Selfmoordpoging: Vrou drink handreiniger

Die bottel waaruit die vrou handreiniger gedrink het. (Foto: Rusa/Facebook)

’n Vrou (40) is vandeesweek na ’n hospitaal in KwaZulu-Natal vervoer nadat sy ’n 750 ml-bottel met handreiniger en ’n handvol pille gedrink het in ’n poging om haar eie lewe te neem.

Die vrou se tweeling tienerdogters het die voorval Dinsdagoggend sien gebeur en hulp ontbied.

Reaction Unit SA (Rusa) sê reaksiebeamptes is omstreeks 10:40 na ’n huis in Phoenix, noord van Durban, ontbied waar die dogters (13) hulle met hul aankoms meegedeel het dat hul ma finansiële probleme het en besluit het om haar eie lewe te neem.

Die vrou het na bewering ’n Klipdrift-brandewynbottel vol handreiniger asook ’n handvol onbekende pille gedrink.

Volgens Rusa was die vrou by haar bewussyn hoewel sy gedisoriënteer voorgekom het. Sy is na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Phillip ·

wel gelukkig het sy self die goed gedrink en nie haar kinders dood gemaak soos ons gereeld op MM lees .Dan self moord pleeg dankie sy lewe nog

Anthony ·

Arme kind, ma het finansiele probleme & toe besluit sy om selfmoord te pleeg….en die kind moet dit alles aanskou?

Stefan ·

Ek kry daardie vrou baie jammer, om so absoluut moedeloos te voel en geen kans te sien om verder te sukkel.
Regtig mense, moenie veroordeel nie maar probeer liewer help.

Adrie ·

So traumaties vir die kinders! Dankbaar die Mamma kon betyds gehelp word. Mens besef nie hoe Covid mense emosioneel al laat knak het nie. Mag die familie God se liefde ervaar en aan Hom vashou in hul tyd van nood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.