‘Selfone nie rede vir vertragings by binnelandse sake’

Mense staan in ‘n lang ry buite die kantoor van binnelandse sake in Tongaat, KwaZulu-Natal. Inwoners beweer hulle moet soms dae lank wag om gehelp te word met ID- en paspoortaansoeke. Foto: Leon Lestrade/ANA

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor onlangse opmerkings deur die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake dat die gebruik van selfone deur amptenare by ontvangstoonbanke gedurende kantoorure uitdruklik verbied moet word.

Maroela Media het vroeër berig Hlomani Chauke, voorsitter van die portefeuljekomitee, het Maandag ʼn beroep op die departement gedoen om ʼn algehele verbod op selfoongebruik in te stel deur beamptes wat direk met die publiek in binnelandse sake-kantore werk.

Dié voorstel het gekom nadat die komitee talle klagtes van die publiek ontvang het oor vertragings by kantore van binnelandse sake. Die klagtes was in reaksie op ʼn video wat op sosiale media versprei is waarin gesien kan word hoe twee amptenare selfone gebruik terwyl mense in ʼn lang ry wag by die kantoor van binnelandse sake in Tongaat, KwaZulu-Natal.

Die departement het in reaksie hierop gesê hy sal ʼn ondersoek na die voorval doen aangesien die gebruik van selfone deur amptenare terwyl hulle hul pligte uitvoer nie goedgekeur word nie.

Nehawu het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die gebruik van selfone gedurende kantoorure was al voorheen ʼn kwessie onder bespreking tussen die arbeidsektor en werkgewers om te verseker dat dit behoorlik bestuur word sonder om inbreuk te maak op die regte van werknemers.

Nehawu sê hy keur nie die onnodige gebruik van selfone tydens kantoorure goed nie – veral nie wanneer dit ʼn negatiewe impak op dienslewering het nie – maar meen dit is onregverdig dat die vertraging in dienslewering by binnelandse sake vierkantig voor die deur van hul lede en werknemers geplaas word. Die vakbond het daarop gewys dat daar tans talle vakante poste in kantore van binnelandse sake reg oor die land is.

“Ons is ten sterkste van mening die kern van die probleem van lang rye en vertraagde prosesse in kantore van binnelandse sake is personeeltekorte en ʼn werkersmag wat oorwerk is. Die departement moet 57 miljoen landsburgers van dienste voorsien met altesaam 9 100 werknemers. Ons lede is daarom oorwerk, maar probeer steeds hul bes, insluitend om oortyd te werk,” sê die vakbond.

“Die Tongaat-kantoor het 14 werknemers wat dienste moet lewer aan gebiede soos Umhlanga, Inanda, Ballito, ensovoorts. Die werklike rede hoekom ons arbeidshof toe is, is omdat die departement van binnelandse sake dieselfde werkers wou laat werk op Saterdae sonder enige vergoeding.”

Nehawu het ʼn beroep op Chauke gedoen om nie verder werknemers van binnelandse sake “te ontmoedig” terwyl hulle reeds in baie moeilike omstandighede en onder ernstige personeeltekorte moet werk nie. Hy het die departement aangemoedig om eerder daarop te fokus om die werksomstandighede van werknemers te verbeter.

Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) het ook Chauke se opmerkings oor werknemers se selfoongebruik as “misplaas en oningelig” afgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Diefie ·

Personeel te kort en dalk geld te kort? Werklose mense? Het 57 Miljoen landsburgers gelyktyding toegesak op die kantore? Wat ‘n groot sukses is die staatsdepartement nie. Lol.

JohanL ·

Diefie, presies wat ek ook aan gedink het ! Vakbonde het die vermoe om feite (hoeveelheid landsburgers en werknemers) so te verdraai in ‘n liegstorie net om hul argument te probeer staaf. Feit is dat meeste werknemers van Binnelandse Sake maar traag en stadig is en waarskynlik in meeste gevalle nog moedswillig traag ook. Die werklike rede vir die lang toue is eenvoudig : lui mense wat nie die woord “hardwerkend” ken nie, wat nog te s^e verstaan.

