Selfoonverskaffers ‘systap’ pogings om datakoste te verlaag

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Besluit deur selfoondiensverskaffers om hulle kliënte ʼn heffing te vra sodat hul ongebruikte data na die volgende maand kan oordra, sal pogings om die koste van data te verlaag ongedaan maak, het LP’s Dinsdag gehoor.

Willington Ngwepe, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa), het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie bevestig dat Vodacom die owerheid ingelig het dat verbruikers tot R49 sal moet opdok as hulle ongebruikte data na die volgende maand wil laat oordra.

“Ons het ʼn kennisgewing ontvang van een van die operateurs dat hulle ʼn tarief sal hef sodat data kan oordra en om data oor te plaas [na ʼn ander verbruiker],” het Ngwepe gesê.

Hy sê die telekommunikasiereguleerder het Vodacom versoek om hom van meer besonderhede oor dié heffing te voorsien en Okosa het Maandag terugvoering ontvang. Hy sal nou dié terugvoer bestudeer.

Vodacom se nuwe dataoordragingstariewe kom in reaksie op nuwe eindgebruiker- en intekenaarsregulasies wat op 1 Maart in werking tree. Die regulasies bepaal dat jou diensverskaffer jou moet toelaat om ongebruikte data oor te dra na die volgende maand sodat jy dit nie verloor nie, of na iemand anders in dieselfde netwerk. Jou diensverskaffer moet jou ook in kennis stel hoeveel data gebruik is en jou toelaat om te kies of jy buitebondeltariewe wil betaal.

Die regulasies is juis hersien omdat soveel verbruikers gekla het oor data wat te gou verval voordat hulle dit opgebruik het en vae bewoording het verskeie skuiwergate vir diensverskaffers geskep om die verval van data moontlik te maak.

Die nuwe regulasies bepaal egter nie hóé data oorgedra moet word en of diensverskaffers ʼn tarief daarvoor mag hef of nie en daarom blyk dit dat verbruikers se data-kopseer steeds nie verby is nie.

Vanaf Maart sal Cell C hul verbruikers toelaat om data oor te dra, maar dit gaan jou kos om databondels se geldigheid met ’n dag, ʼn week of ʼn maand te verleng. By MTN sal jy nog ’n databondel moet koop om te sorg dat jou bestaande bondel vir langer geldig bly.

Vodacom gaan verbruikers ʼn tarief vra om databondels oor te dra en dié tarief sal na verwagting afhang van hoeveel data oorgedra moet word. By Telkom is databondels reeds ’n maand langer geldig, maar jy kan dit nie nog verleng nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ai tog! ·

Het kan die oordra van data maar net so wel los, want dit gaan jou meer kos. Sal maar sorg dat myne klaar is.

Paul ·

Data is seker die enigste produk wat jy koop m.a.w dis jou eiendom, maar indien jy dit nie gebruik binne ‘n sekere tyd nie verloor jy dit. Hoekom gee hulle dan nie jou geld terug van die gedeelte wat jy nie gebruik nie en hulle weer terugneem.
Ons sou seker al bankrot gewees het as Eskom op dieselfde manier werk. Dink net jy koop ‘n motor maar gebruik dit nie gedurende die maand nie en hulle kom vat dit terug die einde van die maand. Siek. Wat ek gekoop het is myne totdat ek vrywillig daarvan ontslae raak.

Oom Jaco ·

Stem 100% met jou saam. Dit kom neer op diefstal van my gekoopte data!

Ben ·

Ek stem saam Paul. Selfoon data wat verval is niks anders as wettiglik ke DIEFSTAL nie. Ek weier om dit te koop. As my maatskappy ooit besigheid doen met ‘n selfoon maatskappy gaan hulle geld verval. Ek gaan die belasting wet gebruik om hulle bloots te ry. Jy koop iets en as jy dit nie gebruik nie dan verval dit. Belaglik!!!!

Nico ·

So weereens het die regering nie die tande wat hy wou voorgee hy het nie. Die vroeëre berigte het niks van ekstra koste gepraat nie. Dit sal mos nou duurder wees en nie giedkoper nie.

GM ·

Hulle moet nou net daardie mense se salarisse ook wegvat – die dele wat hul nie opgebruik het gedurende die maand nie. En die maatskappy se winste wat nie bestee is nie.

Judge Dredd ·

Voorheen kon jy lugtyd tot en met 3 maande ophoop – hoekom nie dieselfde met data?

Janee ·

Lekker skelm, die lot v hulle, sal die verbruiker melk op enige moontlike manier, en hulle is skatryk. Boonop het Vodacom miljoene der miljoene gemaak met die please call me konsep en sleep voete om die man te betaal wat dit uitgedink het

Johann cb ·

Dit is nou ‘n lelike terugslag! Jy werk só mooi om data te bespaar om daardie oulike videos te kyk, dan word jy op hierdie wyse ingeloop! Dit is flagrante diefstal!

Fonnie ·

Selfde skelmstreke soos wat in die huidige ondersoeke uitkom. Die inwoners van die land bly maar die slaaf. soos in die outyd, net op ‘n ander manier.

Muffin ·

Vat sal hulle vat. As jou rekening gedebiteur word met dieR48 kan jy niks doen nie.
Dieselfde met Banke en hulle kostes. Dit is soos Eskom word net duurder en duurder en die gebruiker moet maar net betaal.
Soos Karen se. Wet van Transvaal.

