Selfoonvideo: Groepverkragtingsklag teen tieners laat vaar

Argieffoto

Argieffoto

Die aanklag teen vyf seuns wat daarvan verdink word dat hulle ʼn verstandelik gestremde meisie om die beurt verkrag en dit op ʼn selfoon afgeneem het, is Woensdag  in die Protea-landdroshof teruggetrek.

The Star het Donderdag berig die tieners, tussen die ouderdom van 17 en 18, is aanvanklik aangekla van verkragting, seksuele aanranding en die gebruik van ʼn minderjarige om pornografie te vervaardig. Twee ander tieners wat aanvanklik saam met hulle in hegtenis geneem is, is reeds vrygespreek.

Die hof het bevind dat daar geen bewyse van verkragting is nie, en alle aanklagte is teen die tieners laat vaar.

Hulle is in April 2012 in hegtenis geneem nadat ʼn selfoonvideo, waar hulle seks met ʼn 17-jarige meisie het, soos ʼn veldbrand oor die internet versprei is.

William Karam, vir die seuns, het gesê die meisie het sy kliënte uitgelok. “Hulle het op ʼn Sondagmiddag sokker gespeel toe sy hulle genader en aangebied het om seks met hulle te hê vir R2 elk. Sy het basies daarvoor gevra,” het Karam gesê.

Volgens Karam het die seuns nie geweet die meisie was verstandelik gestremd nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Vrygespreek? Hulle het nie geweet sy is verstandelike gestrem nie?

Nee jong, nou het ek alles gehoor.

So, hulle kan nou rustig na hulle volgende slagoffer aanbeweeg wat dalk ‘n sussie of niggie mag wees…

meise ·

Ai wat nog?? Hulle moes geweet het sy is verstandelik gestrem toe sy `n betaling van R2 gevra het!! Asseblief, wat `n sop verskoning en wragtig kom hulle weg daarmee!!

Tina Essex ·

Hoe word hulle vrygespreek?! En van wanneer af is dit reg dat hulle sê sy het daarvoor gevra. Regtig! Daar is mos ‘n fliek jare terug gemaak wat handel oor dieselfde ding. Daardie seuns is almal tronk toe. Is dit net die gereg in SA wat dit toelaat? Dit is siek! As dit my kind was het ek alles in my vermoë nou gedoen om seker te maak die klein b$&#%s gaan lewens lank tronk toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.