Semenya: ‘Ek is ware atleet’

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Na nóg ʼn sege het ʼn uitdagende Caster Semenya Dinsdag die beheerliggaam van atletiek gevra om sy najaging van vroue-atlete met hoë testosteroonvlakke te staak en eerder daarop te fokus om diegene wat opkikkers gebruik, voor stok te kry.

Semenya het dit ná haar oorwinning in die 2 000 meter in Parys in Frankryk weereens benadruk dat sy nié medikasie gaan gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag sodat sy aan die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se omstrede regulasies daaroor voldoen nie.

“Ek is nie onnosel nie. Hoekom sou ek medikasie gebruik? Ek is ʼn ware atleet. Ek kul nie. Hulle moet fokus op opkikkergebruik, nie op ons nie. Ek gaan nooit medikasie gebruik nie,” het dié tweemalige Olimpiese kampioen in die 800 m gesê.

Francine Niyonsaba, nóg ʼn atleet wat deur die bepalings geraak word, het ook met ʼn uitdagende “nee” geantwoord toe sy na die wedloop gevra is of sy medikasie gaan gebruik.

“Dit maak my hartseer, want dit is ʼn diskriminerende reël, ʼn reël wat my en ander wêreldklasatlete in sekere items geteiken het,” het Niyonsaba, wat by die Olimpiese Spele in 2016 ʼn silwer medalje in die 800 meter verower het, gesê.

Atlete wat deur die bepalings geraak word, het testosteroonvlakke wat in die manlike kategorie val. Die IAAF sê dié vlakke moet verlaag word as die geraakte atlete in die vroueafdeling wil deelneem. Die IAAF voer aan dat die invloed wat testosteroon op die bou van spiere het en die vermoë wat dit aan atlete gee om meer suurstof in hulle bloed te hou, aan Semenya en ander ʼn onregverdige voordeel bo ander vroue gee.

Die bepaling, wat op 8 Mei vanjaar in werking getree het, geld vir wedlope tussen 400 meter en ʼn myl.

Semenya het teen die federasie se sogenaamde DSD-bepalings (wat verband hou met hiperandrogene atlete en diegene met verskille in seksuele ontwikkeling) geappelleer. Haar appèl is toegestaan en die tersydestelling geld tot 26 Junie vanjaar, wanneer die IAAF in die hof op die kwessie moet reageer.

Semenya het gister gesê sy gaan nie vir enige man verander nie.

“As hulle ʼn probleem met my het, ek het nie ʼn probleem met hulle nie. Dis hulle saak, nie myne nie,” het sy gesê.

Semenya het by die byeenkoms die 2 000 meter in ʼn onindrukwekkende 5 minute, 38,19 sekondes gewen. Dis ʼn afstand wat nie sommer gehardloop word nie en is ook nie ʼn Olimpiese item nie.

As Semenya se appèl teen die bepalings finaal misluk en sy nie meer toegelaat word om aan die 800 meter deel te neem nie, het sy daarop gesinspeel dat dit nie die einde van die wêreld vir haar sal wees nie.

Sy het gesê sy kan naellope doen of selfs langer afstande, indien nodig.

“Ek kan aan enige item deelneem wat ek wil. Ek is ʼn talentvolle atleet. Ek is nie bekommerd oor enigiets anders nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

NET EK ·

You go girl …… give them gas ….. your indeed a true athleet. Well done!!!

Edd ·

As jy nie joune mag afbring nie hoekom mag hulle nie dan hulle sin op bring nie. Die hele storie is somer simpel. Die mens het tot onlangs geslag onderskei deur te verwys na reproduktiewe organe, so ek voel dat as jy van die vroulike voortplanting organe beskik, sonder die teenwoordigheid van manlike voortplantings organe, moet jy kan deelneem as ‘n vrou. ‘N Beter plan sou wees om geslag heentemal uit te los by individuele sporte. Laat die beste ATLEET wen en “too hell with the rest.” As jy die standaard moet verlaag om iemand anders in te sluit beteken dit inelkgeval niks meer nie.

Kallie ·

Die goud, silver en brons in die vroue 800 meter tydens die Rio Olimpiese Spele het gegaan aan atlete met dieselfde toestand. Aldrie se gesigte en bou lyk dieselfde. Daar was ‘n massiewe vier sekondes verskil tussen die brons en die atleet wat agste en laaste gekom het. Dit was ongehoord in die item. Genoeg om mens naar te maak.

Ruby ·

Ek stem nie saam met die IAAF dat die reël net op sekere wedlope toegepas moet word nie, dit lyk of hulle spesifiek vir Caster teiken.

Om regverdig te wees moet die reël dan op alle wedlope sowel as baanitems en op alle sport toegepas word.

‘n Feit bly egter ‘n feit en dit is dat Caster wel ‘n voordeel bo ander vroue atlete het.

Sê maar net ·

As jy beter is as ander atlete beteken dit jy het een of ander voordeel….langer of korter bene, ligter of swaarder in gewig of minder of meer van ‘n natuurlike hormoon. Los vir Caster dat sy deelneem. Anders moet daar ‘n atleet-spesifikasie opgestel word……en almal sal gelyk oor die wenstreepgaan!????

