Selfs meer in derde kwartaal werkloos

Die amptelike werkloosheidsyfer sluit net mense in wat nog werk soek. Die moedeloses word ingereken by die “vergrote” werkloosheidsyfer, wat veel hoër is. Foto: Facebook

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal met 0,3 persentasiepunte tot 27,5% toegeneem, volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopame (QLFS) wat vandag bekendgemaak is.

In dié tyd het 153 000 mense tot die arbeidsmag toegetree, maar die getal werkers het met net 92 000 toegeneem, vergeleke met ʼn toename van 127 000 in die getal werkloses. Dit beteken 16,4 miljoen Suid-Afrikaners het teen einde September werk gehad, terwyl 6,2 miljoen werkloos was.

Die formele sektor het duisende werkgeleenthede verloor, maar in die informele sektor het 188 000 meer mense nou werk as in die tweede kwartaal. Sewe van die tien hoofbedrywe het werkgeleenthede verloor, maar werk is geskep in die sakesektor (102 000), handel (86 000) en boubedryf (27 000).

Die grootste werkverliese was in private huishoudings (30 000), mynbou (29 000) en vervaardiging (25 000).

Al het die nasionale werkloosheidsyfer toegeneem, het vyf van die nege provinsies nou meer mense in diens as in die tweede kwartaal. In die Noord-Kaap het die werkloosheidsyfer op ʼn kwartaalgrondslag met 1,9 persentasiepunte gedaal, in Mpumalanga met 0,7 persentasiepunte en in Limpopo met 0,4 persentasiepunte.

Intussen sê Debbie Schäfer, woordvoerder van die DA in die Wes-Kaap oor ekonomiese geleenthede, op ʼn jaar-tot-jaar-grondslag het die Wes-Kaap in die derde kwartaal 95 000 meer werkgeleenthede gehad as ʼn jaar vantevore.

Persentasiegewys het dié provinsie die derde grootste toename in werkgeleenthede beleef; in die Noord-Kaap was dit jaar-tot-jaar 2,9 persentasiepunte en in KwaZulu-Natal 1,6 persentasiepunte.

Die Wes-Kaap bly nietemin die provinsie met verreweg die laagste werkloosheidsyfer van 20,4%, ondanks die nadelige uitwerking van die langdurige droogte op byvoorbeeld die landbousektor.

Die provinsie se “vergrote” werkloosheid is ook loshande die laagste in die land: 23,7% vergeleke met die naaslaagste provinsie, Gauteng, se 34,3%. Dié syfer sluit werksoekers wat moed opgegee het en ekonomies onaktiewe mense in. Landwyd staan dit op 37,3%, oftewel amper twee uit vyf werkers.

“Dit beteken dat die werkers wat in die Wes-Kaap woon, die minste ontmoedig is,” sê Schäfer, “en dat die provinsie die laagste [persentasie] ekonomies onaktiewe inwoners het.”

Sy meen dat werkgeleenthede in die Wes-Kaap die afgelope jaar toegeneem het, wat “getuig van die provinsiale regering se toewyding daartoe om werk en die ekonomie te beskerm in belang daarvan om geleenthede vir die mense van die Wes-Kaap te verseker”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jaco ·

meer as 27% werkloos in SA. Dit verteenwoordig n getal VER groter as die totale blanke bevolking. Nou wonder ek maar net: waar is die wonderlike regstellende aksie dan? Mens het mos maar net die “regte” velkleur nodig om werk te kry.
Eintlik moet net wit mense werkloos wees en moet werkloosheid dus iets soos 8% wees.
So as so baie swart mense dan ook werkloos is, hoe werk dit dan nou? hoekom sorg ons swart regering dan nie vir sy mede-swart rasgenote nie? Iets maak nie sin nie.

Karolis ·

Moet dit nie te hard se nie. As jy weer sien ry die busse aaneen van gauteng af Kaap toe.

DS ·

Wens ons kon die statistieke sien voor 1994 van werkloosheid in vergelyking met vandag. En ek hoop julle weet wie julle moet bedank verseker nie Boland bank. Eerder die BFL, EFF en ANC. Almal lee blikke met baie beloftes en die is maar net die begin.

Estelle ·

En steeds stroom die massas in om hul kruisie getrou vir die regering van die dag te trek. Wat moet my gevolgtrekking dan t.o.v. logiese denke en IK wees?

Leeutjie ·

En gaan klap maar aan die Oppenheimers. As hulle hul goed vat en trek gaan die toue baie langer wees. Moor ons boere en die toue rek nog langer!!

Willie ·

Sa sit met geen werkloosheid nie. Ons mense is bloot te lui om te werk , of strike net na hulle werk gekry het.

Elna ·

Of ons minderheid bevolking word se mier onregverdig afgedank weens omdat daar teen ons gediskrimineer word . Ek weet van n persoon wat afgedank is weens dat hy gestrem geraak het in n werksbesering en hy het oor die 30jaar diens by die maatskappy. Almal is mos net vir hulle self insluitend Solideriteit. As jy nie hulle maandelikse lidmaatskapfooi betaal nie dan help hulle jou nie slegs hulle lede word gehelp. Die wiel draai vir almal …verseker!!

Jan ·

Miskien moet CR by Trump gaan kuier om te kyk hoe werkloisheid aangepak word.

Elize ·

En die plakkate wapper! Ongelukkig vir hierdie wesens sal my hek gesluit bly en doen ek maar alles self want kan dit net so goed opmors soos hulle wat betaal moet word daarvoor. Waar is al die wittes sonder werk dat niemand bereid is om vrou-alleen te help as daar hulp nodig is nie. Ek sny gras dan kyk die manne my aan of ek van mars af kom en word geen hulp aangebied nie. Nog nooit gevra dat iets verniet vir my gedoen moet word nie. Lyk my hulle het werklik nie die geldjie nodig nie of is te bang vir werk. Wil seker kantoorwerk hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.