Pieter ·

Weereens faal nuwe wetgewing om die verbruiker te beskerm. Dit is dood eenvoudig nie die moeite werd kom klein hoeveelhede data oor te dra nie. Dis hoekom ek tuis adsl data geruik en 4G data net as dit nie anders kan nie

Geemyjougeld ·

Afrihost. Die res van hulle is daar om ons uit te buit.

Chris Ws ·

Okosa is in die selfoon operateurs se sakke!Dis duidelik .Anders sou daar daadwerklike wetgewing gewees het wat die verbruiker van data beskerm.Hier is geen regverdigheid nie en Okosa dra nie die belange van die verbruiker op die hart nie.Die selfoon operateurs maak mos miljarde wins elke jaar so daar is genoeg vir ‘n “fooitjie”.
Ek het my whatsapp op my slimfoon afgehaal en gebruik net sms’e.Die mense wat nie daarvan hou nie moet dit net aanvaar.Ek gebruik nou net data op my rekenaar en sorg dat ek net genoeg of eerder net te min koop om my vir ‘n maand deur te sien.Sou ek kort kom koop ek net die kleinste data bondel om my deur te sien.

riaan ·

Stem saam maar regering is ook in vodascam se sak anders sou hulle nie so maklik vir die verbruiker middelvinger gegooi het nie.

Waar is lesufi nou? Hy kon ‘n hele dag (terwyl hy die werk waarvoor belastingbetalers hom betaal moes doen soos om onderhoud by skole te doen) spandeer om vodascam kamtig aan te vat omdat hulle nie die please call me uitvinder wil betaal nie, maar nou is hy stil???

Michael ·

Die hele land moet net een week saam staan en geen data koop nie .Dan sal jy sien wat gebeurmet hulle.

Chris Ws ·

Michael hulle gaan lag.Hulle sit met miljarde in die bank.

Piet kokewiet ·

Hulle almal net skelm ons betaal kla so baie vir data dan wil hul nog meer he… jy het daai airtime gekoop is jou eiendom net so goed winkels wil kos terg vat wat jy nie in n maand kla gebruik het nie…

Natascha ·

Nou hoekom moet die verbruiker weer betaal vir data wat oorgedra moet word, die data is mos klaar betaal net nie opgebruik. Dit is net n geld maak storie? Hul wil die puliek net verder melk.

corne ·

Kyk verbruiker sal altyd aan die kortse end trek maak nie saak wat nie.Probeer kla oor swak syn of so niks gebeur nie.En laatnag data winskoope ag asb tog wat in klug.Amper niemand is daai tyd wakker nie so nou is dit kamstig goedkooper net n groot klug.

JohanL ·

Vodacom direkteure en grootbase in dieselfde kategorie as Guptas en Zumas – skelm verby.

Telkomgebruiker ·

Ewe skielik is ek baie bly om by Telkom Mobile te wees. Ek betaal R200 vir ‘n 3GB data bundel by hulle, waarvan ek 200 gratis sms’e kry (na enige netwerk), 300 minute na enige Telkom nommer (mobile of landlyn) asook ‘n addisionele 4GB om musiek te “stream” op Google Play Music. Dan ook gratis WhatsApp en WhatsApp oproepe.

Ons data dra al oor van Januarie af, en is geldig vir 3 maande sonder enige bybetalings. Ek is op “prepaid”.

Werner ·

Dis oordat die wetsontwerpers onnosel is dat hierdie “loopholes” gevind en misbruik word deur besighede.

Se ek ook ·

Hulle kan dit maar hou. Ek sal airtime koop en normaal aangaan met die data, al verloor ek dit voor 30dae verstryk.

Barries ·

Ek hoor P&P gaan jou nou ekstra vra as jy van laasmaand se kos oor het en dit eers die volgende maand gaan eet.

HAAS ·

So, dit kom neer op die volgende:
Ek koop ‘n brood by winkel A teen R10.00. Daar is 19 snye beskikbaar, m.a.w dit kos my R0.52 per sny. Nou eet ek nie die brood klaar vandag nie, maar het nog 10 snye oor vir môre, nou moet ek winkel A R5.20 betaal omdat ek nie “hulle” brood klaar geëet het nie… Dan gaan daar nog BTW gehef word op die “oordrag” koste…. Lekker man, lekker

Dis waar! ·

Dis presies soos jy dit stel, HAAS, absolute verneukery!

Alma ·

Ja nee, kyk ek is ook n Telkom Mobile gebruiker en ek kan nie vra vir beter nie. Hulle data oordrag fasiliteit is klaar in werking en as jy *123# gebruik kry jy baie goeie “specials”, soos 2.25Gb data vir slegs R28 vir 30 dae waar MTN maar 400MB gee.

Chris Ws ·

Hierdie hele liegspul is die regering se skuld.Hulle het verlede jaar BELOWE data kostes gaan verlaag word.Kyk nou wat het daarvan gekom – NIKS!Want hulle is almal onder die tafel deur “ge-sponsor” deur die selfoon netwerk operateurs!Ons moet ‘n manier kan vind om die selfoon netwerke te laat les opse.Ek hoop die “minder gegoede” deel van die bevolking begin betoog en brand die torings af!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.