Semenya: ‘Ek is ware atleet’

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Na nóg ʼn sege het ʼn uitdagende Caster Semenya Dinsdag die beheerliggaam van atletiek gevra om sy najaging van vroue-atlete met hoë testosteroonvlakke te staak en eerder daarop te fokus om diegene wat opkikkers gebruik, voor stok te kry.

Semenya het dit ná haar oorwinning in die 2 000 meter in Parys in Frankryk weereens benadruk dat sy nié medikasie gaan gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag sodat sy aan die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se omstrede regulasies daaroor voldoen nie.

“Ek is nie onnosel nie. Hoekom sou ek medikasie gebruik? Ek is ʼn ware atleet. Ek kul nie. Hulle moet fokus op opkikkergebruik, nie op ons nie. Ek gaan nooit medikasie gebruik nie,” het dié tweemalige Olimpiese kampioen in die 800 m gesê.

Francine Niyonsaba, nóg ʼn atleet wat deur die bepalings geraak word, het ook met ʼn uitdagende “nee” geantwoord toe sy na die wedloop gevra is of sy medikasie gaan gebruik.

“Dit maak my hartseer, want dit is ʼn diskriminerende reël, ʼn reël wat my en ander wêreldklasatlete in sekere items geteiken het,” het Niyonsaba, wat by die Olimpiese Spele in 2016 ʼn silwer medalje in die 800 meter verower het, gesê.

Atlete wat deur die bepalings geraak word, het testosteroonvlakke wat in die manlike kategorie val. Die IAAF sê dié vlakke moet verlaag word as die geraakte atlete in die vroueafdeling wil deelneem. Die IAAF voer aan dat die invloed wat testosteroon op die bou van spiere het en die vermoë wat dit aan atlete gee om meer suurstof in hulle bloed te hou, aan Semenya en ander ʼn onregverdige voordeel bo ander vroue gee.

Die bepaling, wat op 8 Mei vanjaar in werking getree het, geld vir wedlope tussen 400 meter en ʼn myl.

Semenya het teen die federasie se sogenaamde DSD-bepalings (wat verband hou met hiperandrogene atlete en diegene met verskille in seksuele ontwikkeling) geappelleer. Haar appèl is toegestaan en die tersydestelling geld tot 26 Junie vanjaar, wanneer die IAAF in die hof op die kwessie moet reageer.

Semenya het gister gesê sy gaan nie vir enige man verander nie.

“As hulle ʼn probleem met my het, ek het nie ʼn probleem met hulle nie. Dis hulle saak, nie myne nie,” het sy gesê.

Semenya het by die byeenkoms die 2 000 meter in ʼn onindrukwekkende 5 minute, 38,19 sekondes gewen. Dis ʼn afstand wat nie sommer gehardloop word nie en is ook nie ʼn Olimpiese item nie.

As Semenya se appèl teen die bepalings finaal misluk en sy nie meer toegelaat word om aan die 800 meter deel te neem nie, het sy daarop gesinspeel dat dit nie die einde van die wêreld vir haar sal wees nie.

Sy het gesê sy kan naellope doen of selfs langer afstande, indien nodig.

“Ek kan aan enige item deelneem wat ek wil. Ek is ʼn talentvolle atleet. Ek is nie bekommerd oor enigiets anders nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Syt die regte houding! Welldone

NET EK

You go girl …… give them gas ….. your indeed a true athleet. Well done!!!

Sharon

I am so proud of you, Caster. Perfectly stated!

Edd

As jy nie joune mag afbring nie hoekom mag hulle nie dan hulle sin op bring nie. Die hele storie is somer simpel. Die mens het tot onlangs geslag onderskei deur te verwys na reproduktiewe organe, so ek voel dat as jy van die vroulike voortplanting organe beskik, sonder die teenwoordigheid van manlike voortplantings organe, moet jy kan deelneem as ‘n vrou. ‘N Beter plan sou wees om geslag heentemal uit te los by individuele sporte. Laat die beste ATLEET wen en “too hell with the rest.” As jy die standaard moet verlaag om iemand anders in te sluit beteken… Lees meer »

Ruby

Ek stem nie saam met die IAAF dat die reël net op sekere wedlope toegepas moet word nie, dit lyk of hulle spesifiek vir Caster teiken.

Om regverdig te wees moet die reël dan op alle wedlope sowel as baanitems en op alle sport toegepas word.

‘n Feit bly egter ‘n feit en dit is dat Caster wel ‘n voordeel bo ander vroue atlete het.