‘Selfmoord’ by landgoed: Oorledene ‘was hoogs ontsteld’

Lebo Mathuloe. Foto: http://www.g3models.co.za

Die vrou wat glo haarself Maandag ten aanskoue van ooggetuies by die Pecanwood-landgoed by die Hartbeespoortdam om die lewe gebring het, is vroeër die dag in ʼn “omsamehangende en hoogs ontstelde toestand” op die landgoed aangetref.

Die Pecanwood Huiseienaarsvereniging het in ʼn verklaring berigte ontken dat die vrou haar eie lewe in die gimnasium op die landgoed geneem het, maar wel gesê die voorval het by die landgoed se klubhuis gebeur.

Maroela Media het vroeër berig ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het aan Maroela Media gesê die 23-jarige vrou het na bewering ten aanskoue van ander ʼn mes gebruik om haarself verskeie kere op haar liggaam te steek. “Sy het inmekaargesak en is op die toneel dood,” het hy gesê.

Volgens die huiseienaarsvereniging se verklaring is die polisie na die landgoed ontbied nadat die vrou gevind is. Sy is op haar versoek deur ʼn vrouepersoneellid na die huiseienaarsvereniging se kantoor geneem. “Volgens verskeie ooggetuies het die oorledene, terwyl sy by die klubhuis was en gewag het vir haar ouers om te kom, haar eie lewe geneem,” lui die verklaring.

Die huiseienaarsvereniging, tesame met die landgoed se veiligheidsmaatskappy, Omega Risk Solutions, staan die polisie by in hul ondersoek. “Dit sal daarom voortydig en onvanpas wees om tot enige gevolgtrekkings te kom oor die oorsake en die omstandighede wat met hierdie saak verband hou.

“Die huiseienaarsvereniging wil alle Pecanwood-huiseienaars en -inwoners gerusstel dat die tragiese voorval nie die gevolg van enige veiligheidsbreuk of fout in die veiligheidsprotokol was nie.”

Talane het Woensdag aan Maroela Media gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

RIP ·

‘n Mes is ‘n vreemde ding om mee selfmoord te pleeg, ek hou onmiddellik op sodra ek seerkry, sal mos nie aanhou steek nie . genugtig .. iets moes haar baie gepla het. Ook vreemd dat sy dit voor ander mense doen? Gedink selfmoord is maar iets wat jy stil stil in jou huis doen dat niemand daarvan weet nie … nietemin .tragies .. RIP

Poppie ·

Ek kan praat uit ondervinding. Ek het myself een keer so met ‘n mes gesteek. Ek was buite myself van woede. Hoe harder ek gesteek het, hoe minder pyn het ek gevoel. Toe het ek kwaad geword omdat ek niks voel nie. Daardie tyd was dit maar die adrinilien en ek is seker die was dieselfde geval. Gelukkig het my man my gekalmeer. Op daardie stadium het ek nie gedink nie, maar net gedoen. Jy registreer eintlik nie terwyl jy dit doen nie. 10 Jaar later kyk ek nog elke dag in my wonde vas op my arms. Dit is net of jou kop uithaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.