’ het hoofpyn vir sommer baie jare en nie n bril of n pil kan dit betermaak nie…
Sy oge moet oormekaar kyk, dat hy sommer gereeld in in muur, deur of soiets vasloop???
Daar is reeds soveel gepost oor die geval en sluit hiermee af…

Theresa B ·

Awesome. Good for you Nathan. Moenie jou steur aan die negatiewe kritiek nie. Wonder of hulle dieselfde sou gesê het as die bordjies verhang was. Daar is baie onskuldige mense wat net eenvouding in die rustigheid van hulle eie wonings doodgeskiet word. Wonder of almal wat vermoor word ook rassiste was. Geen simpatie met die een wat sy moses teegekom het nie. Meer mense moet Nathan se voorbeeld volg.

m ·

Mooi so. Dit sal daai sleg ding twee laat dink om dit weer te doen.

peanut ·

was dit wel n jong meisie, en was die opslae vandag van nog n moord, was die oortreder se identiteit beskerm, oor sy konsuise menseregte, en was die rassekaart nooit uitgehaal.

Siek!

Ek haal my hoed af vir hierdie mannetjie wat besluit het om nie n ‘victim’ te wees.
Mooi Man !!!

werner ·

ek kan nie meer met jou saamstem nie,! die vrot moet uit die samelewing verwyder word, en die hof en tronk is laankal nie meer n afskrik metode nie…..100 likes to you Mr Wood

Sherlock ·

Vroeë oggendure? Stil straatjie? Lyk na helder verligte (dag?) wandellaan. Ek dink hierdie perd het sy ‘moment of fame’ gehad . . . . . .

Chris ·

Jip, Sherlock Ek stem net slim werner tik iets wat nie sin maak op my antwoord nie, ai die selfie jagters staan saam en geniet hulle self. Viva selfies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.