Undercoverselfkyk ·

Voordat Nehawu, die werkers wil beskerm, moet hulle liewer self, gaan in rye staan en vir hulle self, met hulle eie oe sien die werklikheid van die situasie.
Installeer kameras, en hou die werkers dop. Of is julle te bang, dat julle hard op julle boude van die stoel sal val, as julle sien, hoeveel ure hulle werklik werk, en wat gaan rerig daar aan.

Grassie ·

MM – daardie woord “inbraak” wat julle in die berig gebruik moet “inbreuk” wees.

Tania Heyns ·

Dagsê Grassie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaard “inbreuk” wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Posstuk ·

Was gister by Rustenburg se poskantoor. My posstuk lê al van Desember af daar. Stry en stry en baklei en menswaardigheid wat verlore gaan..tot jy die posstuk self uitwys. Patetiese opleiding. As jy nie lus is vir die werk nie, moet jy waai.

Muffin ·

Posstuk ek stem saam wat jy se as jy nie lus is vir die werk nie moet jy waai. maar hulle het regte al is dit bravo is om daar te werk. . As wit dan summier gefire.

Piet Pompies ·

Enige werknemer het ‘n rol om te vervul gedurende die dag en is aangestel en word betaal om daardie rol te vervul.
Indien jy jouself gedurende werks ure ophou met twak praat en selfoon muisnes dan verdien jy nie om werk en ‘n salaris te verdien.

thelsa ·

Die Persone wil in elk geval nie werk nie. Hulle soek net ‘n Job

bgj van der westhuizen ·

wel hulle moet n wet maak dat geen cel fone gebruik word in werks tyd nie veral waar dit te doen het waar mense gehelp word en dit in die staats diens en in die privaat sektore ook wand dit is oral n probleem

Welkom ·

WERKNEMENRS moet besluit

1. Kom hulle Werk toe? (Is by die werk, maar nie produktief nie)
2. Kom hulle Werk? (Is daar by werk om produktief te wees)

jan ·

Wat gese word oor die sel`s is waar,want ek het ook al van die oggend gesit en wag dan as jy eindelik op die end van die ry kom//// as die amtenaar se foon ly los hy jou net so dan gryp hy die foon dan sit hy en gesels eers klaar dan begin hy weer voor.

ZET ·

Gezina stad se poskantoor personeel is net so pateties en baie arrogant.

Manie ·

Waar n patetiese situasie. Mense wat op hulle selfone sit en klets en n tekort aan personeel. Ek het by my die gebruik van selfone gedurende werksure totaal verbied omrede party mense mos nooit die grense van n toegewing verstaan. Slegs noodgevalle

christa ·

Selfone is nie die enigste rede vir swak diens nie. Hulle gesels van die more tot die aand met mekaar en tussendeur bediennings. Hulle diens is oral sleg. Die diens het met tyd so versleg dat jy dit deesdae nie eers diens kan noem nie.

jaco ·

Vreemd dat die talle vakante poste nie gevul word nie. Weerloosheid staan dan op meer as 9 miljoen mense. Meeste moet swart wees, want die totale wit bevolking is maar 4 miljoen. En dan is die enigste vereiste om die werk te kry ook net die “regte” velkleur. So die vul van die vakante poste behoort mos maklik te wees.

SjN ·

Installeer n seinblok in die gebou en die probleem is opgelos.

ne ·

Hulle het geen benul wat “dienslewering” betaken nie. Kyk maar in die banke, poskantoor en talle staats instellings. Hulle glo hulle is oorwerk en onderbetaal. Ou SA was die woord nog in werking.

Turner ·

Gelukkig kon ek van die diens gebruik maak by my bank. Geen toue nie

Roelfie ·

Nou bel hulle maar op hul selfone en kla by hul maats hoe ‘oorwerk’ hulle is. Interessant, die lisensiekantoor in Goodwood had vanoggend net wit kassiere,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.