Selfs méér nou werkloos

Selfs meer mense was teen die einde van verlede jaar werkloos. (Argieffoto: Wikus de Wet/AFP)

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het tussen Oktober en Desember tot ʼn rekordvlak van 32,5% gestyg, het Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) Dinsdag in sy kwartaallikse arbeidsmagopname aangekondig.

Die maande lange afsonderingstydperk wat weens die uitbreking van Covid-19 ingestel is, het die ekonomie ʼn gevoelige hou toegedien en tot duisende werksverliese gelei.

Die getal werklose mense het met 701 000 toegeneem, wat die totale getal werkloses op 7,2 miljoen in die vierde kwartaal van 2020 te staan bring. Dit het gelei tot ʼn beduidende styging van 1,7 persentasiepunte in die amptelike werkloosheidskoers.

Die getal mense wat in diens geneem is, het met 333 000 tot 15 miljoen tussen Oktober en Desember toegeneem. Die getal werklose mense het egter ook toegeneem – in hierdie geval met 701 000 tot 7,2 miljoen in vergelyking met die derde kwartaal.

Volgens StatsSA se opname het sowat 1 miljoen meer mense in hierdie tyd by die land se arbeidsmag aangesluit.

Al hoe meer mense het egter tou opgegooi met werksoekery. Die getal ontmoedigde werksoekers het tussen die derde en die vierde kwartaal met 8,7% toegeneem, ʼn styging van 235 000 mense.

Die getal mense wat nie ekonomies aktief is nie – vir redes anders as dat hulle ontmoedig is om werk te soek – is 1,1 miljoen minder, ʼn daling van 7,4%.

StatsSA sê die werkloosheidskoers ingevolge die uitgebreide definisie daarvan, het teen die einde van die jaar op 42,6% gestaan.

Nagenoeg 3,1 miljoen jong mense tussen 15 en 24 jaar oud het nie werk nie, en ontvang geen verdere opleiding of onderrig nie. StatsSA sê ook altesame 63,2% van jong mense tussen 15 en 24 jaar oud is nou werkloos en 41,2% van diegene tussen 25 en 34 jaar oud sit sonder werk.

StatsSA sê die werkloosheidskoers bly die hoogste onder swart Suid-Afrikaners en is hoër as die nasionale gemiddeld onder ander bevolkingsgroepe. Swart vroue is steeds die kwesbaarste en 38,5% van vroue in hierdie bevolkingsgroep het nie werk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

sopbeen ·

En dit gaan erger word met die huidige minimum loon verhoging wat absurd is

VaalDonkie ·

Weet jy ne, as jy nie R3500/maand vir ‘n arbeider kan bekostig nie, dan moet jy maar eerder die werk self doen. rerig. Ek betaal ‘n ou wat ek langs die pad optel om gate te grawe R250/dag. Wat meer as R5000 sou wees as hy elke dag vir my sou werk. En ek betaal dit met graagte want anders sou ek nooit my eie werk klaarkry nie.

Zelda ·

Ek merk jy meld dat hy R5000 sou verdien AS hy elke dag vir jou sou werk: die punt is dat hy inderwaarheid nie elke dag vir jou werk nie. Dit is ‘n bewese feit dat minimum lone lei tot werkloosheid omdat baie (veral klein) sakeondernemings dit nie kan bekostig nie.

Persheks Adri ·

Hulle moet hulle president gaan bedank viva ANC! Daar gaan nóg meer sonder werk sit so hulle moet gaan bakhande staan by slim ANC

Debby ·

Se ek ook, as hulle by my kom bedel se ek reguit hulle moet die anc gaan vra vir geld

gpsa ·

Seker nog steeds Jan se skuld ook nog. Ironies omdat oorgrote meerderhgeid van werkgewers nog kom uit die vorige bedeling. Wat ‘n skande ANC, soek altyd iemand om te blameer om julle onkundigheid weg te steek.

gehasie ·

Met die misbruik van C-19 deur allerhande belaglike maatreëls en BEE sal die situasie nie vinnig draai nie.

gpsa ·

Te veel mense met ‘n aanhoudende bovolkings groei agv sassa en onbeheerde grense vol gate.

Kompas ·

Stem heelhartig saam. Grense word dan verder ook net lukraak oopgestel vir inflluks van buurlande af. Hopeloos te veel mense en te min hulpbronne.

Blikkies ·

Ek kyk hierdie beraamde syfers maar met ‘n lang oog. Dit klink nie vir my reg nie. Daar is baie meer mense werkloos en dakloos as wat hulle beweer? Daar is beslis ander wat nie bygetel of beraam is nie. Praat nie eers van die onwettige immigrante nie en daar is klaar seker n paar miljoen? Raak net erger.

Johan ·

Statistiek? Dit is hoe hulle dit definieer wat die syfers “beter” laat lyk.

Elize ·

Onthou net hierdie syfers verteenwoordig net een ras en dit is beslis nie ons nie

Saartjievandiebosveld ·

Meet mense gaan van honger dood gaan as van Covid….

Sakkie ·

Nog n bewys dat die ANC onsuksesvol is in ALS wat hulle aanpak.

Realis Thailand ·

So boer SA agteruit met die anc regering
Hier waar ek woon is die werkloosheids syfer nou na die epidemie op een punt agt ses persent met werk wat orals adverteer word en hulle nou ook weer buitelanders van die nabygelee lande werf om te kom werk.
Hier werk jy of jy eet nie geen toelaes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.