Sementtrok ploeg deur tientalle motors

Die vragmotor het deur ‘n muur geploeg en tot stilstand gekom. (Netcare 911)

Groot skade is aangerig toe ’n vragmotorbestuurder vroeër vandeesweek glo beheer oor sy voertuig in Roodepoort, Johannesburg, verloor het. Die vragmotor het in die motors voor hom ingeploeg wat vermoedelik ’n kettingbotsing veroorsaak het. Tot 18 motors is in die botsing beskadig.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddienste is Dinsdag omstreeks 16:57 na die toneel op die M67 ontbied.

Volgens Herbst het die bestuurder van ’n vragmotor op Peterweg beheer oor dié voertuig verloor en in verskeie motors ingeploeg. Die vragmotor is ook deur ’n muur voordat dit tot stilstand gekom het. Dit het in die proses sy vrag verloor en groot dele van die pad en ander motors met sement bedek.

Agt mense het matige beserings in die voorval opgedoen. Dié pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle hospitaal toe geneem is vir verdere mediese behandeling, sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gawie ·

Ten minste lê daar genoeg sement rond om daardie muur mee te herstel . . . . .

Leon ·

Onbevoegde bestuurder. Onbehoorlik opgelei. Sal nog baie emnse dood op die pad totdat daar behoorlike opleiding deur behoorlike opleiers gedoen word.

Genis ·

Dis omdat vragmotors in beboude gebiede jaag… hulle word nie gepolisier nie… Dis die dorp spietkops, Metro, se plig om te doen… Maar nee, le eerder en KFC eet, of besig met government salutes “chotjo”

Amatambo ·

Daai bestuurder het seker sy lisensie (indien hy wél een het) in ‘n “lucky-packet” raakgeloop…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.