Verpleegkundige ·

Ek begin al hoe meer simpatie met Caster en haar situasie he. Ek het in my lewe al n paar gevalle gesien waar babas tweeslagtig gebore is en ook die ouers se absolute skok en verwarring. Ja, Casper kom baie manlik voor, maar sy het vroulike hormone ook. Soos ouers jare terug keuses moes maak of hul babas opereer moes word en die minder ontwikkelde geslag te laat verwyder of nie. Bloedtoetse word geneem en soms het die babas meer vroulike hormone gehad, maar geen baarmoeder of eierstokke nie en dan is hul as seuntjie geklassifiseer. Later was hul werklik n dogtertjie. So hierdie is n tameletjie so oud soos die berge. Ek het my eerste seks verandering operasie in Kempton Park hospitaal jare terug gesien en die hom wat n haar geword het verpleeg. Nie n mooi gesig en emosioneel nie maklik nie. So Casper my innige simpatie, want jy word met klippe gegooi oor dinge buite jou beheer. Dit laat my wonder oor gay mense ook. Is hul ook so gebore en mag ons n oordeel vel. Die lewe het regtig meer vrae as antwoorde en daarom oordeel ek nie. Het God haar dan nie so gemaak nie!!!!!!!!

Stephan ·

Ek is seker baie min van die kommentare hier, is afkomstig van nie-atlete.
Ek wil tog ‘n beroep doen op hierdie mense om beter ingelig te raak alvorens hulle weer hierdie tipe sentimentele twak kwyt raak.
Gaan praat gerus eers met internasionale vroue atlete wat teen hierdie DSD-atlete (met versteurde hormone) moet deelneem.
Dit is duidelik dat DSD-atlete ‘n onregverdige “voorsprong” het, in vergelyking met normale vroue-atlete, dat hierdie atlete normale vroue atlete van hul geld en prestige beroof. Dit neem atlete jare om hul top prestasies te bereik (wat derduisende kos)…en dan word hulle daardie reg ontneem deur die Semenya’s, Niyonsaba’s en Wambui’s.
Asseblief mense, word wakker!

HV ·

Nou hoekom sal hul in boks dan gewig klasse daarstel . Bid jou aan Mike Tyson tjank omdat hy nie in die lig gewig afdeling mag boks nie. Ek sou nou weer sê dat die vroulike atlete se mense regte word hier geskend. Hoekom nie maar nog n kategorie daar stel nie, dan kan ons mos appels met appels vergelyk.

Gert van Wierdapark ·

Baie bly dat Zola Budd se 28 jaar oue rekord toe nie verbeter kon word nie! ” Say no more”!

LHS ·

Al wat saakmaak is die rede vir die hoë manlike hormone en dit is die chromosoom samestelling. Gelukkig sal geen internasionale hof feite en realiteite verontagsaam nie.

willem Botha ·

Dit is nie regverdig teenoor die ander deelnemers nie moet hulle dan opkikkers gebruik om teen haar deel te neem en sodoende die speelvak gelyk te maak

Daan ·

Hier is n idee, laat die atlete wat dan hoer vlakke het dan teen mekaar kompeteer. Dan kan almal n regverdige kans kry. En die wat dan roids wil gebruik mag so doen maar dan kompeteer jy teen ander roid gebruikers. Dan kan niemand kla iemand ander het n groter voordeel nie

Gert van Wierdapark ·

Genoeg is genoeg!!! Kaster-olie vir almal, dan hol ons almal saam! He-he-he!

SHL ·

Indien die weergawe in die laaste paragraaf van die berig korrek is kan dit gesien word as selfsiening as n superwese wat in enige vroulike items sal kan deelneem en presteer.

LHS ·

Jy mag dalk n ware atleet wees maar jy neem beslis in die verkeerde groep deel.

Bosluis ·

Die hele storie met Caster so nie naastenby so erg gewees het as sy nie so baie soos n man gelyk, gehardloop, geklink en hormone soos n man gehad het nie. Boonop het sy ook n meisie. Ek haal wel my hoed vir haar af wat haar hele lewe lank met kritiek, agteraf se gepraat en lag en eie identiteitskrissis moes deal. Sy het letterlik die beste van haar (sleg) saak gemaak. Sy kon n wash-out uitgedraai het wat niks in die lewe bereik het nie of selfs erens opgesluit gewees het oor mislulkte selfmoord pogings. Maar die lewe het vir suurlemoene uit gedeel en sy maak lemon merangue , lemonade en lemon twist daarvan. In daai opsig- respek vir haar.

Hennie ·

As sy ‘n bokser was sou sy ingeweeg het saam met haar gelyke, jammer mense in die altletiekwereld wil dit nie insien nie. Net omdat sy ‘n Suid Afrikaner is word haar voordeel goedgepraat.

Gerrit ·

Usain Bolt het n ideale liggaamsbou en hoër testotesteroon vlakke as die meerderheid manlike atlete gehad……en die uiteinde…….hy was n ware held en superatleet. Wonder wat sou gebeur het as hy moes vlakke verlaag het.

Judge Dredd ·

Inteendeel – vir honderd meter word atlete van om en by 1.8 meter as ideale lengte beskou – Bolt is 1.95m.
En waar hoor jy sy testosteroon vlakke is abnormaal hoer as ander mans atlete?

Sulet ·

Wat bedoel julle met “onindrukwekkende tyd”? Sover ek weet is dit baie na aan die vorige rekord net 12 sekondes stadiger as Zola Bud 28 jaar gelede…

Human ·

Ware atleet, maar is sy `n ware vrou ? Ingewikkelde vraag wat se antwoord sal verskil van mens tot mens, maar is dit regverdig teenoor normale vroue atlete, dat van hul teenstanders vroulike atlete is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.